Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

"EN DIE WOORD HET VLEES GEWORD!"
B.D.8141 - April 1962
"En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon!" Ek self, die Ewige Woord het na die aarde gekom en `n liggaam aangeneem. Dit was `n daad van oorgrote liefde en barmhartigheid waartoe Ek My beweeg gevoel het om die verbinding met die mense tot stand te bring, wat hulself so eindeloos ver van My verwyder het; wat nie meer in staat was om My stem te verneem nie, wat My Woord nie meer in homself kon verneem nie - en wat geen enkele verbinding meer het met die Woord van die Ewigheid gehad het nie.
Hulle was self skuldig aan hierdie groot afstand van My en nooit sou dit vir hulle moontlik gewees het om hierdie verwydering van My uit eie krag ongedaan te maak nie. Nimmer was dit vir hulle moontlik gewees om My Woord te ervaar soos in die allereerste begin, toe Ek met al die skepsele wat deur My in die lewe geroep is, gedagtes kon wissel deur die Woord.
Daarom het My Liefde Self die groot verwydering oorbrug. Ek het Self na die aarde gekom en het `n liggaam aangeneem en het nou weer in verbinding probeer tree met My skepsele, om hulle weer aan te spreek en vir hulle `n brug te bou wat tot My terugvoer in die Ryk van Lig en Saligheid. Ek self is die Ewige Woord, maar Ek sou die mense nie direk uit die Hoogte kon aanspreek nie, om hulle nie, wat eens as My skepsele van My uitgegaan het, daardeur in `n dwangsituasie te plaas nie. Hulle moes die brug tot My uit vrye wil betree en dit kon Ek slegs bereik deur My aanspreking, wat egter nie op `n ongewone manier kon plaasvind nie, maar die gespeekte woord moes van mens tot mens weerklink. En daarom het Ek `n liggaam aangeneem. Ek het besit geneem van die menslike omhulling, Jesus, en het in hierdie omhulling tot die mense gespreek. Maar dit was My Woord wat tot hulle gespreek het en Ek kon deur die Woord die Weg vir die mense toon. Ek kon hulle onderrig en My Wil aan hulle verkondig. Ek kon hulle die Evangelie, die Goddelike leer van die liefde verkondig; wat hulle siele weer in die toestand moes bring waardeur elke mens self, as dit sy ernstige wil was, My Woord in homself sou kon verneem. Maar eers moes die mense verlos word van sonde en dood. Eers moes die vroeëre sondeskuld, deur die afvalligheid van My, gedelg word, sodat die verbinding dan met My bekroon kon word met die uitgieting van My Gees, sodat die mens dan My stem weer self in homself sou kon verneem, soos wat dit in die Oerbegin was.
"Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon!" Hoe min mense begryp die betekenis van hierdie woorde. Die Ewige Woord het Self na die aarde neergedaal, want die mensdom het in groot nood verkeer en het niks geweet van haar ellendige en troostelose toestand nie, asook nie van die geestelike duisternis waarin hulle geleef het nie. Hulle was heeltemal van My verwyder en het niks gedoen om hierdie groot afstand tot My te verminder nie. En die mense kon slegs geholpe word, deur leringe wat ooreenstem met die Waarheid. Hulle moes die wil van hulle God en Skepper leer ken, en hierdie wil moes deur My self aan hulle verkondig word. Ek moes hulle self aanspreek, en dit kon slegs deur `n mens gedoen word. Dus het Ek My self in hierdie mens beliggaam, want alleen so was dit moontlik om die mense in alle waarheid te onderrig, hulle opmerksaam te maak op hulle verkeerde lewenswandel. Daardeur was dit moontlik om My Wil aan hulle te verkondig, en vir hulle `n lewende voorbeeld te wees hoe hulle self hulle lewe moes lei om weer uit hulle geestelike duisternis te raak - en die weg te gaan wat Ek die mense aangetoon het, sodat hulle weer die Ewige Lewe kon bereik.
Want hulle was deur My teenstander beïnvloed, wat hulle gedurig tot `n liefdelose leefwyse aanpor, waarin hulle dan ook kragteloos was en gebly het en niks kon vergader vir hulle opwaartse ontwikkeling nie. Ek self het hulle bewys dat die liefde haarself as `n krag laat voel, want Ek het die siekes genees en ook ander wondere gedoen wat slegs deur die krag van die liefde tot stand gebring kon word. Ek het hulle ook onderrig oor die gevolge van `n liefdelose lewenswandel, want Ek moes aan die mense in die eerste plek verklaar waarom hulle hulself in liggaamlike en geestelike nood bevind. Ek moes hulle daarvan oortuig dat hulle toestand as mens geen gelukkige genoem kon word nie, en wat hulle dus moes doen om die ware geluk te bereik.
En dit alles moes hulle uit die mond van God verneem. My Woord moes hulle kon hoor, daarom het die Woord Self na die aarde gekom en mens geword. In die oertoestand het die Woord in elke wese weerklink en was die oorsaak van onmeetlike saligheid. Maar dié saligheid het die wesens self weggegooi, omdat hulle hulself vrywillig van My afgekeer het, waardeur hulle My Woord nie meer kon verneem nie, omdat My Woord `n direkte liefdestraling van My kant was, wat die wesens nou egter afgewys het.
Die oorgrote nood van die mense op aarde het My liefde en barmhartigheid beweeg om hulle Self te benader, en hulle, ondanks hulle weerstand in die Woord, tegemoet te tree. En wie ook maar `n vonkie liefde in homself laat ontbrand het, die het die Godheid in My gesien en My nagevolg. Maar meestal het mens in My alleen die mens gesien en beoordeel dan ook My Woord as die van `n mens.
Ek was in hulle midde en hulle het My nie herken nie. En tog kon Ek die Evangelie van die Liefde verkondig. Ek kon die Goddelike leer van die liefde steeds weer aan die mense bekend maak, en Ek kon Self My leerlinge onderrig en hulle dan uitstuur in die wêreld met die opdrag om My Evangelie te verkondig en van My self te getuig.
Die Woord het Self na die aarde gekom en het `n liggaam aangeneem tot seën van die mensdom. En steeds wanneer My Woord weerklink, buig My eindelose liefde en barmhartigheid haarself neer tot die mensdom en straal haar liefde in die harte van die mense wat My Woord gewillig aanneem, dit aanhoor en as die stem van die Vader herken, en My dankbaar is vir hierdie groot barmhartigheidsgawe. Want Ek self is die Woord van die Ewigheid en wie My aanhoor, verbind homself ten nouste met My, en hy sal dan ook sy laaste doel op aarde bereik, hy sal die totale vereniging met My bereik - sy God en Vader, tot Wie hy nou vir goed teruggekeer het - en hy sal dan vir ewig salig wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205