|
Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees BERTHA DUDDE
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29. |
|
|
DIE SAMESTELLING VAN DIE SIEL B.D.4845 - 23 Februarie 1950 Die siel van die mens is `n samestelling van onvoorstelbare miniatuurskeppinge. Sy is as`t ware uit hierdie skeppings saamgestel wat almal vroeëre beliggaming van haar was, sodat hulle as `n totale skeppingswerk van God te bestempel is, wat Sy oneindige Liefde, Wysheid en Almag in die menslike siel bewys het. Die mens kan geen voorstelling vir homself maak dat hyself die hele skepping in sy siel bevat nie. Maar as hy na sy dood in die geestelike Ryk in staat is om in homself te kyk, sal hy vol eerbied en liefde tot God die wonderwerke aanskou wat hy in homself sal terugvind. Van elke beliggaming gedurende sy ontwikkelingsgang is die sielesubstansie byeengebring, en so het die menslike siel in haar afsonderlike substansies deur die hele skepping gegaan en kan nou `n onvoorstelbare veelsydigheid laat sien. Dan eers sal dit duidelik word hoe wonderbaarlik al die skeppingswerke van God is en Sy Grootheid, Sy Liefde, Wysheid en Almag kom op die manier duidelik na vore. Dit laat die innerlike van alle wesens blywend in eerbied en liefde na God opkyk, wat Sy skepsele deur homself bewus laat word van Sy Krag en die besef om Hom Self te ken en wat hom mateloos gelukkig maak. Maar daar laat Hy `n bepaalde graad van rypheid toe dat die siel haarself kan aanskou, en daarom is dit ook `n saligheid vir hulle wat in die ligryk is. Die aanskouing van die siel is in die belofte van Jesus vervat: "Wat geen menslike oog gesien het en geen menslike oor gehoor het, het Ek berei vir hulle wat My liefhet!" Die siel kan dus in alle gebiede insae hê. Sy aanskou wat sy nooit vroeër gesien het nie, wat egter in die skepping onloënbaar aanwesig is, en sy is van haarself bewus, en dat hierdie wondere nooit ophou nie, dat sy haarself in steeds weer nuwe skeppings bevind en sy tog nie moeg word om dit te aanskou nie, maar sy steeds meer wil sien en derhalwe ook steeds gelukkiger word. Die siel is nie vir die menslike sintuie waarneembaar nie en daarom ook nie begryplik nie. Dit is vir die mens op aarde iets geestelik, maar in die geestelike Ryk die werklike. Sy is wat die geestelike skeppings tot lewe bring. Sy is die waarlik lewende in die geestelike Ryk omdat sy met die Krag van God vervul word. En so word alle gedagtes van God weer daar in die siel aangetref wat Hy tot vorm laat word deur die Krag van Sy Wil. Elke skeppingswerk is `n gedagte van God wat tot uitdrukking gekom het, en so is die menslike siel `n skeppingswerk van die grootste omvang in miniatuur-uitvoering. Maar vir die mense op aarde is die siel `n twyfelagtige begrip, “`n iets”, waarvan hulle nog nie ten volle oortuig is nie, of dit wel aanwesig is en waarvan hulle deur ondersoek ook nooit oortuig kan word nie. Die siel is vir die mense van hierdie wêreld `n niks of `n twyfelagtig objek. Maar in der waarheid is die siel die heerlikste skepping wat getuig van God se Liefde, Wysheid en Almag, wat Hom verheerlik in die geestelike Ryk, wat onverganklik is en wat die aanleiding is tot 'n voortdurende lofprysing van God deur almal wat in die Ligryk vertoef en salig is. AMEN
|
|
|
|
|