Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

WAT WAS DIE MENS IN DIE ALLEREERSTE BEGIN?
B.D.8401 - 3 Februarie 1963
Ek wil u steeds net dit in oorweging gee, dat u van Goddelike oorsprong is en dat u uself daarom moet beskou as `n vonkie wat deur Myself uitgestraal is - wat ewig bly wat hulle was, naamlik goddelike skepsele van dieselfde oersubstansie as wat Ekself is. Ook nadat uself totaal verander was tot wesens is hulle self van alle goddelike eienskappe beroof. Dog hierdie toestand duur nie vir ewig nie, maar verander ook weer, sodat hulle oorspronklike natuur weer tevoorskyn kom, sodat hulle weer skep en werk in alle volmaaktheid soos Ek, dat hulle weer tot My ewebeeld word en dan ook sal bly tot in alle ewigheid.
As u daaroor nadink dat u van Myself uitgegaan het, dat die hoogste, volmaakte Wese u geskape het vanuit Sy liefde, dan moet u heeltemal opbloei en geen ander verlange meer hê as om weer te wees wat u in die begin was nie. En u gebrekkigheid en swakheid, wat u nou insien, moet u baie nederig laat word en u tot innige gebed aanspoor dat Ek u mag help om weer so te word, dat u uself met My kan verenig. En waarlik, u sal barmhartigheid ontvang in oorvloed, want hierdie wil open vir My u hart en Ek kan dit nou ook vul met My liefdeskrag, wat dit nou vir u moontlik maak om u te verander en weer u oerwese aan te neem.
En daaraan moet u altyd weer dink dat u van Myself uitgegaan het. Dat u Myne is en ook sal bly, omdat Ek niks opgee wat aan My behoort nie. En al het u uself ook vrywillig van My afgewend en volhard het in u weerstand teen My; u is en bly deur My eens uitgestraalde liefdeskrag wat onherroeplik ook eens weer na My toe terugstroom - omdat dit `n wet is van die ewigheid.
Maar die eie besef van u herkoms sou vir u die terugweg verkort, want dan besef u dat u goddelike skepsele is, dan is dit reeds die eerste tree op die terugweg tot My. Want eens wou u My nie erken as u God en Skepper van die Ewigheid nie, en dit was u val. Dit was hoogmoed wat u laat meen om die toevoer van My krag te ontbeer, en wat sodoende u ellendige toestand veroorsaak het.
Was u egter in die aardse lewe van u goddelike afkoms bewus, dan weet u ook dat u slegs in verbinding met My, weer lig en krag kan ontvang; dat u slegs wanneer My liefdeslig helder deur u straal, u goddelike eienskappe weer kan terugwen en dat dit nie onmoontlik is om weer in u oertoestand binne te gaan nie. Dat u waarlik tot God kan word, soos dit in die allereerste begin u bestemming was. Beskou u uself egter as swerwers op aarde sonder doel, as kreature wat net soos ander skeppings die wêreld bevolk en verganklik is; dan is u gees totaal verduister en die weg is nog eindeloos lank tot u uiteindelike terugkeer, tot vanwaar u uitgegaan het, tot u God en Vader van die Ewigheid. Dan sal u ook in die doel van u lewe op aarde geen sin of bedoeling sien nie. U gedagtes is slegs op die aardse gerig en u gee self uitdrukking aan u totaal veranderde wese, deur u verkeerde houding teenoor My - u God en Skepper.
Beskou slegs uself en vra uself dikwels af wat die rede van u menswees wel mag wees. Dink daaroor na wat u is en waar u vandaan gekom het. Beskou uself nie as so minderwaardig deur te dink dat u met u liggaamlike dood weer vergaan in 'n niks nie. Want dan stel u uself nog onder `n dier wat nie kan dink nie, want u gebruik nie u verstand wat aan u gegee word nie. Reeds u vrye wil en u verstand moes `n bewys vir u wees van `n Mag wat u geskep het en Wie se skeppings van die grootste wysheid blyke gee.
Hierdie "Mag" het beslis niks gebrekkig buite Hom geplaas nie, maar wesens in hoogste volmaaktheid. Maar u mense, weet nie dat u die wesens is wat van My afvallig geword het nie. Daarom wys Ek u steeds weer op u vrywillige verval en ook op My liefdevolle sorg, om u tot `n vrywillige terugkeer te beweeg.
En daarom probeer Ek slegs om u tot nadenke aan te spoor oor uself, wat u is en om welke rede u op die aarde leef. U moet daaraan dink watter wonderwerk van die skepping uself is, hoe kunstig u liggaam geskape is en hoe al sy funksies uitermatig knap ingerig is. Daaraan sou u al moet sien dat u van Goddelike oorsprong is en dat u Skepper `n hoogs volmaakte Wese moet wees, wat hierdie skepsele buite Hom laat ontstaan het, wat kan dink en wil en daarom tot iets anders bestem moet wees, as maar net u weg oor die aarde te gaan en die aardse verpligtinge na te kom - en dan weer te vergaan. En kon u maar tot die insig kom dat u aardse lewe `n sin en `n doel moet hê, dan sou u ook moeite doen om dit te deurgrond en dan sou die weg omhoog ook vir u verseker wees. Want dan was u self bewus van u verantwoordelikheid en die een goddelike eienskap na die ander sou weer in u tevoorskyn kom, omdat u oersubstansie Goddelike krag is. Dan sal u ook die verbinding met My soek en My dus ook die moontlikheid gee om u weer met My liefdeskrag te deurstraal - en dan sal u weer wees wat u was vanaf die begin van die tye.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205