Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIT MOET LIG WORD ONDER DIE MENSE
B.D.8658 - 29 Januarie 1963
`n Groot geestelike gebied word vir u mense ontsluit, u, wat uself deur My laat onderrig. Want deur My en tussenpersone kan Ek hierdie kennis aan almal laat toekom wat alleen daarna verlang en deur `n lewe van liefde ook in staat sal wees om dit te begryp. Dit behels `n gebied wat `n mens nie met die verstand kan navors nie, wat vir u mense, ook onbewysbaar is en bly solank u innerlike - deur die gees - `n helder lig geskenk word, wat vir u die bewyskrag sal hê dat u uself in die ware kennis bevind.
Die geestelike gebied is onuitputlik. U God en Skepper sal u voortdurend onderrig en u steeds insig besorg, as u ten minste die voorwaardes nakom wat van u gevra word - dat u uself innig met My verbind in die gebed of deur dade van liefde, want die verbinding met My moet aanwesig wees, omdat u andersins in `n ewige geestelike blindheid sal bly. Want Ek Self is die Lig. Ek is Waarheid - Ek is die Bron waaruit Liefde, Lig, en die diepste Wysheid stroom. En hierdie stroom kan slegs vloei as die kontak tot stand gebring is wat uself moet lê, want u het dit vrywillig verbreek.
Dan word daar egter vir u `n gebied ontsluit wat u nie maar net as `n mens nie kan betree nie, as die kontak met My nie bestaan nie. Alles lê dan duidelik voor u. U deursien die geestelike samehang, u begryp My bestuur en My werksaamheid. My heilsplan van die Ewigheid word aan u onthul en is vir u begryplik. U verneem oor geestelike gebeurtenisse wat u bestaan as mens ten grondslag lê. U begryp ook die verskynsels in die natuur en kan wat daar om u heen gebeur, verklaar. My Wese word aan u onthul en baie sluiers wat nog voor u oë hang, trek weg. U kan ook insae kry in geestelike wêrelde, al is dit vereers slegs in gedagtes wat u daaroor ingelig word. Want u moet eers `n bepaalde graad van rypheid bereik het, voordat u geestelike oog homself open en `n geestelike aanskouing toelaat.
Kennis wat u as mens volledig ontbreek, sal deur My Vaderliefde aan u geskenk word, wat u weer in die staat wil sien soos eertyds voor u afvalligheid van My, toe u uself bevind het in die helderste lig van die insig en om salig te wees. U moet weer tot die toestand terugkeer en kan dit ook tydens u aardse lewe as mens bereik. U moet egter daarna strewe, dit kan u nie geskenk word nie. U moet uself bewustelik met My verbind, My erken as u God en Skepper, as u Vader. U moet vurig na My teenwoordigheid verlang, wat u dan ook barmhartigheidgawes verseker van die hoogste waarde. Want My eindelose liefde wil haarself wegskenk en Ek wil u dus ook weer die helder lig van die insig teruggee, wat uself vertroebel het en toe heeltemal verloor het.
Bedink slegs in welke geestelike duisternis die mensdom ronddool - bedink dat maar weiniges `n sfeer van lig om homself heen skep. Dat dus as gevolg van slegs "ligvonkies" se opflits op die aarde, wat weliswaar elke mens sou kan opvang en dit dan voldoende sou wees om weer `n lig te ontsteek in die hart van `n mens wat die duisternis sou wil ontvlug. Bedink hoeveel gelukkiger die mense sou wees as hulle maar `n klein mate aan insig sou besit, wat hulle self weer telkens kon vergroot. Dan sal daar reeds `n lig in u ontsteek het; begryp dat Ek alles sal bevorder wat daartoe bydra dat dit lig word onder die mense. U sal begryp dat Ek Self vir My ook ligdraers oplei wat Ek met `n ryke kennis uitrus, wat Ek steeds dieper in die waarheid binnelei, wat slegs uit My kan voortkom. En dat Ek hierdie ligdraers weer opdra om hulle lig te laat uitstraal, sodat die duisternis wat op die mensdom druk, deurbreek kan word.
Ek wil nie dat u mense in dieselfde duisternis die aardse lewe verlaat as waarin u dit betree het nie. Ek wil dat u in die lewe as mens weer na lig verlang, en u verlange sal ook waarlik vervul word. En reeds op die aarde sal dit u gelukkig maak as dit helder in u word, as u leer begryp waarom u op aarde is en wat u eintlike lewensopdrag is. Want slegs Ek weet dat hierdie gees dan eers weer salig kan wees, as hy homself in die stroomkring van My liefdesuitstraling sal bevind. En in hierdie stroomkring wil Ek hom reeds as mens op aarde binnetrek en stuur hom daarom steeds weer strale toe wat in hom `n lig sal ontsteek, wat dan vanself soos die Oerlig van die Ewigheid lyk.
Dit wil dus sê, Ek skenk elke mens vereers `n bietjie kennis wat reik tot in die geestelike gebied - wat die mens uit eie wil kan vergroot. Hy kan gedurig aanspraak maak op die kragstroom van My liefde. Hy kan homself in die besit stel van geestelike rykdomme as hy hierdie kragstroom gebruik om te werk in liefde en dan ontsteek die liefde in hom `n steeds groter lig.
En lig beteken kennis, insig en die diepste wysheid, steeds egter op geestelike gebied, wat nie vir die verstand toeganklik is nie. Want Ekself sal dit op My neem om die mense te onderrig wat hulleself aan My toevertrou en My om verligting van hulle gees bid. Hulle sal `n omvangryke kennis in ontvangs mag neem en so dus langsaam die toestand van insig binnegaan, waarin hulle hulleself eertyds bevind het. Die duisternis wat My teenstander oor hulle uitgesprei het, sal van hulle wyk.
Hulle sal weer tot die lig kom, omdat hulle bewustelik die verbinding met My - die Oerlig van die Ewigheid tot stand gebring het en hulleself weer deur My laat aanstraal soos eens, toe hulle in alle volmaaktheid van My uitgegaan het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205