Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE OORWINNING VAN DIE MATERIE - DIE WEKKING VAN DIE GEES
B.D. 5072 - 24 Februarie 1951
Wie homself in die materie bevind en haar te veel mag verleen oor sy gedagtes, kan beswaarlik die Gees in homself gewaarword wat lynreg teenoor die materie staan. Wie dus die Gees in homself wil laat ontwaak; moes in die eerste plek die materie oorwin het, dit wil sê, hy mag nie meer haar slaaf nie - maar hy moet haar Heer wees. Sy mag hom nie meer beheers nie. Hy moet self gemaklik van haar kan skei en gevolglik homself daarvan losmaak, deurdat hy dit wat hy self besit aan materiële goedere, met sy medemens deel wat nood ly en wat hy deur die gee van aardse materiële goedere kan help.
Die proses om in liefde te werk teenoor die naaste is nodig om die Gees in uself die lewe te gee, omdat die mens homself daardeur so vorm dat My Gees in hom werksaam kan word, want die geesvonk in hom staan in onlosmaaklike verbinding met My - sy geestesgees van ewigheid. Begryplikerwys moet die goddelike nou in die mens, wat die wil het om homself te kan uiter, homself wend tot die goddelike, omdat `n verbinding van die goddelike met die onvolmaakte nie moontlik is nie, die liefde het egter `n onvolkome wese tot `n goddelike wese omvorm.
Sonder liefde kan My Gees in die mens Homself nie uiter nie. Die liefde van die mens word daadwerklik (dade) teenoor die medemens en so toon die mens ook sy liefde vir My, en gevolglik kan die uitwerking van My liefde ook hom ten deel val. My krag kan na hom toe oorstroom en in die werke van die Gees tot uitdrukking kom. Onbaatsugtige naasteliefde sal altyd net deur die mens beoefen word wat Heer oor die materie geword het, en dan kan die Gees ook in hom werksaam word. Daardeur stel Ek Myself in innige verbinding met die mens, omdat sy Gees `n deel van My is. Besef u mense, wat u nou wen as u uself van die materie vrymaak? Sien u nou hoe onbelangrik aardse goedere is wanneer u, deur dit prys te gee, My wen? Weinig gee u op en oneindig baie ontvang u terug: Die kosbaarste word u eiendom, My liefde, Wat haar uitstort in u hart en u 'n onmeetlike geestelike rykdom skenk. Die materie is wel aan u gegee om u wil te beproef, maar u kan haar aanwend om seënryk besig te wees, u kan daarmee baie nood lenig en sodoende in liefde werksaam wees op aarde. Dan besorg die materie u geestelike goedere, omdat u goeie werke daarmee verrig, dan is die middel om geestelike skatte te vergader in u hande, maar altyd dan as u uself van haar losgemaak het, omdat die materie en geestelike goedere nooit tesame verwerf kan word solank die mens sy hart nog deur die materie gevange laat neem het nie.
Dit moet oorwin word en dit is u opdrag op aarde, as u die geesvonk in u wil laat ontwaak en daarmee ook die verbinding tot stand bring met My, as u My die reg wil gee om te woon in u hart. Dan het u egter alles gewen, dan werk u slegs vir die geestelike ryk, dan het u die aardse lewensproef deurstaan. Want as Ek eenmaal My intrek in u geneem het, verlaat Ek u nooit meer nie. Dan is u met My Gees vervul en het u `n reg op My Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie. Dan keer u terug na die Vaderhuis, na My, van Wie u eens uitgegaan het en u sal nie kan rus alvorens u nie een met Hom geword het vir ewig nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205