Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE ONTWIKKELING VAN DIE VERMOË OM GOD SE STEM TE VERNEEM
B.D. 7104 – 27 April 1958
Wat u van My verneem, dit kan u met `n geruste hart as suiwer waarheid bepleit, u kan met oortuiging daarvoor instaan en u kan glo dat ook alles in vervulling gaan wat Ek aan u as die toekomstige geopenbaar het. U kan u op die stem van die Gees verlaat, want dit is My stem wat in u klink omdat Ek wil dat u, mense, die waarheid toegebring word, en dat u wat aan My behoort, hierdie waarheid sal verbrei onder die mense.
As u ten minste in My glo, dan moet dit vir u ook begryplik wees dat u met My in `n sekere verband staan, dat u as My skepsele - ondanks u isolasie - met My in `n geestelike kontak staan, wat ook aan u bewys word, deur My aanspreking. U kan My hoor in die vorm van gedagtes wat in u opkom, waarvan u egter nie self die veroorsaker is nie, maar wat na u toe stroom van My af, dat u egter dan eers duidelik tot bewussyn kom as u siel in staat is om met geestelike ore te hoor, as u uself so voorberei het, dat u My, dus as die in gedagte gesproke Woord, verstaan en dit nou ook aan die verstand kan deurgee.
My woord klink weliswaar onafgebroke, maar om dit te hoor, vereis `n bekwaamheid wat die mens homself eers eie moet maak deur `n lewenswandel volgens My Wil. My Woord kan nie verneem word as daar nog na hierdie bekwaamheid gestreef word, of die geloof afwesig is, waar die mens My in homself moet verneem nie. Hy moet homself geskik maak om as ontvangtoestel te dien. Hy moet alle voorwaardes vervul wat dit vir hom dan eers moontlik maak om My voortdurend in die oneindige uitstromende gedagtes op te vang en te verstaan, sodat hy self nou as deur My Self aangespreek voel en elke Woord van My as `n in liefde aangebode spys vir sy siel ervaar - en nou steeds maar net nog streef na die hemelse brood.
En so sal u nie kan sê Ek spreek slegs hierdie of daardie mense aan nie, maar My Woord weerklink steeds en vir ewig in die geestelike Ryk en elkeen kan dit verneem, ongeag of hy nog op die aarde vertoef of reeds in die ryk hierna is. Maar dit word slegs deur die geestelike oor verneem, en dus moet die geestelike oor vooraf geskool word, wat steeds `n lewe in liefde en die vervulling van My gebod vereis. Wie die ligte gebod van die liefde tot God en die naaste vervul, aan hom sal Ek My openbaar, dit wil sê, hy sal My stem in homself verneem, want sy hart het homself daarop voorberei om My Gees op te neem. U moet hierdie woorde maar altyd korrek begryp: My Gees werk onafgebroke, maar Hy dring nie met geweld deur waar Hy teenstand vind nie. As die teenstand nou gebreek is - wat daarin bestaan dat die wese tot liefdeloosheid verval het, dat hy My liefde afwys, dan open hy homself ook weer vir My deurstraling en dit beteken, dat dit helder en lig in hom word, dat hy sien wat hy voorheen nie gesien en gehoor het nie, wat hy voorheen nie kon hoor nie - Myself, My Woord - wat nou weer in hom klink soos wat dit in die allereerste begin was.
En die innerlike weerstand is in die laaste tyd vóór die einde besonder groot, wat homself uiter in `n liefdelose gesindheid. En daarom sal `n mens ook in hierdie tyd maar selde My Woord in homself verneem. En dit het tot gevolg dat `n mens ook maar selde glo aan My direkte aanspreking deur My Gees. `n Baie natuurlike gebeurtenis wat heel in die begin aan alle wesens bekend was, het tot iets onbegryplik geword, hoewel dit in elke mens moet kan plaasvind, omdat elke mens hierdie bekwaamheid in homself het, maar dit nie ontwikkel nie, of, ook wel in onwetendheid en ongeloof niks doen om homself in die toestand te verplaas nie, naamlik, om te kan omgaan met sy Vader soos `n kind - om deur Hom vir Sy woorde dus as waardig gekeur te word.
En weer kan die mens maar net steeds onderrig word - maar nie deur dwang so omvorm word dat alle voorwaardes aanwesig sal wees om My stem in homself te kan verneem nie. Dit moet aan elke mens self oorgelaat bly hoe hy homself teenoor die onderrig instel, My Woord kan maar net indirek aan elke mens gebring word, wat dan ook ten volle ontplooi moet word - omdat die mens die waarheid van My Woord in homself ervaar.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205