Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

OPSTANDING - DIE VERGAAN VAN DIE VLEES
B.D.7262 - 21 Januarie 1959
U almal wat leef, sal na die liggaam sterwe, u siel sal egter opstaan tot die lewe of ook in die dood bly, as sy die lewe nie nagestreef het op aarde nie. Vir u almal wat verlang om te lewe, is die opstanding dus ook verseker. Want hulle wat nie aan die opstanding glo nie, begeer ook nie die lewe van hulle siel nie; slegs die aardse liggaamlike lewe is vir hulle wel begeringswaardig en dit trag hulle om te verleng vir sover dit in hulle vermoë lê.
Maar hulle sal sterwe en ewig nog in die dood vertoef, ook al sal hulle eens met sekerheid verrys. Wie egter die lewe van sy siel soek en nastreef, kan ook verseker daarvan wees dat hulle sal verrys tot die lewe na die liggaamlike dood. Want daarvoor het Jesus Christus die bewys gelewer, wat op die derde dag verrys het uit die dood, wat die dood oorwin het en hom wat die dood in die wêreld gebring het. Sy opstanding word weliswaar betwyfel deur gelowige en ongelowiges, want selfs die gelowige kan die grootste wonder nie begryp nie en is dikwels geneig om `n ligte twyfel te laat opkom solank hy net glo, maar die geloof nog nie tot `n ware lewe gewek het nie. Sodra My Gees egter kan werk in die mens, word die vertwyfeling ook vir hom opgehelder, en die opstanding van Jesus Christus sal vir hom dan `n duidelike bewys wees vir sy eie opstanding. Hy sal weet dat hy nie sal sterwe nie, maar slegs uit die teenswoordige lewe die ryk hierna sal binnegaan, waar hy sal lewe tot in ewigheid.
Die opstanding van Jesus Christus is vir die mense `n baie omstrede probleem, want die mense wil enersyds twyfel en andersyds `n opstanding van die vlees daaruit aflei, omdat hulle glo dat ook Jesus in die vlees opgestaan het op die derde dag. Dit is vir hulle nog nie duidelik dat Jesus Hom slegs daarom vir die mense sigbaar gemaak het, om hulle te help om te glo, dat hulle egter steeds net Sy geestelike liggaam gesien het wat homself aan hulle geestelike oog sigbaar bekend gemaak het.
Alle substansies van Sy menslike liggaam het homself deur Sy kruisdood vergeestelik en dus het die "Mens" Jesus `n geestelike bekleding aangetrek, toe Hy Hom aan Sy dissipels vertoon het. En die geestelike bekleding sal u mense ook aantrek by u opstanding tot die lewe. Die stoflike liggaam bly agter en die positiewe ontwikkelingsgang van sy substansies word voortgesit.
Die vleeslike liggaam vergaan dus en sy substansies bring weer ander vorme tot lewe wat nog aan die begin van hulle ontwikkeling staan. Dus sal hulle ook nooit meer die siel omvat nie, nooit meer die siel `n onderdak (beliggaming) bied en tegelyk met haar verrys nie. Tog sal die siel verrys as sy My Wil op die aarde vervul het. As sy daarna streef om opgeneem te word tot die lewe, wat Ek haar beloof het toe Ek as mens Jesus op aarde geleef het.
U is almal verseker van `n opstanding, maar die tyd bepaal uself. Maar `n opstanding van die vlees moet u vir uself korrek voorstel; want u werk in die vlees word wel beoordeel en hierna sal u opstanding kom tot die lewe, of ook, u dade sal getuig teen u en u die dood besorg; dus die verbanning tot die vaste materie. En dit is weer `n eindelose ewigdurende toestand van magteloosheid en duisternis, `n toestand van die dood wat u egter self nagestreef het op aarde, omdat u sonder geloof was dat u bestem is vir die lewe, maar nie vir die dood nie.
Daarom het Ek uit die dood opgestaan om u mense die bewys te gee. En tog kan u dit eers glo wanneer u, deur `n lewe in liefde, u gees wek, wat u dan alles duidelik sal maak en u sal onderrig. Dan mag u ook met oortuiging glo wat nie aan u bewys kan word nie. Streef na die lewe en u sal ewig geen dood hoef te vrees nie, u sal tot in ewigheid lewe in krag en lig en vryheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205