Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

WARE PROFESIE
B.D. 7392 - 19 Augustus 1959
Die gawe van voorspelling, die ware profesie, is die "werksaamheid van die Gees van God" in die mens. Wie dit weet, sal sulke profesieë ook die korrekte waarde toeken, wat die verpligting inhou dat sulke profesieë verbrei word omdat dit God se Wil is dat die mense daarvan hoor, aangesien Hy sulke profesieë andersins nie deur die Gees van die mens geopenbaar het nie.
Want die profesieë word nie na die mens gestuur om hulle te verontrus of hulle die toekoms te onthul nie, maar dit het die doel dat die mense self van hulle verantwoordelikheid bewus word - om hulle lewe in te stel in ooreenstemming met die voorspellings. Want elke mens sal weet dat hy nog vir verandering vatbaar is en dat hy slegs sy wese ten goede verander, dit wil sê, dit volgens die Wil van God inrig, om dan ook alles rustig op homself te laat kom wat God oor die mense stuur.
Die gawe van profesie verplig dus. Dat die mens daarom nie hoef te vrees dat hy uit homself iets verkondig nie, omdat - waar die werke van die Gees eenmaal duidelik is – dat die mens steeds onder hierdie invloed staan sodra dit om geestelike kennis gaan, waarby ook die toekomstige gebeurtenisse hoort wat hul geestelike motivering het en nooit deur `n alleenlik wêreldsgesinde mens, wat nie daarin glo nie, vermeld sou word.
Wie die toekomstige verkondig in samehang met die geestelike uitwerking, spreek in opdrag van ELOHIM (GOD), want elke aardsgesinde mens weier om sulke profesieë uit te spreek en dit onder die medemens te verbrei. Dit lê in die aard van die saak dat slegs `n geestelik ontwaakte mens gebeurtenisse aankondig, wat in opdrag van God spreek en hy het ook die opdrag om vir die verbreiding daarvan sorg te dra - in soverre dit vir hom moontlik is. Want hy word steeds daarby gelei soos wat dit goed is, as hy maar ag gee op elke sagte impuls en homself laat lei deur die innerlike stem, wat altyd as die uiting van die Gees te beskou is.
Die gawe van profesie is nie aan baie mense gegee nie, maar die weiniges aan wie die Gees uit God iets toekomstig aankondig, moet hulle amp uitoefen en sorg dra vir die verbreiding van wat hulle toegestuur word. En hulle hoef nie te vrees om teen die Wil van God te handel nie, want die mensdom moet opmerksaam gemaak word op dit wat kom en hulle moet hulleself in ooreenstemming daarmee daarop instel. En die Gees uit God sal die geleentheid verskaf, Hy sal die mense byeenbring, Hy sal die profeet innerlik aanspoor wanneer hy moet spreek, soos wat Hy hom ook saggies sal waarsku wanneer dit nie reg is om daaroor te spreek nie.
Die mens hoef maar net te let op die sagte stem in homself, want waar die Gees uit God eenmaal aan die werk is, daar gee Hy ook Sy werk nie op nie en word die mens volgens God se Wil gelei. Dit word u nog eenmaal gesê, dat u voor groot gebeurtenisse staan en dat dit goed is as die mensdom reeds vooraf daaroor iets te wete kan kom, selfs as hulle ongelowig teenoor die voorspellings staan.
Maar dat dit reeds vooraf verkondig word, dit word vir hulle eenmaal ook duidelik en dan sal die gebeurtenisse `n groter uitwerking hê op die siele van die mense. Hulle sal ook geloof skenk aan die aankondigings van `n naderende einde, wat van die allergrootste belang is, want daar bly vir hulle nog `n kort tydjie oor wat hulle goed vir die heil van hulle siel kan benut - as hulle maar van goeie wil is.
En God sal nie ophou om te waarsku en te vermaan nie, en so sal Hy ook steeds weer, deur die stem van die Gees, wys op die komende gebeurtenisse. Hy sal nooit ophou, tot die dag gekom het wat groot ontsetting teweeg sal bring, omdat hulle dan maar weinig kan red, terwyl die mens tog slegs die korrekte instelling tot ”Hom” moet hê om deur alle nood en gevare heen gelei te word, of, wanneer hy sy lewe moet gee, omdat vir hom `n mooier lewe beskore is in die ewigheid.
Daar kan nie genoeg gewys word op wat kom nie, en u wat met die Gees vervul is, moet altyd net uitspreek wat die Gees u verkondig. En u sal die Wil van God nakom, wat Self deur Sy Gees tot u spreek en tot alle mense wil spreek.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205