Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

ELKE GEES IS `N OERGEES, GEVAL OF NIE.
B.D.8008 - l Oktober 1961
Op My Stem moet u ag slaan as dit in u weerklink, want My Gees sal u in alle waarheid lei. En as u in die waarheid onderrig wil word, dan kan u dit slegs van Myself ontvang, wat die Ewige Waarheid is.
Toe Ek die wesens van My Liefde eertyds buite My geplaas het, was elke wese `n “Ek-bewuste” gees, wat met My in innigste verbinding gestaan het en steeds deur My Liefde deurstraal was. Die deurstraling met Liefde het die wese in `n staat van uiterste helder insig gebring. Hy het in die lig gestaan, het die besef van Myself gehad en van alles wat om hom heen was. Elke wese was `n goddelike gees, wat onmeetlik salig was.
En tog vind daar om redes, wat al dikwels aan u verklaar is, `n afvalligheid plaas van ontelbare wesens van My, ofskoon daar ook baie aan My getrou gebly het. Die eerstes het hulle lig verloor, terwyl die laastes in `n onmeetlike volheid van lig bly bestaan het en My teenstander, die eerste gevalle oergees, nie in die diepte gevolg het nie. En met hierdie oergeeste wat by My gebly het, skep en werk Ek in die oneindigheid.
U, mense, weet egter dat Ek vir My `n vergoddeliking van al die geskape wesenlike ten doel gestel het, en dat hierdie vergoddeliking deur die vrye wil van die wese self verwesenlik moet word. U weet waarom die wesens eens geval het en u het ook kennis verkry van My heilsplan van die Ewigheid, dat Ek die terugkeer van al die gevalle geestelike voor oë het en wat ook verseker eens bereik sal word.
U weet dat die "kindskap” van God die hoogste doel is en dat alle wesens, wat as mens oor die aarde gaan, volgens plan van die ewigheid, ook die kindskap van God op hierdie aarde kan bereik - as die vrye wil dit maar ernstig nastreef. En gevolglik het die eens van My afgevalle wese dan die hoogste graad van saligheid bereik. Hy het tot My ewebeeld geword, hy kan skep en werk uit heeltemal vrye wil en tog sal hierdie wil heeltemal aan Myne gelyk wees. Dit word nie meer deur My bepaal nie, maar My kind het heeltemal in My Wil opgegaan en is daarom ook onmeetlik salig.
En ook My geestelike wesens, wat by My gebly het, streef hierdie verhoogde graad van saligheid na; want ofskoon hulle regstreeks met My in verbinding staan, ofskoon hulle ook steeds deur My Liefdeskrag deurstraal word, is hulle tog wesens geskape volgens My Wil - wat nie anders kan dink en kan handel as volgens My Wil nie, en wat altyd slegs uitvoerders van My Wil is.
Om die verskil hieroor aan u mense duidelik te maak, vereis ook wel `n hoë graad van rypheid, wat u nog nie besit nie. En daarom kan Ek dit u slegs verklaar na die mate van u begrensde denke, soos u menslike verstand dit kan begryp. Want deur u val in die diepte het u nou eenmaal elke diep insig oor alle samehang in die geestelike Ryk verloor en het nou op aarde nog nie tot die hoogste insig gekom nie.
Tog is dit vir u voldoende om te weet dat ook hierdie wesens wat aan My getrou gebly het, eenmaal ook die weg oor die aarde moet gaan, om die titel "kind van God" te verwerf, wat hulle saligheid nog mateloos sal verhoog. En hierdie weg oor die aarde vereis dan ook `n lewe in die vlees - `n bestaan as mens, net soos ook die gevalle geestelike die weg moet aflê om sy wilsproef te deurstaan. `n Liggees wat homself op aarde wil beliggaam, sal as verblyf `n aardse liggaam kies waarvan die geestelike substansies al `n sekere rypheid bereik het, sodat `n liggees dit nou in besit kan neem, terwyl hy die dooie uiterlike vorm, die menslike liggaam dan eers die lewe gee en hy nou in daardie liggaam sy aardse weg begin.
Hierdie liggees is gevolglik die geestelike krag wat moet instroom in `n menslike liggaam, wat nou as mens in die wêreld gebore word en wat eers dan kan lewe, as hierdie geestelike krag, die siel, die goddelike Asem - in hierdie uiterlike vorm ingeblaas word deur My alomvattende Vaderliefde, wat Hom die vergoddeliking van al Sy geskape wesens tot kinders ten doel gestel het.
