Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

"MY GOD, MY GOD, WAAROM HET U MY VERLAAT?"
B.D.8201 - 27 Junie 1962
My lyding en sterwe aan die kruis was onuitspreeklik smartlik, en alle pogings om die lyding te beskryf sou maar `n swak vergelyking wees met dit wat Ek gely het, want Ek het elke fase van My verlossingswerk voorsien. Ek het geweet waaruit My laaste opdrag bestaan en Ek het nie die troos gehad om die kwellinge vir Myself te verminder nie, want Ek moes die laaste ure maar net as `n 'mens' deurstaan.
Ek het wel alle krag besit, omdat die liefdeskrag van God, My Vader van die Ewigheid, My deurstroom het tot die laaste, maar Ek het self, deur My Wil, die Liefdeskrag nie meer toegelaat nie. Ek het nie toegelaat dat Sy Haarself in My laat voel nie, om sodoende nie met Haar hulp die pyne te verminder of op te hef nie. Want in die geval sou die verlossingswerk nie volledig gewees het nie, omdat hier die grootste mate van lyding nodig was om die oorgrote skuld van die oersonde van die mensdom te delg.
En die Godheid in My het My Wil geken en Sy het My daarin vry gelaat. Sy het Haar teruggetrek omdat Ek dit so gewil het, om My liefde vir die mense tot die hoogste graad op te voer, wat tog alleen net My Vader betref, na Wie Ek vurig verlang het in die grootste nood, in die swaarste lyding en in die besonder, gedurende die laaste minute van My liggaamlike lewe. En die verlange het gegroei, omdat Ek geen beroep meer op Sy hulp en op Sy liefdeskrag kon doen nie.
En in hierdie hunkering na Hom, My Vader van die ewigheid, roep Ek die woorde uit: "My God, My God, waarom het U My verlaat?" Ek self het dit gewil om die werk van erbarming vir die sondige mensdom as mens tot `n einde te bring, omdat dit die grootste liefde was wat Ek My Vader kon bewys. Dat Ek My in Sy plek aan die kruis laat nael het, want Hyself het tog na die aarde toe neergedaal en het in My Sy intrek geneem, omdat Hyself die verlossingswerk vir Sy kinders wou bewerkstellig - maar as God nie kon ly nie. En so het Ek vir Hom alle lyding en smarte op My geneem en dit verdra tot die einde toe.
Maar hoe dikwels en hoe begryplik Ek dit ook vir u probeer duidelik maak, u sal dit tog nooit ten volle kan begryp, totdat die geestelike Ryk u opgeneem het, die Ryk van Lig en Saligheid. Steeds bly die eenvoudigste verklaring die woorde: "Die Vader en Ek is Een". Die volledige Eenwording. En daarom kon Ek sê: "Dit is volbring!" Die mens Jesus het Sy lewe gegee en Hy het as mens gely en `n ontsaglike smartlike dood gesterf. Maar Hy het Hom ook met die Ewige Godheid verenig, want tot die einde toe was daar liefde in die mens Jesus, anders sou Hy nie gesê het: "Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie"
Toe die liefde haarself stilhou, was dit nodig om die verlossingswerk tot `n einde te bring, sodat die dood ook nou deur alle mense in Sy omgewing vasgestel kon word, sodat Sy liggaam in die graf gelê kon word - waaruit Hy weer op die derde dag verrys het. Want elke uitspraak teen die Goddelike Gees, wat die mense nog in vertwyfeling kon bring oor die kruisdood van Jesus, nadat die mens Sy verbinding met My ingesien het, en die geloof in die verlossingswerk sou dan `n gedwonge gevolg gewees het – wat egter vir die mens `n beslissing in vrye wil moet wees.
Ook dit sal u nog nie korrek kan verstaan nie. Maar as u u gees met die Vadergees van die Ewigheid verenig, sal dit lig in u word en u sal dan ook My Woord kan verstaan, wat altyd probeer om aan u opheldering te gee en dat u dan ook volgens die graad van rypheid, oftewel die graad van liefde van u siel kan begryp. Want in die besonder oor die verlossingswerk, moet aan u die suiwer waarheid en volledige begrip geskenk word, sodat u die grootte van My liefde kan omvat, wat vir u mense, vir u sondeskuld na die aarde gekom het; wat die verlossingswerk volbring het om vir u die weg weer vry te maak tot die Vader, om u groot sondeskuld te versoen - want dit het vir u ewiglik die weg na die Vaderhuis versper.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205