Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE VERGEESTELIKING VAN SIEL EN LIGGAAM - WAT IS DIE MATERIËLE LIGGAAM?
B.D. 8573 - 28 Julie 1963
Elke vraag wil Ek u beantwoord op `n manier wat vir u begryplik is, selfs wanneer die diepste samehang nog nie vir u begryplik is, vanweë u lae sielerypheid nie. Tog sal u oor vraagstukke wat u besig hou en waarin u nie slaag om dit op te los nie, in onsekerheid gelaat word.
Dit sal net so lig in u word as wat u lig begeer. Die samestelling van die siel van die mens het haarself op dieselfde wyse gedra as die uiteenvalling van die wese en het plaasgevind volgens haar afvalligheid van My, volgens die verharding van haar substansie.
Die afsonderlike partikeltjies wat deur die skeppingswerke heen gegaan het met die doel om ryp te word, word weer versamel: Die mineraleryk of gesteentes, die plante- en diereryk laat alle partikeltjies wat tot `n gevalle wese behoort, weer vry, en hulle sluit hulleself ten slotte weer aaneen en vorm dan die siel van die mens. Dus is hierdie siel die eens gevalle oergees wat moet terugkeer tot My, van Wie hy uitgegaan het, as hy sy laaste wilsproef in die aardse lewe wil deurstaan - waarvoor sy vrye wil noodsaaklik is. Hierdie siel beliggaam haarself in `n omhulsel van vlees, in `n stoflike liggaam en sy bestaan uit ontelbare geestelike substansies wat nog in die begin van hulle positiewe ontwikkeling staan. Want alle materie is die geestelike wat aan die begin van sy ontwikkeling staan wat reeds die ryper geestelike in homself berg, wat daarin moet dien en so tot ontwikkeling moet kom. Die "materie" het dus `n baie lang weg vir homself totdat hy ook homself as "siel" kan beliggaam. Tog kan die weg van elke geestelike substansie van verskillende duurte wees. Die geestelike in die materie kan vinniger uitryp, ook kan die materie egter self vinniger tot 'n uiteenval kom as haar dienende funksie sonder weerstand vervul word; as die teenstand van die geestelike wat nog gekluister is in die materie vinniger afneem, en diensbaar is.
Dit sal steeds dan die geval wees as sy haarself in `n omgewing bevind waarin `n bewustelike strewe na My te bemerk is, wat al die geestelike as `n weldaad ondervind en waarvan die ontwikkelingsweg ook afgekort word, omdat sy dikwels die moontlikheid kry om te dien. (Onder "dien" is te verstaan dat die partikeltjies hulle hoogmoedige weerstand opgee en hulleself diensbaar stel teenoor die volg van die natuurwette, die verrig van funksies of die voldoen aan die lewensdoel = opm. v.d.Hollandse uitgewer).
U moet dit so verstaan: Waar nog `n verlange na die materie is, waar geen geestelike strewe te bemerk is nie - daar word die materie "opgepot". Aan haar word weinig geleentheid gegee om te dien, en die gekluisterde toestand in hierdie materie word verleng, soos dit egter ook baie verkort kan word as die mens geen vermeerdering van aardse goedere nastreef nie, en die weinige wat hy besit, steeds geleentheid gee om te dien.
Dan dra die mens self deur sy ingesteldheid teenoor My en die materie by tot `n vinniger uiteenval daarvan, en die daarin gebonde geestelike sal heel dikwels sy uiterlike gedaante kan verwissel en vinniger tot rypheid kom en ook in minder tyd die stadium bereik waarin alle partikeltjies hulleself versamel het en waarin nou die beliggaming as siel in die mens kan plaasvind. So ook is die aardse liggaamlike omhulling van die siel nog gekonsolideerde materie, waarvan die substansies tot `n eertyds gevalle oergees behoort; wat eweneens ook self as siel die wilsproef op aarde moet aflê. Geluk dit nou `n mens tydens sy lewe op die aarde om tegelyk met sy siel ook sy vleeslike liggaam te vergeestelik, wat weliswaar selde voorkom maar tog moontlik is, dan sal die geestelike substansies daarvan homself by die siel aansluit en `n bepaalde geestelike rypheidstoestand bereik. Gevolglik sal van die kant van die ligwesens, aan wie se sorg die gevalle geeste toevertrou is, ook nou op die nog in die uiterlike vorm gekluisterde wesenlike, so ingewerk word dat sy vinnig tot rypheid kom - omdat `n siel wat so 'n vergeesteliking tegelyk met die liggaam tot stand sou bring, oral baie krag uitstraal op alle substansies van die siel - wat nog die ontwikkelingsgang moet aflê.
