|
Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees BERTHA DUDDE
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29. |
|
|
DIE INDIVIDUALITEIT VAN DIE SIEL – DEEL 2 B.D.8117 - 25 Maart 1962 Ek wil u nogmaals `n opheldering oor die siel gee, sodat dit heeltemal duidelik in u kan word. Van die geestelike, wat Ek die lewe gee, dit wil sê, wat Ek as iets wesenlik buite Myself geplaas het, kan u nie die individualiteit ontken nie. Dit was `n wese na My ewebeeld geskape, hy was as heeltemal afsonderlik deur My in die oneindigheid geplaas, hy was “Ek-bewus” en herken homself dus ook as `n denkende wese met `n vrye wil. Hy was `n miniatuur van Myself, maar in verhouding met My Oervolheid was hy tog maar `n nietigheid, sodat wel van `n vonkie uit die see van vuur van My Liefdeskrag gepraat kan word. En tog het hy `n eie aard waardeur hy oor homself kon beslis, behalwe dan dat hy voortdurend deur die toestroom van My Liefdeskrag met My verbonde was, wat egter die wese self op geen enkele wyse belemmer het nie. Hy was vry en vol lig en krag. Hy was `n goddelike skepsel wat in hoogste volmaaktheid uit My voortgekom het, wat dus ook op geen enkele manier `n beperking van My kant af ondervind het nie. Elke begrensing of beperking van sy lig en krag het hy homself aangedoen, omdat hy vry oor homself kon beslis. En dieselfde geld ook vir alle geestelike wesens wat die eerste geskape gees met gebruik van My Krag in die lewe geroep het, deur sy vrye wil. (Lucifer) Hulle was net so hoogs volmaak en elke wese was van homself bewus, dus `n afsonderlike wese wat, op homself geplaas, in alle selfstandigheid in die geestelike Ryk in vrye wil kon skep en werk. Geen wese was dus deur dwang aan My en My Wese gebonde nie, elke wese het hom vry beweeg en op sigself te midde van geestelike skeppings en was onmeetlik salig. Wanneer daar nou dus oor `n "val van die geeste” gespreek word, die afsinking van die oergeeste in die diepte, dan is dit so te verstaan dat die wesens hulleself verset het om die uitstraling van My Liefde aan te neem, dat hulle die kragstroom van My liefde afgewys het, wat onafgebroke van My uitgaan en alles deurstroom met lig en krag. Hulle het My Gees van Liefde nie meer aangeneem nie en het hulleself vrywillig van My geskei, maar kon tog nooit vergaan nie, omdat hulle Liefdeskrag is wat deur My uitgestraal was en sal dit ook bly tot in alle ewigheid. Elke gevalle oergees was `n wese op sigself met `n eie aard, en dit bly hy ook tot in alle ewigheid. Hy het homself van die Ewige Lig, van die Oerbron van Krag verwyder en word daardeur totaal sonder lig en krag. Maar tog bly hy die oergees, die wese wat eens in hoogste volmaaktheid van My uitgegaan het. En al vind die eindelose lang proses van die terugbring tot My plaas, waarin die wese as opgelos en in sy partikeltjies deur alle skeppings moet gaan - al hierdie partikeltjies versamel hulleself weer en vorm in eindelose lang periodes weer die “Ek-bewuste” wese, die gevalle oergees - sodat hy kort voor sy voltooiing as siel van `n mens weer vry kan beslis of hy wil terugkeer in die ryk van die geluksaligste geeste, of sy terugkeer weer eindeloos verleng deur sy eie weerstand. Dog die “Ek-bewuste” wese - die mens - die eens deur My buite My geplaaste gees as siel in sigself, sal altyd en ewig dieselfde individu wees en bly, wat eens uit My voortgekom het. Hy was volmaak, maar kies uit vrye wil die dieptes, maar hy het nie vergaan nie en is en bly ewig die “Ek-bewuste” wese - met uitsondering gedurende die werk van die terugvoering deur die skepping, waarin die “Ek-bewussyn” hom ontneem word, waarin hy opgelos word en in die "jy moet" toestand die weg van opwaarts gerigte ontwikkeling gaan.En of die wese nou ook meermale die weg deur die skeppings van die aarde moet gaan, steeds sal hy dieselfde “Ek-bewuste” wese bly wat homself eens van My afgekeer het, wat My Liefdeskrag afgewys het en sodoende uit vrye wil die skeiding met My voltrek het, wat egter nooit meer kan plaasvind nie, omdat alles wat uit My voortgekom het, onlosmaaklik met My verbonde is. Dus moet die "afvalligheid van die geeste", ook letterlik opgeneem word. Wat Ek uitgestraal het as “Ek-bewuste” wesens het geval, omdat Ek dit nie verhinder het nie, omdat hulle in vrye wil oor hulleself kon beslis. En die wese, hierdie gees moet weer in hoogste volmaaktheid na My toe terugkeer as hy homself weer met My wil verenig, om dan vir ewig onvergelykbaar salig te wees. Want sodra Ek die wese weer met My Liefde kan bestraal het hy ook weer in sy oertoestand teruggekeer. Maar altyd bly hy homself bewus van sy uniekheid. Hy is innig met My versmelt en tog `n vry wese wat ewenwel heeltemal in My Wil binnegegaan
|
|
|
|
|