Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE VERLOSSENDE KRAG VAN DIE NAAM JESUS
B.D.7066 - 14 Maart 1958
In My Naam moet u mense die heil soek, u moet weet dat u nêrens anders heil kan vind as by My nie: U moet onvoorwaardelik Myself in Jesus Christus erken en moet glo in die Goddelike Verlosser en Sy werk van erbarming.
In die mens Jesus het Ekself op die aarde gekom, deur Sy mond het Ekself die mense onderrig en in Hom het My krag sigbaar geword. Deur Hom het Ek wondere gedoen, Ek dooies opgewek tot lewe, siekes gesond gemaak en die mense in hulle aardse nood gehelp. In Hom het Ekself die dood aan die kruis gesterf, want die mens Jesus het My geheel en al in Hom opgeneem, omdat Hy Self Liefde geword het en vir Myself gevolglik `n geskikte omhulling geword het waarin Ek die verlossingswerk kon volbring, om die sondeskuld van die gehele mensdom te delg.
Daarom is die Naam Jesus die naam van u God en Vader van die Ewigheid. En daarom moet u in hierdie Naam saamkom en My onder u laat vertoef, wanneer u die saligheid wil bereik wat u eens onuitspreeklik gelukkig gemaak het - wat u egter ontbreek solank u op die aarde is. Dit is daarom nie voldoende om slegs in `n God te glo nie, omdat so 'n geloof wel die erkenning van `n Skepper is wat alles - dus ook u - geskape het. Maar die geloof voer u nie terug na Hom nie, u moet egter ook die Verlosser erken, Hy het eers die weg tot u God en Vader vir u begaanbaar gemaak, en slegs op hierdie weg kan u tot die Vader kom. Dus moet u in Jesus Christus en Sy verlossingswerk glo, eers dan is u geloof eg en sal u tot heil wees, dit wil sê, eers dan sal u siel in die vroeëre toestand verplaas kan word omdat Jesus Christus haar daarby moet help en sy sonder Sy hulp nooit haar doel kan bereik nie.
In My Naam moet u dus die heil soek. Sodoende sal u nou ook begryp dat dit nie voldoende is om die bestaan van `n God uit te soek of te wil bewys nie, want die geloof kan elke mens verkry wat met oop oë om homself heen kyk en nadink oor die skepping en haar ontstaan. Dit gaan oor die verlossende krag van die Naam van Jesus.
Eers moet u mense die betekenis van die verlossingswerk te wete kom, om u dan ook onder die kruis van die Christus neer te plaas en die Naam van Jesus as die Naam van u God en Vader aan te roep vir die heil van u siel. Want met Sy koms op aarde het `n nuwe tyd aangebreek. Nou het die tyd aangebreek waarin, deur die kruisdood, die poort tot die ligryk geopen was, en die eerste heeltemal verloste siele kon terugkeer tot die Vader. Want daar het baie siele voor die poort tot die saligheid gestaan, wat eers hulle oerskuld moes kwytraak, om toe weer as salige geesteswesens te vertoef vanwaar hulle oorspronklik uitgegaan het.
Hierdie uiteindelike terugkeer in die Vaderhuis het die Goddelike Verlosser Jesus Christus moontlik gemaak. Hy moet daarom deur elke mens, wat weer sy oertoestand wil bereik, ook erken word. Jesus Christus Self is die poort tot die Hemelryk en Sy Naam weerklink oral in die sfere van die lig - want in Hom is Ekself. Hy en Ek is EEN. En wie die Naam Jesus met innige godsvrug uitspreek, die spreek My daarmee aan - en Ek bring hom waarlik die heil.
U sal dus geen vergeefse versoek doen as u die Naam Jesus in volle vertroue uitspreek en aan My so u verlange voorlê nie. Want sodra u glo in Hom en Sy verlossingswerk, het u ook vry geword van u oersonde waarmee u belas was. Dan betoon Ek u ook weer My liefde en u kinderlike roeping van My Naam verseker u ook die verhoring en vervulling van u bede. Ek is altyd en ewig u God en Skepper, maar u Vader kon Ek eers word deur die werk van verlossing, want eers daardeur ontvang u die krag om uself uit vrye wil te verander tot volkome wesens. Nou eers kon u van skepsele tot My kinders word, wanneer u die vrye wil benut vir u terugkeer tot My.
Hierdie vrye wil het eers deur My kruisdood versterking ondervind, daarom lê die heil vir u slegs in My Naam. Daarom is u mense eers op die weg terug na My toe, as u die weg tot Jesus Christus geneem het, want slegs hierdie weg voer terug tot My in die Vaderhuis.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205