Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE PROSES VAN DIE ONTVANGS VAN DIE WOORD
B.D. 8482 - 29 April 1963
U mag nie moeg word om vir die waarheid op te kom nie. Dit sê Ek steeds weer aan hulle wat die suiwer waarheid van My in ontvangs mag neem, wat Ekself daartoe uitkies om My as opnamehouer te dien waarin Ek die stroom van My Gees kan laat invloei. Hulle word ook gekenmerk deur `n sober, eenvoudige lewenswyse, van `n natuurlike aard en `n ootmoedige instelling teenoor die groot barmhartigheidsgeskenk wat hulle ontvang. Want die suiwer waarheid verdra geen ongewone begeleidende verskynsels nie. So suiwer en helder as wat waarheid self is, wat van My uitgaan, so rein en klaar sal die ontvanger van die waarheid ook uit My wees, hoewel hy geen heilige hoef te wees om My as opnamevat te dien nie. Want slegs selde bereik `n mens op aarde die volmaaktheid dat hy heilig genoem sou kan word. Maar hy sal 'n bepaalde basis moet besit wat My ongewone werksaamheid in en by hom toelaat.
En so sal die ontvangs van die Woord altyd op die natuurlikste wyse plaasvind, sonder ongewone tekens of gebeurtenisse en die mens self sal met beide voete stewig op die grond staan, hy sal van geen ekstase of Geestesvervoering blyke gee nie. Hy sal eenvoudig net My Woord hoor en dit neerskryf omdat dit vir die nageslag behoue moet bly.
Alles wat voor die oë van die medemens hulleself nugter en duidelik openbaar, is ook geskik daarvoor om die mense aan te spreek, wat nog in die midde van die wêreld staan, en juis hulle moet sover gebring word dat hulle hulle blik geestelik rig. Hulle wys graag alles wat bonatuurlik is, af, maar moet egter teenoor dit wat hulle op die wyse aangebied word, tog stelling inneem, omdat hulle `n ongewone krag moet erken vanweë die resultate wat teen `n streng ondersoek bestand is. En wie bereid is om ernstig te ondersoek, die sal waarlik `n groot geestelike seën bemerk, want hy kom nou self in besit van die kosbaarste wat hom op die wêreld aangebied kan word; hy kom in die besit van die waarheid, wat slegs van My as die Ewige Waarheid kan uitgaan.
Dat die natuurlike proses nou ondanks sy verklaring maar min geloof vind, sluit egter nie uit dat baie mense hulle aandag rig op sodanige dinge wat geestelik oorgebring word en ongewone begeleidingsverskynsels met hom saambring, dus laat hulle hulleself verblind deur uiterlike gebeure waarvan die skittering die armsaligheid van die inhoud moet verdoesel.
Die inhoud is egter die enigste belangrike, en om nou die suiwer waarheid, wat die kosbaarste inhoud van `n opnamehouer is, na die aarde te kan bring, soek Ek vir My die mees onopvallende houers uit daarvoor. Dog één voorwaarde moet aanwesig wees: `n Sterk wil, want hulle moet die geestelike goed verdedig teen alle aanvalle van My teenstander en My daarom so toegeneë wees dat hulle voortdurend krag van My ontvang om vir hulle opdragte opgewasse te wees. En omdat hulle tegelykertyd met die waarheid, die vermoë om te oordeel toegestuur word, sal hulle ook steeds in staat wees om dwaallere te onderskei en om die suiwer waarheid daarteenoor te stel. En slegs so kan ware geestelike goed op aarde verbreiding vind wat regstreeks van My uitgegaan het.
Dat My teenstander nou op gelyke wyse probeer om in die laaste tyd voor die einde aktief te wees, het tot gevolg dat hy ook self houers vorm, deurdat hy mense daartoe bring om na geestelike invloede te luister wat uit die bosinlike wêreld na hulle toe kom en dat hy hierdie mense probeer wen, deurdat hy homself vir eers as `n ligengel kamoefleer, terwyl hy die mense in die waan bring dat hulle uit die hoogste geestelike sfere aangespreek word. En daar sou solank ook geen gevaar wees vir die medemens wat vanuit `n goeie wil bereid is om goeie onderrig aan te neem nie. Dog hy het slegs hierdie een bedoeling, om die mense te weerhou om hulleself oor te gee aan Jesus Christus, Hy wat alleen die heil vir hulle siele kan bring.
Satan wil die mense verhinder om van hulle groot sondeskuld bevry te word en vir die bereiking van daardie doel is geen middel vir hom te sleg nie. En hy bedien homself ook van My woorde om die mense te mislei en by hulle geloof te vind. Hy deins vir niks terug nie, en sodat sy aktiwiteite sonder invloed op die mense kan bly, daarvoor is `n groot liefde tot My en tot die naaste nodig.
En weer moet My teenreaksie nou plaasvind, deurdat Ek My ligdraers daartoe aansê om duidelik met die suiwer waarheid op die voorgrond te tree en opheldering te gee waar dit maar moontlik is, sodat die mense nie in dwaling verval en sodat hulle nie in die vangnette van die teenstander raak nie, sodat hulle nie by Jesus Christus verbygaan nie, wat alleenlik die Redder en Verlosser van die mensdom is en wat aangeroep moet word om vergewing van hulle skuld, sodat hulle aardse lewe nie vergeefs geleef is nie en die mens nog sy verlossing op aarde kan vind.
Hoe belangrik die kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk is, moet steeds weer aan u voorgehou word - en dit kan dus maar net deur die suiwer waarheid geskied, wat regstreeks deur My na die aarde gebring word. En dit is waarlik die vernaamste opdrag van `n ligdraer, om die mensdom daarvan in kennis te stel en alles te doen om die waarheid te verbrei. En van My kant sal alles gedoen word om u arbeid vir My en My ryk te ondersteun, want die mensdom verkeer nog in die diepste duisternis en daar sal aan hulle `n helder lig geskenk word wat dit begeer, wat na My en die waarheid verlang.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205