Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

OPHELDERING OOR VERSKILLENDE ONTVANGSTE VAN DIE WOORD
B.D.7787 - 3 Januarie 1961
Van My kant af word My Woord sekerlik nie van u weerhou nie, as u die wil het dat Ek u moet aanspreek. Dog moet u uself altyd ondersoek en afvra wat u verlang om te weet. Ek gee u antwoorde op u vrae, sodra dit geestelike leringe betref en sodra die antwoord u tot seën strek. Want Ek wil wel hê dat u in die waarheid wandel, maar Ek sal My antwoord nie gee as opregte motiewe nie die grondslag van u vrae vorm nie. En dit is moontlik, as u met `n antwoord teenoor u medemens wil uitblink, of ook, dat u met `n antwoord u medemens tot een of ander handeling probeer aanhits.
Want Ek sien elke bedoeling in `n mensehart, en al hou hy dan samespraak met My - hy het homself nie sodanig voorberei dat Ek hom kan antwoord nie. Daar vind dan geen geestelike verwisseling plaas nie, maar die verstand van die mens werk vir homself `n antwoord uit wat hy dan deurgee, asof hy dit geestelik ontvang het. Elke mens wat die voorwaardes vervul, word deur My aangespreek, wie homself innig tot My wend en My vra om My woord. En tot hom sal Ek spreek soos wat sy toestand van rypheid dit toelaat. Ek sal hom die antwoord in die hart lê, Ek sal sy gedagtes rig sodat hy nie in dwaling sal verkeer nie.
Maar daar word van hierdie belofte van My ook misbruik gemaak, deurdat die mense My vra vir antwoorde in aardse aangeleenthede, deurdat hulle hulle geestelike wense nie van die aardse kan skei nie. Ek wil My sekerlik nie van My kinders weerhou nie, maar Ek stap ook nie van My voorwaardes af, wat Ek aan die werksaam wees van My Gees verbind het nie. Ek wil dat `n diep verlange na die waarheid hulle daartoe bring om sulke vrae te stel wat geestelike kennis betref. En het u, mense, die graad bereik dat My Gees in u kan werk, dan sal u ook weet dat u Vader die aardse lotgevalle lei soos wat dit vir u die beste is. U sal uself dan aan My as u leidsman toevertrou en weet dat Ek alles vir u ten beste lei.
U sal dus geen persoonlike onderrig of aanwysing verwag en u Vader ook nie daarom versoek nie. Want met aardse vrae is u steeds in gevaar om die antwoord self so te gee soos wat u dit vir uself begeer. Laat Ek vir u sorg en laat u leiding heeltemal aan My oor. Sorg slegs dat u siel rypword, dat dit tot `n opnamehouer word van My Gees. Spreek dan in die verborgene saam met u Vader en laat u deur My onderrig, dit wil sê, in geestelike kennis inwy.
Want My Ryk bly altyd net die geestelike wêreld, en uit hierdie wêreld kom geestelike onderrig tot u, wat die rypheid van u siel verhoog, as u volgens hierdie lesse op aarde leef. En wie vir My werksaam wil wees, se gedagtes sal waarlik korrek deur My gelei word en hy hoef hom geen aanwysing, soos verkeerde raad of onware, oorgebringde mededelinge van sy medemens te laat toekom nie. Verbind uself met u Vader van ewigheid en vra Hom om goeie leiding en u sal My Wil in u hart bespeur en dit opvolg. Beproef alles en behou die goeie. Geen mens moet die ondersoek van die geestelike leringe wat hom gebring word, nalaat nie, want elkeen moet weet dat die teenstander in die eindtyd aktief is waar hy kan - om die gedagtes te verwar, maar dat hy egter geen invloed het op hulle wat hulleself innig met My verbind het en My leiding afgesmeek het nie. Ook weet hy om homself goed te kamoefleer en as `n ligengel op te tree, maar tog is hy herkenbaar vir almal wat lig en waarheid soek. Want hulle laat Ek nie in duisternis ronddwaal nie, hulle skenk Ek self die lig, omdat hulle dit begeer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205