Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE STADIUM VAN DIE “EK-BEWUSSYN”
B.D. 7413 - 20 September 1959
U, mense, is van uself bewus. En dit is die teken dat u wesens is met intelligensie, dit wil sê, dat u in staat is om te dink en gevolglik wesens is, wat van God afkomstig is, wat geskape was as Sy ewebeeld en daarom ook van hulleself bewus was. Tussen die tyd en die tyd wat u nou op die aarde is, lê egter `n eindelose lang tydperk, waarin u van u selfbewussyn beroof was. `n Tyd waarin u ook wel die skeppingswerke as iets wesenlik bevolk het, maar die wesenlike was nie van homself bewus nie, omdat hy steeds slegs as deeltjies van `n eens homself bewuste wese deur hierdie skeppingswerke heengaan.
Eers nadat alle deeltjies hulleself weer versamel het, beliggaam die wese homself as mens en gaan dan ook weer die stadium van die “Ek-bewussyn” binne, waarin hy nou ook `n taak te vervul het. As mens dra die wese daarom nou ook `n sekere verantwoordelikheid vir sy ontwikkeling, omdat hy verstandelik in staat is om die “vir en teen” van sy lewenswandel in te sien, dat hy dus kan beoordeel welke uitwerking sy lewenswandel op die eintlike "Ek" - die siel - het.
Solank die wese nie van homself in die oerstadia homself bewus was nie, het hy ook geen verantwoording te dra nie en staan hy onder die wet van "jy moet". Hy doen wat hom deur die Wil van God opgedra was. Hy handel instinkmatig, dit wil sê, gelei deur geestelike intelligensies wat die geestelike in die skeppingswerke so beïnvloed - dat hy die werk uitvoer wat vir hom bestem was.
Dit is nou anders gestel in die stadium as mens, waarin die wese oor homself kan beslis, waarin die denke en handeling, waarin die “Ek-bewuste” wese die volle vryheid het van denke en handeling. En hy moet nou bewustelik dink en wil en handel volgens die Wil van God, dit word nou nie meer deur God se Wil bepaal nie, maar sy eie wil moet nou beslis en altyd onder inwerking van sy eie “Ek-bewustelikheid” wees, want die mens voel dat hy oor homself beskik - hy is van homself bewus. Hy staan nie meer onder vreemde invloede nie, maar rig self sy wil na eie goeddunke en hy weet ook dat hy homself daarvoor verantwoordelik moet wees, hoe hy sy wil ookal rig.
En dit onderskei die mens van die dier, dat hy in sy ontwikkeling ook al ver gevorder het, maar tot die laaste beliggaming as mens steeds `n wese bly wat onder die wet van "jy moet" staan - en nie vry oor homself kan beslis nie, al mag dit nog so intelligent lyk. Hy het nog nie die “Ek-bewussyn” teruggekry nie en het daarom nog nie op die laaste trap van beliggaming aangekom nie. Tog sal ook die dier die laaste fase bereik, want die geestelike neem eens die gang deur die aardse bestaan op homself, waarin hy homself as mens beliggaam en homself ook van sy "Ek" bewus word.
Dat die mens egter `n “Ek-bewuste” wese is, moes hom ook laat besluit dat sy Skepper en Maker, sy God van die ewigheid geen irreële (fiktiewe) gees kan wees nie; maar dat Hy as die hoogs volmaakte Wese eweneens kan dink en `n vrye wil het, omdat daar andersins nooit sulke skepsele uit Hom kon voortgekom het, wat hierdie kenmerke van goddelikheid vertoon nie.
Want uitgaande van die mens, die skepsel, kan ook die gevolgtrekking gemaak word dat daar `n God, `n Skepper is. Die hoogste Wese moet “Ek-bewus” wees, net soos die mens “Ek-bewus” is, slegs in hoogste volmaaktheid, aangesien die mens onweerlegbaar `n nog onvolmaakte wese is. Maar die "Ek besef" het hy ondanks alle onvolmaaktheid. En dit maak die mens tot `n goddelike wese wat aan Hom gelyk geskape was en weer tot dieselfde volmaaktheid moet kom, waarin hy eens van God uitgegaan het. Die “Ek-bewussyn” is die grootste wonder van die skeppingswerk "mens". Die mense moet hulleself voorstel welke doodse lewe hulle sou lei as hulle die “Ek-bewussyn” nie besit het nie, wat elke mens eers `n persoonlike stempel gee: Om homself te sien as `n wese wat in staat is om te dink en oor homself te kan beslis in vrye wil, omdat hy oor homself ook kan nadink en homself kan voeg volgens die kader van die skepping in die besef van die “Ek”, in die bewussyn self te kan beslis wat is "Ek" wil.
Die “Ek-bewussyn” is `n duidelike teken van goddelikheid, dit is `n teken van verbondenheid met `n gelyksoortige Wese, wat die ‘Ek’ in die lewe roep. Ook al is die wese as mens maar `n karikatuur van dit wat God eens geskep het. Maar hy het tog die “Ek-bewussyn” behou en kan homself daarom ook weer vorm tot die oerwese, wat hy van die begin van die tye af aan was. Hy kan in die stadium as mens - in die stadium van die “Ek-bewussyn” - alles doen wat hy wil, selfs wanneer die moontlikheid om dit te realiseer hom soms deur die Wil van God besnoei word. Maar hy is in staat om te dink en planne te maak, altyd van homself uitgaande, homself altyd in die middelpunt voelend van alles wat gebeur, omdat die kennis wat hy het, daar is en hy die bewussyn ook nie meer verloor nie.
Daarom sal hy egter ook eenmaal tot verantwoording geroep word hoe sy houding was in die aardse lewe teenoor hierdie groot barmhartigheid: om te weet dat hy `n “Ek-bewuste” wese was wat deur die Skepper so gemaak is, om die besef van homself te hê en vanuit homself die ware houding tot sy Skepper tot stand te bring.
Die denkvermoë behoort tot die “Ek-bewussyn” en kan eers dan ware vrugte oplewer, maar altyd moet die vrye wil werksaam wees wat net so by `n goddelike skepsel hoort. En hierdie vrye wil moet alle goddelike gegewe reg gebruik, dan sal die wese ook tydens die lewe as mens die weg neem wat onherroeplik tot die verandering ten goede voer en hy sal in alle volmaaktheid terugkeer na die Vaderhuis - soos wat hy eens daarvan uitgegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205