Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

OOR DIE INNERLIKE WOORD
B.D.7304 - 11 Maart 1959
Almal sal My stem verneem wat vurig daarna verlang en met My in verbinding tree in hulle hart, dus nie slegs gebede met die lippe tot My opstuur, wat nie deur My gehoor word nie. Maar Ek het baie kinders wat innig tot My bid en wie se gebede Ek dan verhoor - in die besonder, as dit slegs `n versoek is wat Ek as Vader tot My kind mag spreek.
Hierdie bede bewys sy liefde vir My, wat vir so 'n kind alles is: Goeie Vader, Vriend en Broeder. En dan sal Ek My ook openbaar as Vader, Vriend en Broeder en sal My aanspreking altyd `n ondersoek wees op sy vrae en wense - wat die kind My vol vertroue voorlê.
En dus mag elke mens homself ook so aangesproke voel deur My, wat slegs op 'n innige samespraak met My bly wag, tot hy van My antwoord bewus geword het. Want juis die afwagting op en die verwagting van My antwoord mag nie versuim word nie, wat egter ook die diepe geloof vooropstel dat Ek tot My kinders spreek.
As die mense die diep geloof sou gehad het, dan sou dit vir hulle almal ook nie so ongewoon gewees het dat `n God tot Sy skepsele, of dat `n Vader tot Sy kinders spreek nie.
Dog juis die wat geloof het, is maar weinig en daarom kom dit so selde voor dat Ek My so kan uiter, dat die medemens ook iets daarvan ervaar. Daarby kom ook, dat die mense My aanspreking op heeltemal verskillende wyses verneem, meestal in hulle eie taal. Daarom word die resultate van die vertroulike tweegesprek van die kind met die Vader as `n produk van sy eie gedagtes beskou, as die ongewone inhoud die medemens nie wantrouig maak of hulle anders leer dink nie.
Maar Ek sê vir u: Ek spreek veel eerder met My kinders as dat Ek `n geleentheid sou laat verbygaan om My te uiter, alhoewel Ek My steeds net kan openbaar na gelang van die rypheidstoestand, asook die opdrag wat die ontvanger van My Woord terselfdertyd moet vervul op hierdie aarde. Sodra die stuur van My Woord dus met `n opdrag verbonde is, word daar ook ander voorwaardes gestel, wat diegene wat dit ontvang moet vervul, om geskik te wees vir hulle opdrag.
En dan sal ook die resultate van die innige omgang met My, die inhoud van My regstreekse aanspreking in sy aard anders wees omdat dit teen die kritiek van die verstandsmense moet standhou, omdat dit as leerstof, wat versprei moet word, beskou moet word, wat as evangelie aan die mense wat hulleself in groot geestelike nood bevind, gebring moet word. Maar die aanspreek van My kinders sal sigself op geen enkele wyse teenspraak wees nie, ofskoon dit in `n verskillende vorm gesteld is, juis vanweë hulle bestemming.
Ek moet My kinders ooreenkomstig hulle vermoë om op te neem, aanspreek. En sodra hierdie woorde van My woordeliks weergegee word, spreek dit hulleself nooit teë nie. Word dit egter na eie sienswyse verander, dan kan en sal hulle ook self dwaling by die woorde voeg, wat aanvanklik aan die mense gegee word as die suiwerste waarheid.
Laat alles onveranderd wat u, mense, van bo ontvang. Hierdie vermaning sou Ek u steeds weer wil laat toekom, dan is die waarheid ook gewaarborg en dan sal niemand aanstoot kan neem behalwe hulle, wat self nog nie in die waarheid wandel nie. Want selfs as die denke van `n mens nog eers van die waarheid afwyk, word hulle deur My Woord korrek gelei, of die omstrede vrae word nog solank tersyde gestel totdat die mens, sonder enige innerlike weerstand, opgeroep deur verkeerde onderrig, My woorde aanneem en sulke teenstrydighede ook uit die weg geruim word.
Maar Ek spreek tot al My kinders wat net vir My tot hulleself laat spreek deur 'n innige band en wat My wil hoor. En My woorde is steeds aan hulle gerig, wat dieselfde vrae oordink en wat ook die wil het om My te hoor. Maar met die oog op die groot geestelike nood en die naderende einde, stuur Ek My Woord, die leer wat die Mens Jesus op aarde verkondig het, opnuut na die aarde, omdat dit verbreiding vind en alle mense sal aanraak wat hulleself in die soeke na die waarheid vir My aanspreking oopstel, as dit wat aan hulle deur My bodes oorgebring word.
Die woord is dus aan almal gerig, maar sal eweneens slegs op hulle indruk maak wat dit sonder teenstand sal aanhoor. En hulle sal nou volgens My woord handel en lewe en dan ook die uitwerking van My Woord kan ervaar, want dit sal toeneem in krag en lig, in sterkte van wil en wysheid. Want alles wat van My uitgaan moet sy uitwerking hê, aangeneem dat die wil van die mens geen weerstand bied nie, dat die mens wil om deur My aangespreek te word en met danksegging My barmhartigheidsgawe aanneem, wat My liefde hom bied en sal bied tot aan die einde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205