Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE ONTVANGS VAN DIE WOORD IS `N VRYE WILSHANDELING
B.D.8121 - 10 Maart 1962
Ek het u, My dienare op aarde nodig, want Ek kan nie deur ongewone werksaamheid die mense tot `n geloof aan `n God en Skepper dwing wat nog nie die geloof besit nie. En sou Ek die mense hoorbaar uit die hoogte aanspreek, dan is dit met hul wilsvryheid gedaan, hulle sou dan moet glo en nog net as gevolg hiervan onder die indruk wees en noodsaaklikerwys My Wil nakom. Maar hulle moet weer aangespreek word, omdat hulle hulleself in groot geestelike nood bevind. Daarom moet Ek deur die mensemond tot hulle spreek en dit aan hulle vrye wil oorlaat of hulle My woord wil aanneem of nie.
Ek het u nodig en uself sal dit ook begryp; u sal My teenwoordigheid bespeur en weet dat dit u Vader in die hemel is wat tot u spreek, wat u altyd slegs daartoe aanspoor om u teenoor u medemens uit te spreek en om hulle te vertel van My ongewone werksaamheid in u. Ongewoon, weliswaar, slegs vir hul wat nog niks van My liefde en erbarming weet nie, wat vir alle mense geld, wat My en My Wese nog nie ken nie en daarom self geen enkele verbinding met My soek nie.
En aan hulle wil Ek My openbaar as `n Vader, wat die welsyn van Sy kinders op die hart dra. Ek wil My aan hulle openbaar as `n God van Liefde, Wysheid en Mag. En Ek het u, My dienare nodig, omdat Ek die mense deur u kan aanspreek. Want daar staan My nie veel werktuie ter beskikking nie, omdat dit `n handeling van die vrye wil is om My Woord in ontvangs te neem, wat ook `n basis vereis wat nie dikwels by die mense aangetref word nie. `n Diep geloof wat deur die liefde gewen word moet hulle daartoe bring om in hulle binneste te luister. Hulle moet My barmhartigheid bewustelik verwag, dit vashou en steeds bereid wees om deur te gee wat hulle ontvang. `n Diep geloof sal hulle beweeg om na hul innerlike te luister, en slegs dan kan Ek My openbaar, as die mens homself in die geloof met My verbind, My dan tot hom laat spreek.
Dat Ek nou die verbreiding, van dit wat tot u kom, so dringend van u versoek, vind sy rede in die groot onwetendheid van die mense wat deur die aardse lewe gaan met net wêreldsgerigte gedagtes. Wat niks, maar dan ook heeltemal niks weet en glo van die ryk wat buite die aarde lê, wat hulle eens sal betree, as hulle liggaamlike lewe beëindig is nie. Hierdie mense is in die grootste nood, want hulle kan nie vergaan nie, aangesien hulle siele verder lewe na die dood van die liggaam. En vir hierdie siele wag daar geen aangename lot nie, want hulle gaan in totale duisternis die ryk hierna binne - en hulle sal baie leed en kwellinge moet verduur voordat `n straaltjie lig hul verlig. Ek sou die mense nog graag die straaltjie lig wou gee voordat die einde kom. Ek sou hul tog nog graag sodanig wil help dat hulle self die kontak tot stand bring met hulle goddelike Skepper, dat hulle hulleself in gedagtes met Hom besig hou sodat Ek nou Self op hulle gedagtes kan inwerk.
En daarom probeer Ek om hulle aan te spreek en u moet My daartoe dien, dat Ek My in ooreenstemming met u bereidwilligheid kan uiter en sodat u medemens kennis daarvan kan ontvang. U moet u deur My laat onderrig en u kennis dan verder deurgee. Maar altyd in onveranderde vorm, want wat van My uitgaan, is die suiwer waarheid en dit moet onbedorwe verder gegee word, as dit as lig werksaam wil wees in die harte van die mense wat min lig besit. En u bewys My waarlik `n diens waarvoor Ek u sal seën, want al My skepsele het Ek lief en geeneen van hul mag weer verlore gaan vir `n eindelose lang tyd nie.
En daarom sal die krag van My liefde ook steeds weer na u toe stroom, solank u My wil dien. Ek Self sal My teenwoordigheid aan u bewys deurdat My openbaringe ook op u `n buitengewone indruk sal maak, want Ek hoef geen geloofsdwang meer by u te vrees nie, u wat u daaglikse geloof tot My laat sien wanneer u My aanspreking verlangend verwag - en vir My werksaam is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205