Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE VERENIGING VAN DIE GEESTESVONK MET DIE VADERGEES
B.D.6575 - 17 Junie 1956
Wanneer die gees in die mens tot die lewe ontwaak, dan is die verbinding met My ook tot stand gebring. Want die gees in die mens is `n vonk van My Vadergees, hy is `n deel van My en sodoende dieselfde as Ekself - sodat u nou ook tereg mag sê: "God is in my!". Want die gees in u ontwaak eers dan tot lewe, wanneer u die liefde beoefen en dan kan Ek ook as die ewige Liefde Self in u wees.
U almal dra nou weliswaar hierdie goddelike vonk in u, maar hy kan deur u eie wil - deur u lewenswandel - bedorwe word en so bly tot u dood. Dan het u u lewe dus sonder God geleef, omdat u sonder liefde geleef het en daarom elke band met My na u, onmoontlik maak. Maar u het u aardse lewe geleef en sodoende `n groot barmhartigheid onbenut gelaat. U het nie die doel van u beliggaming as mens nagekom nie. U het u nie verenig met My nie, maar het in u eieliefde bly vassteek, waarin u uself eens deur u afvalligheid van My, begewe het. Om hierdie vereniging moontlik te maak, het Ek u deur `n groot daad van barmhartigheid tegemoetgekom. Ek het vir die eerste keer `n vonkie van My goddelike Gees in u gelê en spoor u nou gedurig aan om die vonkie te laat ontbrand, deurdat Ek u deur middel van lotgevalle in situasies plaas, waarin u vanuit `n goeie wil, werk in liefde kan verrig.
Dit was en is vir u mense baie moontlik om die liefdesvonk in u tot `n vlam te laat word. Dit ontbreek u waarlik nie aan geleenthede nie, maar dit is `n daad van die vrye wil en u kan dus ook versuim om in liefde te lewe. Dan sluimer die gees in u en kan homself nie uiter nie. U het dus nie die verbinding met My tot stand gebring nie en is dood - ofskoon u dink dat u lewe. En u aardse lewe is dan tevergeefs, omdat `n lewe sonder God nooit tot vooruitgang kan lei nie, maar daarenteen die verbinding met My teenstander aantoon. Ekself kan dus nie in u wees nie, omdat u die toegang van My tot u self belet deur u liefdelose toestand.
Hierdie toestand onder die mense is heelwat in teenstelling met dit, waarin die mense hulleself innig by My aansluit, waarin hulle in die liefde lewe en hulleself laat lei deur My Gees. Die eerste toestand is altyd dan te sien, wanneer die mense geen geloof meer het in Jesus Christus nie, wat hulle deur Sy kruisdood wil help om hulle swak wil te versterk - om hulle los te maak van My teenstander.
Die goddelike leer van die liefde wat die mens Jesus op aarde gepredik het, moes aan die mense die weg toon tot die eenwording van die geestesvonk in hulle met die Vadergees van die Ewigheid. Daarom leef Jesus vir Sy medemens `n lewe in liefde voor en bewys hulle ook die resultaat van so 'n lewenswandel - die totale vereniging met My, wat in Sy taal en werk op aarde te sien was. Wat vir die offerdood van Jesus onmoontlik was deur die swak wil van die mense, wat nog met die oersonde belas was, dit kon die mense na Sy kruisdood volbring, omdat hulle die krag daartoe geskenk was - sodra hulle Jesus Christus erken as God se Seun en Verlosser van die wêreld en hulle `n beroep op Sy hulp doen. En nou was dit ook moontlik dat hulle die vereniging met My self tot stand kon bring, dat hulle self deur werke van liefde, die geestesvonk in hulleself tot lewe kan wek en Ek Self nou in hulle kan werk.
Egter sonder Jesus Christus, kan die gees van geen enkele mens gewek word nie, want Ekself kan nie wees in hom wat Myself afwys nie, wat nie in My glo nie, dat Ek hom verlos het van sonde en dood. My geestesvonk rus weliswaar in elke mensesiel, maar die liefde wek hom eers tot lewe. Die liefde herken egter vir Jesus Christus! Sy herken My in Hom en sy verbind haarself met My - of anders gesê: die liefde is die goddelike vonk, wat haarself met die Vuur van die ewige Liefde wil verenig. Dan is daar egter lewe in u, al verloor u ook u aardse lewe. U het al uit die dood opgestaan tot die lewe, sodra die gees in u lewend geword het en u kan nou vir ewig nie meer die lewe verloor nie, omdat u nou teruggekeer het tot My - en dat by My vir ewig geen dood meer bestaan nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205