Die siel neem dus haar vergeestelikte liggaam met haarself saam in die geestelike Ryk en sy straal hierdie vergeestelikte substansies dan weer as krag na die oerwese, aan wie sy behoort. Die wese lê dan sy ontwikkelingsweg in `n baie korter tyd af, omdat die uitgerypte geestelike ook `n terugval 'verhinder’, wanneer die siel as mens oor die aarde gaan. Want die substansies van die liggaam is verlos deur dié in die liggaam inwonende siel, en kan nou nooit meer `n terugval ondervind nie.
Bowendien sal dit ook in die vorm en krag op die siel inwerk en haar tot `n verhoogde strewe aanpor, om welke rede die mens `n baie groot opdrag daarin moet sien dat sy liggaam eweneens vergeestelik sal word. Daarom moet die mens alles doen om hierdie vergeesteliking te bereik, om nie slegs sy eie siel nie, maar ook die siel van wie die substansies hom as stoflike omhulsel dien tydens sy aardse lewe, te help.
Die aardse materie vergaan wanneer die uur van die dood gekom het. Maar `n vergeestelike liggaam sluit homself aan by die siel en stroom dan weer as krag na die oergees toe aan wie hy behoort; sodat sy `n merkbare hulp bespeur en nooit meer na die diepte kan afgly nie, omdat die reeds vergeestelike substansie dit verhinder. En u kan deur lyding en smarte van die liggaam die nog baie onrype substansies daarvan help om hulleself te ontwikkel. U kan vir hierdie geestelike wesensdeeltjies klein soenoffers bring deur in bewustelike oorgawe u lyding te dra, wat die onryp substansies van die liggaam weliswaar veroorsaak en wat egter deur u liefde die nog onverlostes sal help dra tot vergeesteliking van die liggaam.
U bring in u aardse lewe nie slegs u eie siel tot ryping nie, maar u help ook `n ander oergees om homself vinniger te ontwikkel as u al die lae geestelikheid in u, wat nog aan My teenstander behoort, verlos deur u liefde en u wil om te help, waar dit maar moontlik is.
Vind hierdie verlossing nie plaas nie, dan gaan die liggaam ook sy natuurlike weg: Dit los homself op en vergaan en dien weer vir ontelbare klein en kleinste wesens tot opbou. Sy weg is dan baie langer, maar eenmaal sal ook hierdie substansies almal byeenkom en sal ook die laaste beliggaming in die vorm plaasvind op hierdie aarde.
Bedink altyd dat die materie wat in die begin van sy ontwikkeling staan, geestelik is, wat reeds die ryper geestelike bevat om die diening moontlik te maak, waardeur die geestelike homself positief ontwikkel. En die skeiding van liggaam en siel moet u altyd maak. Dan sal u ook makliker begryp welke bedoeling en beweegredes die lyding en die smarte van die liggaam het en waarom die kruisweg van Jesus altyd weer u aan mense voorgehou word, en dit moet u navolg. Want Hy het die sonde vir u gedra.
Sy Siel was heeltemal sonder skuld en tog het Hy onuitspreeklik gely!
En wanneer u ly, bedink dan dat u ook vir die geestelike wat u as uiterlike vorm diensbaar is, tot `n boetedoening bereid moet wees, sodat u die volmaaktheid kan bereik. Want u kan die lydingsweg daarvan ook belangrik verkort. En daarom moet u liefde u daartoe bring om almal wat sondig geword het, te help verlos.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205