Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE GODDELIKE GEESTESVONK IS NODIG VIR DIE OMMEKEER VAN DIE WESE
B.D. 7984 - 4 September 1961
U het eens u goddelikheid opgegee, u het u oerwese in die teenoorgestelde verander. U was geen wese meer van die lig nie, maar van die duisternis, want u was sonder enige liefde, omdat u My liefde afgewys het wat u met strale wou deurdring en gelukkig maak tot in alle ewigheid.
En in hierdie nie-goddelike staat, in die wese wat homself heeltemal teen My verset het, was u ver van My af. U was in u wese totaal verander en kon daarom nie meer in My nabyheid wees nie, omdat u sou vergaan het in My Liefdeslig van die Ewigheid wat u heeltemal sou verteer het.
Ek wou egter nie diegene wat uit My Liefdeskrag voortgekom het, vernietig nie. Ek wil slegs sy terugkeer na My verseker, wat dit egter noodsaaklik maak dat `n wesensverandering in hulle sal plaasvind wat die afstand na My toe sal verklein, tot die afstand uiteindelik volledig opgehef kan word, deurdat die wese sy oertoestand sal aanneem; totdat hy weer heeltemal tot liefde word en My Liefde hom nou weer soos eens kan deurstraal.
Maar hierdie verandering tot liefde vra van My `n werk van Barmhartigheid en van liefde. Ek moes in u `n vonkie van My ewige liefde lê, omdat u heeltemal sonder enige liefde was en daarom ook nie in staat sou gewees het om uself en u wese te verander nie. U vroeëre weerstand teen My was deur `n baie lang en smartlike proses voorafgegaan om u terug te voer, byna gebroke, maar u het dan in `n toestand gekom waarin die vrye wil weer aan u gegee was, wat voorheen gebonde was.
En in hierdie toestand van vrye wil - as mens - moes die ommekeer tot liefde nou plaasvind, wat egter heeltemal onmoontlik sou gewees het as daar nie `n vonkie liefde in u gesluimer het nie. Wat Ek as barmhartigheidsgeskenk in die hart van elke mens gelê het, en wat hom weer kenmerk as `n goddelike skepsel, sodra hy hierdie liefdesvonk vrywillig in homself ontsteek en dit laat ontvlam tot `n helder gloed. Hierdie werk moet die mens self volbring. Maar hy kan dit ook, juis omdat die goddelike liefdesvonk in hom sluimer.
Hierdie liefdesvonk is `n deel van God, dit is `n vonkie van My ewige Liefdesgees, wat onskeidbaar met My verbonde is, wat onophoudelik aandring om terug te keer na die Vadergees van die Ewigheid, wat egter die mens die volle vryheid laat of hy aan die aandrang sal toegee of die vonkie in homself laat versmoor deur sy wese wat die teenoorgestelde is van die goddelike, deur sy verbinding met My teenstander wat hy nie bereid is om op te gee nie.
U almal is in staat om lief te hê, of u egter hiertoe bereid is, word aan uself oorgelaat. En al het die geestesvonk in u as My aandeel oorgrote krag, tog word u nie deur hom gedwing om u wese te verander nie, dit word slegs vir u maklik gemaak. Dit is geen onmoontlikheid dat hierdie verandering van u wese tot liefde in die kort aardse lewe geheel en al kan plaasvind nie.
Die verbinding met My is daar, dit moet slegs deur uself nagestreef word, sodat u ook haar werking kan bespeur, sodat My Liefde weer in u kan binnestraal. Die verbinding van die geestesvonk in u met die Vadergees van die Ewigheid moet weer tot stand gebring word en onherroeplik sal die verandering van u wese dan plaasvind, wat u weer tot die mees saligste wesens sal maak, wat u in die allereerste begin was.
Maar u sou reddeloos verlore gewees het, as u nie hierdie geestesvonk, wat My aandeel is, in u gehad het nie. U kan liefhê en is in staat om liefde te ervaar en uit te straal, u is nie heeltemal sonder enige liefde nie, as u uself nie verweer teen hierdie liefdesgees in u nie, as u nie self op My teenstander opdring nie, wat u steeds wil verhinder om in liefde te werk, wat u egter nie kan teëhou as u self die lig in u ontsteek het nie - wanneer u let op die sagte duidelike stem in u en aan haar gehoor gee nie, wat u steeds sal aanspoor tot dade van liefde.
My geestesvonk is waarlik magtig en vol van krag, want hy is `n deel van My. Die swakste wil wat homself na My toe keer, gee hy krag en My teenstander kan hom dit nie verhinder nie, want hy kan nie stry teen Myself nie, wat tog in u is, maar u nie dwing wanneer u uit vrye wil aan My weerstand bied nie.
Hierdie goddelike geestesvonk gee as deel van My ook die sekerheid dat u uself kan verander, want hy is krag uit My, wat u tot alles wat u ernstig nastreef in staat stel. En sodat u hierdie wil kan oproep, het u steeds die hulp van die goddelike Verlosser, Jesus Christus, ter beskikking, wat maar net erken en om versterking van u wil gevra wil word - want Hy en Ek is Eén.
My het u eens afgewys. U wou My nie erken as u God en Skepper nie en u het hom gevolg, wat u in die diepte ingetrek het. En hy sal u so lank in sy mag hou totdat u Myself sal aanroep om hulp - en in Jesus Christus dus Myself herken en erken. Dan is die mag van die teenstander waarlik gebreek as u hom met My Naam konfronteer. U wil sal versterking ervaar en u verlange na die vereniging met My sal steeds sterker word.
Die geestesvonk in u streef ernstig na die verbinding met die Vadergees van die Ewigheid. U sal toegee aan die innerlike drang en sal aangespoor word tot die doen van liefdesdade, omdat Ek u nou weer self met My Liefde kan deurstraal. U wese sal dan weer die hoedanigheid aanneem wat lyk soos My Oerwese. Dit sal homself omvorm tot liefde en verenig homself nou onafskeidelik met My en u sal My nou ewig nie meer verlaat nie. Die kind het tot die Vader teruggekeer, van Wie hy eens weggegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205