Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE BELANG VAN DIE AARDSE LEWE AS MENS
B.D.8414 - 17 Februarie 1963
U bestaan as mens is die laaste tree op die ontwikkelingstrap van die eens gevalle wese, wat as siel in u beliggaam is en nog deur `n stoflike uiterlike vorm omhul is, met die doel om dit nou te oorwin en as geestelike wese die omhulsel te kan verlaat, om die geestelike Ryk binne te gaan. In die aardse bestaan kan die laaste verandering tot die oerwese weer plaasvind, as die vrye wil korrek gerig is, dus weer bewustelik na My strewe - van wie u uself eertyds vrywillig van My verwyder het. En hierdie verandering is wel baie moontlik, omdat `n oorvloed van barmhartigheid aan die mens geskenk word. En met die korrekte benutting van die barmhartigheid ook oor die krag beskik om homself van al die onsuiwere te reinig en heeltemal in die Goddelike ordening te lewe. Om dus `n lewe in liefde te lei, waardeur hy siel en liggaam kan vergeestelik en gevolglik die terugkeer tot My voltrek.
Die mens kan egter ook alle barmhartigheid, wat tot sy beskikking staan, verontagsaam, en in plaas om opwaarts te gaan op die diepte afstuur. Hierby sal hy nie gehinder word nie, omdat hy `n vrye wil het as teken van sy goddelike herkoms. Maar hy berei vir homself dan weer `n verskriklike lot van kluistering voor, wat weer eindelose tye sal duur totdat hy weer bevry word.
U wil nie glo hoe belangrik die bestaan op die aarde vir u mense is nie, en daarom is u so lou, met betrekking tot u aardse opdrag. Maar dit gaan uiteindelik om u eie lot, en uself moet die gevolge dra. En u lot wat u uself berei het, kan nie van u afgeneem word nie. U het die keuse tussen `n ewigdurende saligheid of `n eindelose lang smartlike toestand. Maar u laat daar slegs weinig oor om eersgenoemde vir u te verwerf, eerder volg u onverskillig u aardse weg. En as u daaroor opmerksaam gemaak word, deur u medemens wat die groot gebeurtenis van die aardse lewe ken - dan hoor u hom ongelowig aan. U laat u nie beïnvloed nie, maar beskou u medemens as fantaseerders, in plaas van om self na te dink wat die rede van u aardse lewe wel kan wees
En steeds weer sal daar in u lewe dinge gebeur wat u tot nadenke kan aanspoor. Steeds weer word u gedagtes deur gesprekke, deur die lees van boeke of eie ervaringe in die rigting gelei, sodat u self nou gaan nadink en u besighou met vrae wat uself en u bestaan op aarde betref. As u maar wil glo dat die aardse lewe as mens `n groot barmhartigheidsgeskenk is, en dat dit vir u deur die regte gebruik daarvan, onvermoeide saligheid kan oplewer.
As u maar wil glo dat daar `n sin en doel aan u aardse lewe ten grondslag lê. Dat u geen "toevalsprodukte" is, wat geen verantwoording dra vir die weg oor die aarde nie - en waarmee dit met die dood van die liggaam afgeloop is. Dit is die siel, die eens gevalle oergees wat tot uiteindelike bevryding uit alle stoflike uiterlike vorms moet kom. En die lewe op aarde as mens is die laaste stappe van `n eindelose lang ontwikkelingsgang.
U, mense, is “ek-bewuste” wesens. En u is slegs daarom ek-bewus, omdat u liggaamlike omhulsel `n oergees in homself dra wat as `n ek-bewuste wese eens uit My voortgekom het. Dus nie u liggaam, u verstand, veroorsaak by u die “ek-bewussyn” nie. Dit is die siel wat u eintlike lewe is en wat ook die mens eers tot `n “ek-bewuste” wese laat word. Want sonder hierdie siel is die mens slegs `n stoflike uiterlike sonder lewe, ook al is alle organe aanwesig, wat egter sonder die siel geen enkele funksie kan uitoefen nie. Hierdie uiterlike vorm, die liggaam, het die siel nodig om te kan lewe: `n Oergees, wat die liggaam eers lewend kan laat word en hom tot elke werksaamheid in staat stel.
U, mense moet u steeds voor oë hou dat u met `n bepaalde doel oor die aarde gaan - en u sodoende die beweegredes en die doel daarvan moet probeer deurgrond. Dan sal u ook uitsluitsel gegee word deur gedagtes wat Ek u Self sal ingee, sodat u tot insig kan kom. Steeds weer sal Ek My bodes aan u stuur en deur hulle probeer om u daartoe te bring om na te dink. Dit sal u waarlik maar net tot seën wees as u nie onverskillig deur die lewe gaan nie, maar ook die gawe van die verstand benut, wat u tot die korrekte houding teenoor u God en Skepper kan voer - en u dan ook verseker tot die korrekte insig sal laat kom. Want Ek dra waarlik sorg vir elke mens afsonderlik, sodat hy die kort barmhartigheidstyd as mens goed gebruik en sy einddoel bereik, dat sy siel weer terugkeer tot My - van Wie hulle eens as geskape geeste uitgegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205