Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

SONDER JESUS CHRISTUS KAN `N MENS NIE VRY WORD NIE.
B.D.6860 - 29 Junie 1957
U het My nodig as u wil vry kom van u teenstander. U kan nie uit eie krag van hom loskom nie, u moet hulp hê wat slegs Een u kan bring: Jesus Christus, wat die teenstander oorwin het deur Sy dood aan die kruis. In Hom was Ek self. Hy en Ek is Een, dus moet u tot My in Jesus Christus om hulp roep en dit sal u dan ook ten deel val.
As u slegs `n God erken sonder Jesus Christus, die Goddelike Verlosser, en u wil u God met hierdie God in ooreenstemming bring, dan is u erkenning van `n God nog nie oortuigend nie. U spreek dan slegs iets uit met u mond waarvan u nie in die diepste van u hart oortuig is nie, en dan gaan u u aardse weg nog sonder My. U sal dan ook nie kan loskom van hom wat die teenoorgestelde is van My, wat u nog beheers en wie se mag u nie kan breek nie.
U het My nodig, laat dit vir u gesê wees; anders vervul u nie u aardse lewensdoel nie, om uself los te maak van hom wat u eens vrywillig gevolg het – en om u te wend tot My, u God en Vader van die Ewigheid. Ek is altyd bereid om u te help om van hom los te kom, maar hierdie hulp moet u van My afsmeek omdat u wil saam bepalend is dat Ek u bevry. Want hy het dieselfde reg op u solank u nog dieselfde wil het as hy, wat `n afwending van My beteken.
Maar met u swakheid as gevalle wese is rekening gehou, want `n mens het vir u uit liefde en barmhartigheid aan die kruis gesterf. Hy het geweet van u swakheid en Hy het ook geweet dat dit vir u onmoontlik was om hierdie kettings te verbreek, dat u weggerokkel was deur My teenstander, alhoewel deur u eie skuld.
In hierdie mens Jesus het Ek My Self beliggaam, omdat Ek My oor u swak, hulpelose en pynlike toestand ontferm het en omdat Ek u die moontlikheid wou gee om weer na My toe terug te keer en binne te gaan in u oertoestand wat vir u vryheid en saligheid beteken. Ek het dus as mens `n soenoffer vir u gebring en Ek het tegelykertyd die skuld van u vroeëre afvalligheid van My, Self afgedra in die mens Jesus. Ek het My teenstander die lossingsgeld vir u aangebied, sodat hy u moet vrylaat as u self daarna verlang.
Maar die verlange moet u ook tot uiting bring. U moet na My toe wil kom, u moet wil behoort tot hulle wie se siele Ek losgekoop het van hulle Heer.
U moet `n beroep doen op die hulp van Jesus Christus en u moet My in Hom aanroep. En u sal dit ook kan doen, as u in Hom en Sy verlossingswerk glo; as u glo aan My menswording in Hom. Want eers dan glo u ook met oortuiging aan Myself, dan het Ek lewend in u geword en dan gaan u ook nie meer u aardse weg, sonder My nie en u sal dan ook verseker u doel bereik.
En so moet u uself maar eens ernstig afvra wat die sin en die doel van u aardse lewe is, wat u eintlike opdrag is. U moet die ernstige wil hê, sodat u nie gefaal het aan die einde van u lewe op hierdie aarde nie. En as u hierdie wil het, bid dan die Een om hulp wie u alleen kan help, Jesus Christus. Want Hy en Ek is EEN, en as u Hom aanroep, roep u My aan - en u roep sal nie ongehoord wegsterwe nie.
Want by wie dit erns is om die doel van sy aardse lewe te bereik, dié se gedagtes sal ook spoedig korrek gelei word en hy sal insien dat daar geen verlossing sonder Jesus Christus is nie.
Maar oor die mees innerlike wil, die mees innerlike verlange, kan Ek egter nie beskik nie, dit is vry. Ek kan maar net waarsku en vermaan en Ek kan u maar net aanspoor tot nadenke. Uself moet egter handel volgens u innerlike verlange en ooreenkomstig hiermee sal ook u toestand van rypheid wees wanneer u hierdie aarde verlaat.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205