Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

OPHELDERING OOR DIE OERGEES EN SY AFVALLIGHEID
B. D. 8458 - 5 April 1963
Al My sorg gaan uit na u toe wat My Wil dien in die laaste tyd voor die einde, want u moet nog baie dwalinge regstel wat Ek aan u blootlê en u daarom die middele in die hand gee om teen dit in te gaan; wat u nooit sou kon doen sonder die stuur van My Woord uit die hoogte nie. Ek weet waar die denke van die mense nog verward is. Ek weet, waar hulle vir hulleself opvattinge in hulle vasgemaak het wat hulle nie graag wil opgee nie, wat egter nie volgens die waarheid is nie. Ek wil almal opheldering gee, Ek wil die denke verlig van hulle wat van My uit die opdrag het om die waarheid te versprei.
Ek kan u altyd net weer dieselfde uitleg gee, dat u wesens is wat eens deur My uitgestraal is, wat hulle einddoel nie nagekom het nie, omdat hulle teen My in opstand gekom het. Wat Ek nou uitgestraal het as krag, was “Ek-bewuste” skepsele, in staat om na te dink en met `n vrye wil begunstig; dus geen dooie meganismes nie. Hulle het lewe in hulleself - want My krag - wat hulle oersubstansie was, is en bly iets lewend - wat aanspoor tot gestadige werksaamheid. Ek gee hierdie krag dus die vorm van wesens, wat egter geestelik te verstaan is. Hulle kon mekaar wedersyds aanskou as skitterende skepsele in die stralendste lig, elke uitgestraalde skepsel was ook `n wese op homself. Hulle was as onafhanklik voortgebring en was voortdurend met My liefdeskrag deurstraal. Hulle was ewebeelde van Myself. Hulle was miniature van My eie Wese, wat selfstandig in krag en lig kon werk en hoogs volmaak was, omdat slegs die volmaakte uit My kan voortkom.
Hierdie wesens het aan My ontrou geword en verander dus deur hulle vrye wil in die teendeel. Hulle het hulle volmaaktheid verloor, gebrekkig en ellendig geword, want die Goddelike liefdeslig wat hulle deurstraal het, het hulle afgewys en as gevolg daarvan ontdoen hulle hulleself van die goddelike. Die wesens het egter bly bestaan, slegs die Liefde het hulle prysgegee. En dit was moontlik, omdat hulle as bewys van hulle goddelike oorsprong, ook `n vrye wil besit het, wat homself na alle rigtings kon ontplooi en wat homself vir die teenoorgestelde rigting uitspreek. Die wese het dus die liefdeskrag van God - My voortdurende liefde aanstraling afgewys, en dit verklaar hulle val in die diepste diepte, omdat hulle onbekwaam geword het om werksaam te wees en in hulle substansie verhard het. Die deur My in alle volmaaktheid geskape wese het homself dus vrywillig van My verwyder en het homself steeds meer na die diepte begewe.
Hierdie afvalligheid van die geeste van My was reeds aan u duidelik gemaak en u weet waarin hierdie afvalligheid van My bestaan; wat My liefde afgewys het. Die wesens het daardeur onbekwaam geword om te werk. Omdat die wese egter in homself My uitgestraalde krag was, en nie passief kan bly nie, moes die krag hom op `n ander manier laat voel. En dit het dus moontlik geword, deurdat hierdie krag omvorm was tot skepping en nou volgens My Wil werksaam is, dus verrig die gevalle wese `n dienende funksie in 'n ander vorm - onderhewig aan die wet van "jy moet"; wat gekluister deur die skeppingswerke gaan, met die doel van `n langsame opwaartse ontwikkeling, dit is die gevalle geestelike skepsels wat eens uit My voortgekom het.
Dit is die wesens wat Ek as hoogs volmaak geskep het, wat Ek as selfstandig buite My geplaas het as My ewebeeld, en wat hulleself nou op `n smartlike weg bevind om terug te keer, hulle weer moet omvorm tot wat hulle oorspronklik was. En daar kan aan u geen duideliker antwoord gegee word wanneer u vra waar die gees gebly het, toe die wesens geval het.
Oor welke gees spreek u? Ek het geestelike wesens geskape en hulle het van My afvallig geword. Die siel is dus nie die siel van `n gees nie - nee, die siel self is die eens gevalle oergees, wat haarself, met die doel van uiteindelike voltooiing, in die mens beliggaam. En beliggaam `n nie-gevalle oergees haarself, dan is die se siel gewoonweg hierdie oergees, en nie slegs `n deel daarvan nie.
Dat alle gevalle geeste nou ook steeds met sorge omring word gedurende die hele proses van terugkeer deur wesens van die lig, wat heeltemal ingegaan het op My Wil tydens hulle beproewing – sal vir u steeds weer duidelik word. Want hierdie ligwesens vind hulle geluk daarin, om by te dra tot die uiteindelike terugkeer van die gevallenes. Hulle oorgrote liefde dra steeds sorg vir alle skepsele. Hulle sorg steeds vir nuwe omhullings wat die gevalle geeste `n opwaarts gang moontlik maak. Want die liefde sal altyd volgens My Wil werksaam wees en daarom ook voortdurend toestroom na wat nog onvolmaak is, sodat sy haarself bewustelik verander tydens die lewe op aarde en weer dit word wat sy in die allereerste begin was. En hierdie ommekeer word daarom ook slegs deur die liefde tot stand gebring wat die wese as mens nou self moet ontsteek om weer die vereniging met My te vind, wat hom tot `n geluksalige wese sal maak, tot in alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205