Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

WAT IS DIE WAARBORG VIR `N WAARHEIDSGETROUE ONTVANGS?
B.D.8546.- 2 Julie 1963
U vra waarom dit moontlik is dat My teenstander homself dikwels inmeng in die gedagtes van die mens, ook al is hulle bereid om My te dien. Bedink dat u, mense, onvolmaak is, dat u almal nog baie onverloste geestelike partikels in u verberg, wat op die inwerking van My teenstander reageer, as u uself nie so innig met My verbind is dat daar `n verskansing opgerig word waaroor My teenstander nie kan en sal kom nie, omdat hy weet dat Ek Self daar staan. Bedink verder, dat u uself dikwels vergis as u glo om My stem te verneem, dat u dikwels u eie gedagtes in woorde saamvat en weergee - of, ook deur kragte uit die hiernamaals wat aangespoor word om sulke woorde uit te spreek, wanneer u wil swak is en u uself deur hulle in besit laat neem, wie hulleself as "geestelike leiers" uitgee.
U bring self die verbinding met die hiernamaals tot stand, deur u wil om van daar iets te wete te kom - en u wens wel dat Ek die Gewer sou mag wees. Dog ontbreek die voorwaardes meestal, wat `n regstreekse aanspreking van My kant moontlik maak. Wie gee u die reg en die sekerheid om te veronderstel dat Ekself, u Goeie Vader, My hoorbaar sou uiter? Glo u nie dat daar groot misbruik gemaak word van die idee: "Die hoorbare aanspreking van die Vader", nie? Wel spreek ek tot alle mense wat My aanspreking begeer, maar `n persoon sal ook van die toespreking in homself gewaar word. Dit is die stem van die gewete wat hom voortdurend raad gee, wat hom vermaan en waarsku om My Wil – wat aan hom bekend is, te vervul en alles wat teen God is, agterweë te laat. Ek spreek ook wel `n mens regstreeks aan as hy `n groot opgawe te vervul het, dan kan hy My direk hoor. Maar dan verlang Ek ook van hierdie mens dat hy alle voorwaardes vervul, wat hom die hoorbare klank van My Woord waarborg. Want deur die vervulling van hierdie voorwaardes word dan ook die muur opgebou, waar My teenstander nie kan oorklim nie. Dan kan hy nie tussenbeide kom nie en dan is die suiwerste waarheid uit My verseker, wat nou ook verbrei moet word, want dit is die groot opdrag wat met die ontvangs van die waarheid verbonde is.
Ek wil steeds die suiwer waarheid na die aarde stuur, dog die mense self verhinder die stuur van die suiwer waarheid, solank hulle nie heeltemal deurdrenk is van die verlange daarna nie; solank hulle hulleself nie vrymaak van opvattinge wat hulle reeds besit nie, maar wat vir hulle die binnestroming van die suiwer waarheid uit My belet. Ek kan My nooit deur My Gees openbaar, daar waar `n hart nie heeltemal leeg is nie, sodat Ek dit dus Self kan vul. Dog sal My teenstander juis daar sy invloed uitoefen en onder die masker van `n ligengel, homself laat hoor, en dit sal vir u mense moeilik wees om die geestelike leringe te ondersoek – die wat u nou aangebied word.
U vra u af, waarom My teenstander tussenbeide kom waar Ek spreek. En Ek sê vir u: "Ek spreek nie daar waar My Teenstander `n moontlikheid het om binne te sluip en homself te uiter nie". Dit is `n foutiewe mening om te veronderstel dat hy homself kan inmeng in My werksaamhede. Waar Ek werk is die muur opgerig, want waar Ek werk is die voorwaardes aanwesig wat ook die oprigting van `n verskansing regverdig en daarteen sal My teenstander homself tevergeefs stormloop. Daar staan tallose beskermgeeste gereed wat hom die toegang belet en hom met hulle helder lig terugdring, sodat hy steeds net sulke plekke sal opsoek vir sy aktiwiteite, waar die toegang hom nie belet word nie. Waar hy die reg het om binne te dring deur die gelyksoortige aanleg van hulle in wie se sfeer hy probeer binnesluip. Negatiewe gedagtes is slegs voldoende om hom ook tot onware gedagtes aan te hits, wat hy probeer om oor te dra op diegene wat bereid is om geestelik binne vloeiende strome op te neem. En dit sal steeds die geval wees, as mense saamkom wat nie almal in dieselfde geestelike gesteldheid verkeer om geestelike uitstraling in ontvangs te neem nie, en `n afwering van onsuiwer kragte nie gewaarborg is nie.
As Ek steeds weer sê: "Ek spreek tot alle mense wat My aanspreking begeer", dan moet u nie daaruit tot die slotsom kom dat u My goddelike stem hoorbaar verneem nie, maar dat Ek die hart van elke mens aanspreek en dat hy slegs in sy innerlike hoef te luister, om My ook te kan verstaan. Om My woord hardop te verneem, vereis `n baie groot graad van rypheid, sodat dit dus maar baie selde die geval is, dan is daar egter ook `n groot geestelike missie daaraan verbonde. Wanneer u dus `n mens hoor praat en glo om My, dit wil sê, My stem regstreeks te verneem - dan sal u uself meestal vergis, ofskoon so-iets wel moontlik is. Maar dan sal en kan dit nooit in breë kringe gebeur nie, omdat almal nie `n gelyke graad van rypheid het nie, wat `n weerklank van My Woord voorop stel. En u kan dit glo dat elkeen ook verskillend aangeraak moet word, as dit vir hom tot seën sal wees vir sy siel – en weet, dat waar twee of drie saam is en Ek in hulle midde kan vertoef, dat Ek dan ook Myself sal uiter deur hom wat egter dan sal spreek op sy manier, maar egter in die suiwerste waarheid soos wat Ek dit beloof het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205