Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

"AAN MY IS GEGEE ALLE MAG IN DIE HEMEL EN OP AARDE”
B.D.7031 - 2 Februarie 1958
Hierdie woorde kon Ek tereg sê toe Ek op aarde geleef het. Want dit was My Vader wat in My was en wat My hierdie mag gegee het. Met Wie Ek Een geword het en wat My daarom heeltemal vervul het, sodat Hy Self in My en deur My kon werk.
En hierdie mag het Ek ook na My aardse lewe behou, want slegs My aardse omhulling was vir My hemelvaart iets menslik; alles wat in haar geberg was, was God, wat Hom in Jesus Christus vir alle wesens sigbaar maak.
En dus spreek die mens Jesus wel die woorde: "Aan My is alle mag gegee..." maar die Godheid in hierdie mens beskik Self oor die mag.
Sodoende kon Ek Myself omskryf as Die Een wat alle mag het in die Hemel en op aarde, omdat daar geen skeiding was tussen die ewige Gees van die Skepper en Hom, wat My in Hom opgeneem het nie. En hierdie mag sal Ek ook aan geen ander wese buite Myself oordra nie, want dit behoort tot My Oerwese wat in Homself Liefde, Wysheid en Almag is.
Wie dit begryp, weet ook dat slegs My Wil dus regeer. Dat dit dus slegs wesens met volmag kan wees wat volgens My Wil handel of wesens wat hulself teen My Wil verset. Dat die eersgenoemdes dus met My regeer, terwyl die laasgenoemdes geregeer moet word. Ofskoon My Wil en My mag egter in ewigheid nie verminder nie, sal Ek dit tog nie altyd gebruik nie, maar Ek laat soms ook die wat My nog vyandig is, hul gang gaan. Maar steeds tot `n bepaalde grens, om duidelik te maak Wie se mag onbegrens is.
Slegs My mag waarborg sowel die bestaan as die vooruitgang en die moontlikheid om volmaak te word, terwyl dit vyandig werksaam besig is, sou dit nie op die regte tyd beëindig word nie, en totale vernietiging sou beteken.
Aan My is dus die mag gegee. Dit moet vir u mense `n aanwysing wees tot Wie u uself moet wend, Wie u alles kan gee, aan Wie u uself moet toevertrou as u `n magtige Behoeder en Beskermer nodig het.
Nie die "Veraf" God sal u hierdie hulp gee nie, maar slegs Hy, wat as Goddelike Verlosser Jesus Christus die volle mag het - omdat in Hom die Ewige Godheid - die Gees van die Oneindigheid beliggaam is. Alleen omdat u eers met God in verbinding tree, deur Jesus Christus. Alleen omdat u Myself eers erken as u My in Jesus Christus aanroep, omdat daar buite Jesus Christus geen God is wat magtiger sou wees as Hy nie. En so is hulle ook maar Een wat in die hele heelal regeer en aan Wie alle skeppings onderworpe is, en in Wie se opdrag ontelbare wesens hierdie skeppings versorg en wat alles tot stand bring volgens Sy ewige heilsplan.
Van Myself ontvang hulle My aanwysings, deur Myself is hulle uitgerus met die nodige krag vir hulle opdrag en deur Myself word alles so gelei dat dit met My Liefde en Wysheid ooreenkom. En geen wese aan wie die onderhoud en versorging van baie skeppings opgedra is, sal homself teen My Wil verset nie. My Wil deurstroom hulle, omdat hulle volmaakte wesens is, wat deur My Wil deurgloei word, deur My Wysheid deurstraal word en met My Krag vervul is - en daarom steeds slegs uitvoerders van My Wil is.
Waar My Wil homself egter tydelik terugtrek, daar kom onrype wesens wat My nog afkerig is, te voorskyn en werk My wel teen. Maar hulle bly tog altyd onder My beheer, sodat ook hulle deur My Wil bedwing word as Ek dit nodig ag. Want slegs Een regeer in die Hemel en op aarde – aan Een staan alle mag ter beskikking - voor Hom moet alle wesens van lig en duisternis hulself buig, want My mag is onbegrens en sal dit bly tot in alle ewigheid. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205