Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

TOELIGTING BY DIE VERSKILLENDE KARAKTERS VAN DIE ONTVANGERS VAN DIE WOORD
B.D. 5061 - 12 Februarie 1951
My kind, (B.D.) neem My woorde sonder weerstand en gee jou oor aan hulle werking. Aan jou is `n opdrag toegewys wat slegs vervul kan word deur `n mens wat die verbinding met die geestelike ryk met hart en verstand tot stand gebring het. Wie dus rekening hou met die gevoelstoestand van die mense op aarde, en daarby egter self die verlange het na die geestelike ryk. En dit is nodig in die laaste tydjie voor die einde, waarin die mense byna iedere verbinding met My verbreek het, waarin die geloof aan `n geestelike lewe en `n geestelike toekoms, byna heeltemal verlore gegaan het.
Ek ken die noodtoestand onder die mensdom en Ek moet, om hulle hulp te bring, na middele gryp wat sukses belowe sonder om die vrye wil te beperk. So 'n middel is nou die toestuur van die suiwer waarheid van bo deur tussenpersone wat in staat is om dit te ontvang; wie egter in soverre tussenpersone genoem kan word, omdat hulle die toegang tot die menseharte makliker vind deur hulle karakter, want hulle moet tog diegene wen wat nog ver van My af staan.
Bedink dit wel, dat die mense wat na My op weg is, reeds in `n sfeer vertoef waar My werksaamheid makliker herken word. Dat die mense, wat nog ver van My af staan, egter hulleself buite hierdie sfeer bevind en dat dit daarom nodig is dat iemand tot beide sfere toegang het, om te spreek soos wat dit vir hulle begryplik is en tog ook te spreek oor wat van My uitgegaan het. Ek weet waarom Ek jou (B.D.) uitverkies het vir hierdie missie, omdat Ek die menseharte ken wat eers alles met hulle verstand ondersoek, voordat hulle dit aanneem, en hulle verstand dus nie geïgnoreer mag word om suksesvol op die siele te kan inwerk nie.
Die verlossingswerk by sulke mense is veel moeiliker, maar tog nie hopeloos nie, want My barmhartigheid werk daar waar die oor homself open, sodat My barmhartigheidsgawe ook die hart kan raak. My Wil is nou dat van My werksaamheid melding gemaak word, ook daar waar die wêreld nog sterk invloed uitoefen. In die eindtyd lewer die verkondiging van My evangelie op die tot nog toe gebruiklike wyse min sukses op, as dit nie al heeltemal onmoontlik is nie. Mense wat in die wêreld staan en ook kontak het met die wêreldse mense, word nie so gou afgewys as hulle in opdrag van My spreek nie, as diegene wat min kontak het, omdat hulle geestelike sfeer reeds `n ander is waarin die wêreldse mense hulleself nie in kan verplaas nie en hulleself daarom eerder afgestoot as aangetrokke voel. Hierdie sfere word nou deur gevoelsopwellinge gevorm wat dus goed of sleg, liefdevol of arm aan liefde kan wees. Steeds sal die aard van die mens die soort sfeer vorm waarin sy siel nou verkeer.
Bestem Ek egter `n mens wat My wil dien om `n missie te vervul, dan bou Ek Self die sfeer om hom heen wat beantwoord aan sy missie, waarin diegene wat My wil dien, dan met sukses werksaam kan wees vir My en My ryk. Wat nie beteken dat Ek My van `n mens bedien wat geheel buite geestelike sfere staan nie, aangesien hulle nie in My Naam werksaam sou kan wees nie. Dog sprei Ek My sluier oor die lig wat te helder en stralend sou deurbreek en juis `n sodanige verwarring onder die wêreldse mense sou kon aanrig, dat dit belemmerend sou werk om een van hulle te wen.
Ek kies vir My die mense uit vir so 'n missie wat in hulle wil een van Myne geword het, wat My liefde begryp het en wat Ek nou as werktuig kan gebruik in die laaste tydjie voor die einde. Ekself werk in hulle en deur hulle. En dit is aan jou (B.D.) as verklaring gegee op die vraag waarom nie alle mense dieselfde gemoedsbeweging het nie - en dat `n oorvloed van liefdeskrag tog werksaam word wat nie sigbaar is nie. Want Ek sien in die hart en ken die wil van die mens, in welke mate hy My toegedaan is, en ooreenkomstig hierdie wil is sy roeping ook vir My Ryk.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205