Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

GEESTELIKE KONSENTRASIE VIR DIE OPNEMING - STRENG SELFKRITIEK
B.D.4624 - 28 April 1949
U moet eers self vir geestelike konsentrasie sorg, voordat u My Woord sal kan ontvang. Dit is waarop gelet moet word, aangesien aardse gedagtes die toestroming van geestelike sake verhinder, hulleself dus na vore dring en opgeneem word al steur dit ook by diegene wat ernstig streef, maar slegs vir `n kort rukkie, omdat die kragte vol lig ingang vind en `n sterk invloed van die aardse wêreld op die mens verhinder, dit wil sê, sy gedagtes spoedig weer op die geestelike ryk rig.
Daar kan dus wel klein teenstrydighede, onnoukeurige inligting of 'n onduidelike, weinig begryplike sinsbou voorkom, wat egter nie van belang is nie - dus nie die groot geestelike kennis op een of ander manier verlaag of twyfelagtig laat skyn nie. Maar steeds moet daarop gelet word om eers dan `n boodskap as sodanig aan te sien, as die geestelike verbinding tot stand gebring is, dat diegene, wat dit ontvang, hulleself dus geheel vrygemaak het van aardse belewenisse.
U staan nog te veel onder die invloed van die wêreld en daarom werk u gedagtes met die materie. Die wêreld neem u nog te veel in beslag en daarom kan u uself nie altyd vrymaak van voorstellings en gebruike wat geestelik niks beteken nie. U sal dus altyd eers uit `n versperring moet deurbreek, dit wil sê, alles moet agterlaat om in die geestelike Ryk te mag vertoef. En hoe vryer en meer onbesorg u dit betree, des te meer is u in staat om die skatte op te neem wat u daar aangebied word.
Die skeiding tussen geestelike kennis en aardse voorstellinge sal vir u selfs makliker word, en daarom kan u onbeswaard instaan vir die waarheid van dit wat aan u oorgebring word - en u hoef geen aanstoot te neem aan dit wat geestelik van geen betekenis is nie. U sal daarom geen dwaling verbrei nie, maar steeds moet u weer kritiek uitoefen op uself, of en wanneer u voorberei is vir die in ontvangs neem van My woord, dit wil sê, u moet uself afvra, of die innerlike verbinding met My tot stand gebring is, sodat u My nou self verneem.
Ek ken u wil en hou rekening daarmee, en daarom behoed Ek elkeen wat My wil dien en My vol verlange na die waarheid hieroor vra. En daarom kan u sonder beswaar aanneem wat u in hierdie vorm aangebied word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205