Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

UITLEG OOR DIE BESTAAN AS MENS
B.D. 8945 - 27 Februarie 1965
U is reeds `n eindelose lang tyd op die aarde, wat u waarlik ewighede sal kan noem. Weliswaar nie as die “ek-bewuste” oergees nie, maar in die nietigste partikeltjies het u hierdie lang weg afgelê, wat u weer na die oertoestand moet verplaas, waarin u uself in die allereerste begin bevind het. As u dit bedink dat u deur alle skeppings gegaan het - omdat in alles wat u sien, wat om u heen as skeppingswerk te beskou is, `n kragvonk uit My moet wees, omdat u andersins nie sou kon bestaan nie. Dan sal u ook al hierdie skeppings leer bekyk as eens deur My uitgestraalde geestelike, wat die verbinding met My uit eie wil verbreek het, dat omdat hulle egter onverganklik is, hulle ook weer eenmaal met My in verbinding moet tree - omdat dit wet is en bly, dat die uitgestraalde krag weer na My toe moet terugkeer.
Dan eers sal u werklik die stadium as mens waardeer, deurdat u weer hierdie bewustelike verbinding met My tot stand moet bring. Alle skeppings om u heen sal u daaraan herinner dat dit die laaste doel is om na te strewe, as u nie opnuut die weg deur die materie wil aflê nie, waaraan u nou met My hulp ontsnap het. Dat dit so is moet u glo, want dit kom tot u deur die Gees uit My. Dog alleen so kan die gehele skepping aan u verklaar word. En Ek doen dit met die oog op die naderende einde, om mense opheldering te gee oor dit wat u en die hele skepping, in die diepste grond, is. Want die weiniges wat hiervoor oopstaan, sien daarin die enigste verklaring.
Hulle sien daarin My oneindige liefde, die nie oortrefbare wysheid en eindelose mag, en hulle twyfel ook nie daaraan dat dit so is nie.
Maar veel meer mense dwaal rond in duisternis van gees, en om aan hulle die groot verantwoordelikheid van die aardse lewe duidelik te maak, sal `n swaar taak wees en meestal ook tevergeefs bly. En hulle kan ook die hernude gang deur die skepping van die nuwe aarde verwag, as Ek hulle nie reeds voortydig oproep van die aarde nie. As die mense hulleself maar eens ernstig besig wil hou met die vraag wát hulle is, vanwaar hulle kom en wat hulle eintlike opdrag op die aarde is, dan sou tallose ligwesens vir hulle hierdie vrae kom beantwoord. Op hierdie vrae sou die een na die ander helder gedagte volg en die duisternis sou verdwyn.
Solank u egter nie `n bietjie lig daaroor ontsteek word nie, dat die gang oor die aarde die laaste stadium is van `n ontwikkelingsproses na `n eindelose lang weg van voorontwikkeling, solank sal u ook nie bewus wees om met verantwoordelikheid deur die aardse lewe te gaan nie. En die groot gevaar bestaan; as u nie `n lewe in die liefde lei nie, dat u lewe op aarde nutteloos is.
Sodra u egter in die liefde leef, kan u tog u doel bereik ook sonder om iets te weet van u verlede. Want slegs die liefde, wat u laat ryp word op aarde, is nodig. Omdat die liefde egter afgekoel is in die laaste tyd vóór die einde, probeer Ek u verstand aan te spreek, deurdat Ek u die lang weg oor die aarde voorhou en u eens suiwer verstandelik die langsame ontwikkeling van alle skeppings uitlê, sodat u daaroor kan gaan nadink wat u God en Skepper daarmee wil bereik. Ek probeer u slegs aan te spoor om na te dink, want dan kan die ligwesens ook tussenbeide kom en u vrae deur gedagtes beantwoord.
As daar egter heeltemal geen liefde meer onder die mense is nie en hulle weier ook om ernstig na te dink, dan is daar geen hoop meer op redding nie. Dan tree die wet onherroeplik in werking, wat die opnuut inpas, naamlik die hernude kluistering in die materie bepaal. Maar My worsteling oor die siele sal nie verminder tot die einde nie. En waar die moontlikheid tot `n verandering van wil nog bestaan, daar lei Ek My barmhartigheidstroom heen om steeds weer `n keer die aantal te vermeerder van hulle wat self besef dat hulle uit My voortgekom het. Hulle wat weer tot My wil terugkeer, wat in die ryk van die lig binnegaan en hulle aardse lewensdoel bereik het, wat Myne is en dit sal bly.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205