Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DAAR IS GEEN TWEE SOORTE OPENBARINGE NIE
B.D. 8460 - 6 April 1963
Ek kan geen konsessies doen waar dit gaan om die stuur van die suiwer waarheid nie. Begryp, dat daar maar één waarheid is en kan wees en dat dit van My uitgaan omdat alleen Ek alles weet, en dit ook slegs Ek is wat dit kan laat toekom aan hulle, wat `n diep verlange na die waarheid het en hulleself innig met My verbind, wat hulleself dus waardig en geskik gemaak het om helder lig te ontvang. En Ek sal ook nie met twee monde spreek tot die mense, deur die een dit en die ander iets anders te leer nie. Want die waarheid is ewig onveranderlik en laat homself ook geen beperkinge oplê deur menslike denke wat vroeër mislei was nie.
Steeds sal Ek u, mense opheldering verskaf as u aan sulke dwalinge ten prooi geval het. En sodoende moet Ek ook sake aan die kaak stel waarin My teenstander reeds terrein gewen het, en Ek moet verkeerde opvattinge openlik laat uitkom. En dit sal Ek ook doen sodra goddelike openbaringe na die aarde gestuur word. Want eers deur volledige ooreenstemming kan u die herkoms van sulke openbaringe vir uself toets. Dit sou egter My wysheid volledig teenspreek as Ek iets afwykend vir die mense wil leer, dus My onderrig wil aanpas aan hulle tot dusver gebruiklike denke, wanneer dit verkeerd is.
Die waarheid moet sonder ontsiening die dwaling blootlê, omdat slegs die waarheid die siel tot heil strek, omdat slegs die waarheid die weg is wat na My voer. En die mense wat innig met My verbonde is deur die liefde, sal ook altyd slegs deur suiwer waarheid gelukkig word en die dwaling bereidwillig opgee. En dus sal `n mens wat in die liefde leef, beïndruk wees deur die waarheid, en insien dat hy tot nou toe verkeerd onderrig was. Want die dwaling, of ook My teenstander, kan hom nie bind aan diegene wat hulleself aan My oorgee nie. Hy sal homself sodoende kan losmaak van verkeerde opvattinge en die waarheid sonder beswaar aanneem. Wat moet mens egter van openbaringe dink wat kennelik binne sulke (deur) mense bepaalde grense voorkom? Ek wil wel oral My Woord heen lei, Ek wil My aan alle mense openbaar, dog daarvoor het Ek totaal leë houers nodig, mense wat nie aan sulke verkeerde opvattings veranker is nie, wat dit nie vrywillig wil opgee of in twyfel wil trek nie. As Ek My aan `n mens wil openbaar, dan moet hy deur twyfel aan die waarheid van dit wat hy besit, na My gedryf word, omdat Ek hom die lig van die Gees skenk. Eers dan kan Ek opheldering aan hom gee, nooit egter solank hy nog gebind is en homself innerlik nie vry wil maak van dwaallere nie.
My openbaringe vereis `n leë opnamehouer wat Ek nou kan vul. En dan sal Ek ook duidelik uiteensit wat nie ooreenkom met die suiwer waarheid uit My nie. Want Ek kan geen verskillende menings verkondig nie en Ek sal ook niks versluier nie, maar alles onthul, omdat u, mense, lig nodig het om die korrekte weg te vind en te gaan terug na My in die Vaderhuis. Wat dus ooreenstem dit is ook deur My aan u, mense gestuur - sodra die voorwaarde aanwesig is wat My openbaringe toelaat. Is daar egter teenstrydighede, dan moet u oplet en `n ernstige ondersoek instel, want Ek Self kan geen toegewings maak wat die waarheid teenspreek nie. Maar Ek wil alle mense nog vóór die einde wen, en daarom wil Ek ook hulle, wat nog op 'n dwaalspoor gelei word, die goeie weg wys - en waarlik, wie homself geheel en al aan My oorgee, `n ware lig sal hom ook verlig en hy sal `n uitweg vind uit die verwarring, wat vir die lou en onverskillige mens nie te begryp is nie.
My teenstander het die mense so in sy mag, dat hy fanatici van hulle gemaak het wat niks anders meer wil laat geld nie, of dit nou lede is van kerklike organisasies of sektes - of van die mees verskillende geestelike rigtings. Dit is dus begryplik dat hulle nie vir rede vatbaar is wanneer My bodes hulle die suiwer waarheid wil bring nie. Dit bewys hulle verbinding met hom wat in hulle geen helder gedagtes laat opkom nie, maar hulle aanhits om met alle fanatisme dwaallere uit te dra en te verdedig. En dit sal moeilik wees om hulle dan vir die suiwer waarheid te wen. Selfs die van goeie wil laat hulleself verblind, omdat die teenstander op dieselfde wyse optree om die mense weer te beweeg om valse opvattinge as goddelike werk te verbrei.
Dog steeds sal Ek die mense wat hulleself heeltemal bewustelik aan My oorgee en altyd net die waarheid van My afsmeek, behoed om `n valse leer aan te neem. Maar u moet almal opmerksaam wees, want die teenstander beskik oor baie truuks om sy aanhang vir homself te behou. En hy sal teen die waarheid ingaan tot die einde, tot Ek self `n einde aan sy aktiwiteite sal maak en hom opnuut in kettings bind, omdat die uur van die einde gekom het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205