Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

JESUS HET ONMEETLIK GELY
B.D.8463 - 9 April 1963
U moet steeds daaraan dink wat die mens Jesus vir u gely het, omdat Sy liefde u wil help om vry te kom van die kettings van Satan. Al u skuld het Hy op Hom geneem en bomenslik gely vir die versoening van hierdie skuld en ten slotte hierdie skuld betaal met die smartlikste dood aan die kruis.
En al word die grootte van Sy offer en die maat van Sy lyding weer altyd vir u voorgehou, tog is dit vir u gevoelsmatig nie moontlik om met die lyding saam te voel nie en tog moet u baie dikwels hieraan dink, om ook Sy oorgrote liefde wat Hom beweeg het om ons te verlos, tot u te kan laat deurdring.
Sy siel was rein en vlekkeloos. Hy het uit die hoogste ligsfere gekom na die duister sondige wêreld. Hy het na `n mensdom toe gekom, wat sondig was deur die vroeëre afvalligheid van God en wat ook weer in die aardse lewe gesondig het, omdat hulle onder die invloed staan van die teenstander wat die mense aanpor tot liefdeloosheid. Maar hulle kon hom nie weerstaan nie, omdat hulle heeltemal verswak was deur die las van die oersonde. Die mense het hulself in `n diep geestelike duisternis bevind en kon daarom ook nie die vyand van hulle siel deursien nie - en sodoende het hulle hulself in diep geestelike nood bevind en kon deur eie krag ook nooit vry word daarvan nie.
En Jesus het Hom oor hierdie mensdom ontferm, want dit was Sy gevalle broeders wat vir ewig van die Vader geskei sou bly - en wat Hy daarom wou help, wat hy weer die weg wou toon wat na die Vaderhuis terugvoer. Jesus het Hom vrywillig aangebied vir `n werk van versoening, wat u mense nie kan besef nie. Hy het liggaamlik en geestelik gely, want wat die mense Hom kon aandoen om Hom te pynig, wat mense Hom aan lyding en pyn kon berokken, dit het die mense gedoen, wat aanhangers was van die teenstander, wat die verlossingswerk uit alle mag wou verhinder.
Wat Sy siel egter deurstaan het in die ryk van die vors van die duisternis, uitgelewer aan sy knegte en handlangers, is vir u mense onbegryplik. Want die Siel het uit `n Goddelike ligsfeer gekom en het afgedaal in die hel, in die gebied van God se teenstander, waar dit duister was en waar die Siel onbeskryflike pyne moes verduur, omdat al die sondige, duistere haar smartlik aangeraak het; omdat al die nie-geestelike hulself aan die Siel vasgeklem het en probeer het om Haar saam met hulle in die eindelose dieptes in te sleur.
Hy het egter weerstand gebied, Hy het homself bedien van die krag uit God. Want die Siel van Jesus was vol van liefde, en hierdie liefde was Haar krag wat vir Haar die verlossingswerk moontlik gemaak het. Jesus het die rampsalige toestand van die mense op die aarde gesien. Hy het hulle onmag en hulle blindheid gesien en Hy het in Sy liefde die stryd opgeneem met hom, wat die mense in sy mag gehad het, wat hulle in die ongeluk gestort het en wil verhinder dat hulle `n uitweg hieruit kon vind. Jesus het Sy liefde gestel teenoor sy haat en sy bose werke, en hierdie liefde was sterker as die haat, dit het die teenstander oorwin. Hierdie liefde het Hom opgeoffer vir die medemens, en die liefde het deur Sy dood aan die kruis die mense vrygekoop van hom wat hulle gevange gehou het. Die prys was baie hoog. Jesus het alles oorgehad vir die sondeskuld van die mense. Hy het Homself geoffer. Hy het Sy teenstander bewys dat die liefde sterker is as die haat, dat die liefde alles volbring, dat Sy selfs nie vir die dood terugskrik as dit daardeur die onvrye die vryheid sou wou besorg nie. As Sy daardeur die dooie weer tot lewe kon bring en die gevangene aan hulle tronkbewaarder kon ontruk. Geen smart en lyding vir die mense was te groot, sodat Jesus die verlossingswerk sou opgee nie; want Sy Goddelike erbarming met die sondige mensdom was so groot dat niks hom meer teë gehou het nie. Hy het gelate en gewillig die dood ingegaan, terwyl Hy vooraf al bomenslike lyding verdra het, terwille van die sonde van die mensdom. En as u mense hieraan dink dan moet u tog wel sonder om te draal in vurige liefde tot Hom gaan. U moet uself onder die kruis haas om aan hulle te behoort vir wie die mens Jesus Sy bloed vergiet het.
U moet so van die krag van Sy liefde deurdring wees, dat u hierdie liefde uit die diepste van u hart beantwoord en uself heeltemal aan Hom oorgee, om aan Hom te behoort en Syne te bly tot in alle ewigheid. U kan uself nie dikwels genoeg Sy lyding en sterwe voor oë hou nie, en u sal dan steeds nader aan Hom kom as u bedink dat u self al die lyding wat Hy verdra het, sou moes dra om die groot skuld te versoen - en dat Hy u daarvan verlos het. Dit was slegs moontlik deur die liefde wat in Hom woon. En hierdie Liefde was God Self, wat die mens Jesus heeltemal deurstraal het en Hom die krag gegee het om die werk van erbarming te volbring en die teenstander te oorwin. Want die liefde is die krag waarvoor selfs die teenstander van God moes beswyk, sodat hy die siele moet laat gaan wat die weg tot die kruis neem en vir Jesus Christus erken as die Goddelike Verlosser – en tot Hom bid dat Hy hulle skuld mag vergewe.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205