Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

VERLOSSING NET DEUR JESUS CHRISTUS
B.D.7034 - 2 Februarie 1958
Sonder die verlossingswerk van Jesus Christus sal u nooit daarin slaag om vry te word nie. Hierdie woorde moet steeds weer aan u genoem word, want u moet weet dat u uself nog in onvryheid bevind; dat u nog gebonde is deur My teenstander.
As mens is u nie self heeltemal van sy kettings bewus nie, omdat u geen ander bestaan ken nie, omdat vir u die bestaan in vryheid, lig en krag heeltemal vreemd is. Maar tog was dit die wese van u bestaan in die begin van u ontstaan, eens was u vry en kon in lig en krag werk - en u het uself in `n toestand van onbegrensde saligheid bevind. As mens ontbreek u egter die herinnering aan hierdie toestand van weleer, en daarom kan u dit glo of ook nie, as u hiervan op hoogte gebring word.
Maar as u ongelowig is, probeer u ook nie om uit hierdie onvrye toestand `n uitweg te vind nie, want die geloof in die Goddelike Verlosser, Jesus Christus, is die voorwaarde dat u Hom aanroep om hulp. Dog vir alle mense moes die toestand van vryheid, lig en krag begeringswaardig wees, want iedereen kan tog wel insien dat hy nie salig is in die aardse bestaan as mens nie. Dat by hom die krag ontbreek om alles uit te voer wat hy wil, dat dit by hom ook aan insig ontbreek van die hoogste wysheid en aan onbeperkte kennis.
Die mens is `n onvolmaakte skepsel solank hy homself op die aarde bevind, geskei van die Goddelike Gees van sy Vader. En hierdie skeiding het die wese eens self veroorsaak deur sy verbinding met My teenstander, wat homself as eersteling van My losgemaak het deur sy weerspannige gesindheid. My teenstander hou nou die wese gevange wat homself nie meer van hom kan vrymaak nie, dus moet die wese gehelp word, omdat hy alleen te swak is om van hom los te kom.
Hierdie hulp is enkel en alleen Jesus Christus, want as u mense nou wil vry word - en dit is wel in die aardse lewe moontlik, dan moet u Jesus Christus om hulp aanroep. U moet Hom erken as Oorwinnaar, want Hy het die teenstander oorwin. U moet Hom erken as die aardse Houer waarin Ekself vertoef om die stryd met My teenstander uit te veg. En dit was slegs in `n aardse verblyf moontlik, in die vorm van `n mens wat swak was, gelykstaande met uself en wat ook Goddelike krag nodig gehad het om Hom in staat te stel om oor die teenstander te seëvier.
En hierdie krag was die liefde, My Oerwese, om welke rede dus die verlossingswerk deur die liefde, deur Myself volbring was. En soos die mens Jesus die krag van My getrek het, omdat Ek Hom daarmee vervul het, so moet u ook na My bid vir die gawe van krag wat die mens Jesus vir u deur Sy kruisdood verwerf het. Slegs deur Jesus Christus kan u hierdie krag verkry, of ook: U moet na My in Jesus bid dat Ek u weer die krag sal gee wat u eens afgewys het.
Maar hierdie gawe is nie moontlik sonder die erkenning van die verlossingswerk nie, want eers daardeur kan u vergewing vind van die vroeëre ontsaglike sonde van u afwending van My. Die kruisoffer was die delging van hierdie groot skuld. Dit is vir hom wat van goeie wil is nie moeilik te begryp nie, maar die onwillige kan die samehang hiervan nie aanneem en glo nie. En tog mag hy homself nie heeltemal afwysend teenoor die probleem opstel nie, maar moet ootmoedig sy onwetendheid en onbekwaamheid t.o.v. die korrekte insig beken.
Hy moet wil dat opheldering aan hom volgens waarheid gegee word en die insig daarvoor vir hom ontsluit word. Hy moet die voortdurende vermaninge ter harte neem dat niemand sonder Jesus Christus kan salig word nie. En hy moet steeds begeer om nog op aarde vry te word van die gebonde toestand. Want elke mens kom tot die besef dat hy nie vry is nie. Geen mens voel homself op aarde onbeperk gelukkig nie en elke mens is aan periodes van swakheid onderworpe. Want elke mens is belas met die oerskuld, wat slegs deur die Goddelike Verlosser Jesus Christus gedelg kan word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205