En nou gee hierdie hemelse gees - as siel – aan die mens die lewe - en omdat die substansies van die liggaam, al is hulle suiwerder as by die meeste mense, self nog onryp is, omdat hulle in die wêreld van My teenstander ook aan sy invloed onderhewig is, en omdat die hemelse gees op aarde ook `n geestelike opdrag te vervul het en meestal niks van sy herkoms weet nie; moet die siel dus sy eie ‘Ek’ teen alle aanvegtinge wat van buite op hom afkom, weerstand bied. Hy moet teen alle neiginge en drifte stry wat die liggaam nog aankleef, omdat hy deur alle skeppingswerke heengegaan het. Hierdie gees wat engel is, moet meestal `n uiters swaar weg op aarde aflê waarin sy vrye wil nie mag faal nie, waarin die mens altyd weer sy toevlug tot My, as Sy Vader, moet neem, om nie die krag te verloor wat hy op die aarde nodig het nie. Want die volheid van lig en krag as hemelse gees het hy vrywillig opgegee toe hy die weg oor die aarde begin het. Maar die band met My is so sterk, omdat `n ongewone vurige liefde so 'n mens deurstroom, wat ook die sekerste waarborg is dat hy sy doel sal bereik, dat hy as "My kind" tot My sal terugkeer, omdat dit voorheen sy grootste verlange in My Ryk was.
Hierdie ontwikkelingsgang sal by elke liggees dus dieselfde wees. Steeds betrek sy as siel `n aards-materiële uiterlike vorm, wat `n meer of minder sterk invloed sal uitoefen deur haar uiteenlopende soort geaardheid en wat aan die siel menige opgawes sal stel. Hierdie uiterlike vorm sal ook altyd deur die aardse materie heengegaan het, tensy, buitengewone invloede haar substansies al vooraf so gelouter het dat sy baie vinnig met die eise van My goddelike geesvonk instem, wat in die mens beliggaamde ligwese besonder sterk straal en `n algehele vergeesteliking van alle substansies vinniger teweeg kan bring.
En so was die Siel van Jesus `n hoogste liggees. Ook Hy het `n aards materiële uiterlike vorm betrek. Ook Hy het hierdie vorm eers die lewe gegee toe Hy as Siel die uiterlike vorm in besit geneem het, toe Hy op aarde gebore was. Die Houer (Mirjam/Maria) wat Hom ter wêreld gebring het, was suiwer en vlekkeloos. Sy verwekking was geen minderwaardige daad van die sinne nie. En tog was Sy liggaam gelyk aan die van alle ander mense, omdat Hy die werk van vergeesteliking moes volbring as voorbeeld, wat ook alle mense moes navolg, en ook kan.Ook Sy Siel, hoewel van bo, was deur onryp wesendele gekwel, waarvan Hy Hom nie mag bevry het nie, wat Hy op grond van Sy liefde eweneens moes vergeestelik, wat `n swaar arbeid aan Homself vereis het, en so 'n arbeid moet ook elke hemelse gees in die aardse lewe volbring. Want die weg deur die diepte beteken `n stryd en oorwinning van alles wat deel uitmaak van die diepte en homself ook by hierdie mense uitleef. Sy groot liefde het hierdie arbeid egter met volharding en geduld verrig. Hy slaag om liggaam en siel te vergeestelik, dit wil sê, ook die nog onontwikkelde substansies wat hulleself by die siel gevoeg het, te verlos, hulle tot algehele orde in Homself te bring en tegelykertyd `n hoë missie te volbring, waarvoor Hy homself vrywilliglik vir My aangebied het. Al die van My eens uitgegane wesenlikes, alle geestelike wesens, wat uit My Liefde voortgekom het, is uitgestraalde krag. Hulle is in hulle oerbestanddeel dieselfde as Ekself, hulle is liefdeskrag uit My. Die gevalle geestelike was nou, met die doel om tot My terug te keer, opgelos in ontelbare partikeltjies. Die eens uitgestraalde krag was omvorm tot skeppings van menigvuldige aard, want die krag moes op die een of ander wyse werksaam word, omdat dit die oerwet is sedert die ewigheid.
