Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE GELOOF IN JESUS CHRISTUS LOOP GEVAAR
B.D.6969 - 15 November 1957
Die geloof in Jesus Christus en Sy verlossingswerk word steeds minder, hoe nader die einde kom. Die aktiwiteit van God se teenstander is slegs daarop gerig om die mense ver van die Goddelike Verlosser af te hou, om te verhinder dat hulle Hom aanroep; want dan het die teenstander die reg op hierdie siele verloor, omdat Jesus Christus Hom dan Self tussen Hom en die mens stel, wat Hom om hulp aanroep.
En so is in die tyd van die einde duidelik te bemerk, dat van alle kante opgetree word teen die geloof in Jesus Christus. Dit word alles gedoen om `n einde te maak aan die kennis oor Hom en Sy verlossingswerk. Dit sal wel nie heeltemal slaag nie, want ook die werk van God is duidelik sigbaar, wat steeds weer deur Sy woord laat getuig oor Jesus Christus. Maar die teenstander van God sal baie onheil onder die mense aanrig, en hy sal ook vir geen middel terugdeins om sy doel te bereik nie.
En omdat die mense weinig liefde beoefen, omdat die liefde onder hulle verkoel het; is dit vir die teenstander van God ook maklik om die geloof in Jesus Christus te vernietig. Want waar die geloof nog swak is, daar is dit nog nie lewend genoeg om gevrywaar te wees teen die versoekinge van die teenstander nie.
Die mense wat sonder liefde lewe beswyk, omdat hulle gees verduister is, en daarom het die teenstander `n maklike spel. Hy gebruik ongehoorde middele en gaan die bevoegdheid wat aan hom toegestaan is, te bowe. Want al doen hy ook alles om die mense tot `n val te bring – sonder om deur God gehinder te word, vanweë die vrye wilsbesluiting van die mense, daarom het hy nog nie die reg om die mense die bring van alle kennis oor God, wat in Jesus Christus, wat Hom op aarde beliggaam het om die mense te verlos, teen te gaan nie. Waar twee teenstanders mekaar bestry, waar mense moet beslis vir die een of die ander mag, moet hulle sowel van beide magte, hulle aard en werking asook van beide hulle doelstellings op hoogte wees, omdat `n vrye wilsbeslissing andersins nie moontlik sou gewees het nie.
Daarom sal God se teenstander nie lank meer sy misdadige praktyke op die aarde mag uitoefen nie, want Hy wat magtiger is as hy, aan Wie alle kragte van die Hemel en die aarde moet gehoorsaam, sal aan sy aktiwiteite paal en perk stel, omdat hy sy bevoegdheid oorskry het. En daarom is dit in die tyd van die einde so besonder belangrik, om die mense die kennis oor die Goddelike Verlosser Jesus Christus te verskaf.
Almal wat God wil dien, moet hierdie opdrag as dringend beskou, hulle moet die aktiwiteite van Sy teenstander teenwerk. Hulle moet die mense die boodskap bring van die EEN, tot Wie hulle hulself moet wend, wil hulle nie in die hande van hulle vyand en veroorsaker van hulle ondergang val nie. Want hy wil die mense nie wen om hulle gelukkig te maak nie, hy wil hulle van God afvallig maak, sodat hy nie sy aanhang waarin hy sy hele mag sien, verloor nie. Dit is `n troostelose toestand op hierdie wêreld en daar is nog maar weinig mense wie se geloof in die Goddelike Verlosser nog lewend is. Die meeste spreek slegs dooie woorde sonder gees en lewe, wanneer hulle hulself teenoor hulle medemens as Christene voordoen. Hulle het egter geen lewende verbinding met Hom nie en is daarom ook nie verlos nie. Hulle word die slagoffer van die teenstander, sodra dit om `n ernstige beslissing gaan, vir of teen Christus, want dit sal geëis word. Want ook dit bring die teenstander teweeg, dat hy die mense wat aan hom gebonde is, sal aanhits om meedoënloos op te tree teen almal wat gelowig is.
En dan sal hulle openlik voor die wêreld moet beken hoe hulle teenoor hulle Heiland en Verlosser staan. Hulle sal geen keuse meer hê nie en daar sal maar baie min wees wat standhou en wat homself met `n lewende geloof tot Hom Self sal wend om hulp. Maar die mense is self skuldig wat in hierdie laaste beslissing faal. Want die kennis oor Jesus Christus word hulle almal bygebring en die Goddelike leer van die liefde is ook aan geen mens onbekend nie. En sou hulle maar net hierdie leer van die liefde aanneem en uitdra, dan sou ook hulle geloof gewek of versterk word en hulle sou dan nie sonder krag wees om teenstand te bied nie. Nogtans is die wil van elke mens vry - en daarmee ooreenstemmend dra hy ook die gevolge.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205