Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE VADER SPREEK MET SY KIND
B.D.6615 - 7 Augustus 1956
Soos Ek tot My dissipels gespreek het, toe Ek op aarde geleef het, so spreek Ek ook vandag nog tot almal wat My wil hoor. Waar daar maar `n mens is wat dit glo en homself vir My oopstel, daar laat Ek ook My stem weerklink. Alleen vind Ek die geloof maar selde en daarom kan Ek ook maar selde `n mens regstreeks aanspreek, selfs, as alle orige voorwaardes vervul word, as die mens deur liefdeswerke homself so vorm, dat Ek by hom aanwesig kan wees - wanneer hy sy hart gereinig het en as woonplek vir My berei het.
Maar die geloof om My direk te kan verneem is desondanks nie voorhande nie, en daarom versuim die mens die meeste; om van binne te luister na My stem, na die uiting van My liefde, na die teken van My teenwoordigheid, na My Woord.
Die geloof daaraan het verlore gegaan, omdat dit vir hulle ongeloofwaardig lyk om My regstreeks te verneem, en is `n besondere kenteken van die geestestoestand van die mense. Dit is `n bewys dat die werksaamheid van My Gees nie meer vir hulle duidelik is nie, dat hulle ook die woorde van die Skrif (die Bybel) nie meer begryp nie.
Dit is verder `n bewys dat die strewe na die gawes van die Gees agterweë bly. Dat hulle dus oor die uitwerking van `n lewe in liefde, oor `n korrekte lewenswandel vir My, niks meer weet nie, anders sou die mense tog moeite doen om Geestesgawes te verkry en dit sou dan ook binnedring in die kennis oor die krag van die Gees. En dit is baie bedenklik, dat die mense nie meer die Vader in My sien nie – maar slegs hulle God en Skepper, as hulle nog aan My glo. Die verhouding van kind tot Vader is vir hulle vreemd - en sodoende hou hulle die natuurlikste as onmoontlik, dat die Vader tot Sy kind spreek.
Slegs baie selde is die geloof aanwesig en dit moes tog elke mens vervul, dan eers sou elke mens self ook moeite doen om alle voorwaardes na te kom wat gestel word om deur Myself aangespreek te kan word. Want Ek kan My nie te kenne gee as die bewustelike luister nie voorafgegaan het, om sodoende geen geloofsdwang uit te oefen nie. Maar Ek sal ook van tyd tot tyd My stem laat weerklink, maar slegs in hulle wie se hart vinniger vir My sal klop, wat My in liefde toegedaan is, omdat hy dan meer dikwels binne in homself luister en My die moontlikheid gee om My te uiter.
Wie egter die geloof nie het nie, het ook nog nie die korrekte verhouding met My nie, alhoewel hy glo om geroepe te wees om vir My en My Ryk werksaam te wees. Want solank hy My regstreekse aanspreking nog in twyfel trek, is sy geloof ook nog nie so lewend dat hy self, soos `n kind, hom tot sy Vader wend, en verlang om Sy stem te hoor nie, Maar dit is `n tekort, wat die geestelike nood ook bewys waarin die mensdom homself bevind in die laaste tyd voor die einde; dat die mense nog so ver van My af staan, maar wat egter by hulle almal aanwesig sou wil wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205