Maar al hierdie opgeloste partikeltjies versamel hulleself weer en elke eens gevalle oergees ontvang sy “Ek-bewussyn” weer terug, sodra hy as mens oor die aarde gaan, sodra hy die laaste gedeelte in die eindelose lang ontwikkelingsproses aflê, voordat hy weer binnegaan in die geestelike Ryk.
Dié op die manier saamgebringde geestelike bring as siel die uiterlike vorm van `n mens tot lewe. Die siel self is dus die eens gevalle oergees, sy is die “Ek-bewuste” wese wat eens in volheid van lig van My uitgegaan het en in vrye wil afgeval het, en wat My teenstander - die eerste gevalle liggees, met homself in die diepte ingetrek het. Die geweldige menigte oergeskape geeste was eindeloos en ook die getal van die wesens wat My trou gebly het, was onmeetlik groot. Maar ook hulle was in die diepste grond dieselfde liefdeskrag wat uit My uitgestraal het.
Gaan `n liggees nou - dus `n engel - ook die weg oor die aarde met die doel om die kindskap van God te verkry, dan kom hy in dieselfde omstandighede soos elke gevalle gees. Hy betrek `n liggaamlike omhulsel wat uit meer of minder uitgerypte geestelike partikeltjies bestaan, want die vlees behoort tot hierdie aarde.
Die liggaam kan wel suiwerder wees en minder weerstand teen My in homself hê, maar tog is dit stoflik. En dit laat ook die weg oor die aarde tot `n swaar beproewing en tot `n wilstoets vir dié siel wat in die liggaam woon, word. Want weerstande moet sy hê; `n ligsiel moet ook die stryd deurstaan in die vlees; `n geveg wat sy steeds weer met My teenstander sal lewer wat homself van die liggaam bedien, om die siel op elke moontlike wyse aan te val.
Ook `n ligsiel sal daarom aan sterk versoekinge blootgestel wees. Want die aardse liggaam bevind homself in die gebied van My teenstander en hy sal verseker `n ligsiel buitengewoon in die noute bring om haar ook tot `n val te bring, wat hom eertyds nie geluk het nie. Maar die buitengewone liefdeswil van so 'n siel waarborg haar ook steeds die toevoer van krag van bo, want sy gee nie die verbinding met My op nie. Sy word geweldig na My toe getrek en die vurige verlange van haar liefde is `n sterk wapen in die stryd teen die teenstander, waaruit sy ook as oorwinnaar tevoorskyn sal kom.
U mag egter nie glo dat uself `n liggees - `n nie-gevalle gees - by `n ander gees wat geval het, kan aansluit om die weg oor die aarde te gaan nie. Elke siel is `n oergees, geval of nie. Die gevalle oergees lê die ontwikkelingsgang af, opgelos in ontelbare substansies, voordat hy homself as mens mag beliggaam, voordat hy dus as "siel" `n menslike uiterlike vorm kan betrek. Die nie-gevalle gees hoef nie opgelos te word nie, maar betrek as siel van bo `n menslike omhulsel, soos ook die ligwesens, wat `n hoë liggraad in die ryk hierna bereik het, en nou terwille van `n missie opnuut die weg oor die aarde wil aflê, met die doel om die kindskap van God te bereik.
Sulke siele beliggaam hulleself dus direk in die vlees, wat eens deur My uitgestraalde kragstroom as “lewensasem" in die menslike liggaam ingaan en gee die uiterlike vorm die lewe. U, mense, bedink tog steeds dat al die eens geskapenes liefdeskrag is wat deur My uitgestraal is, wat deur My Wil tot “Ek-bewuste” wesens geword het, wat nooit meer kan vergaan nie. Maar Ek kan hierdie krag ook omvorm. Ek kan hierdie wesens oplos en ander skeppings laat ontstaan as Ek `n doel voor oë het daarmee - voortkomend uit My Liefde en wysheid.
Ek kan egter ook so 'n “Ek-bewuste” wese met `n menslike omhulsel beklee, wanneer `n goeie resultaat deur My Liefde en Wysheid verwag word. En elke siel, wat aangesien moet word as die eintlike lewe van `n mens, is `n oergees, wat deur My eindelose Liefde die moontlikheid gekry het op aarde om die kindskap van God te bereik, waarna elke wese wat deur My geskape is, self moet strewe en dit self moet verwerf.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205