Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

OPSTANDING VAN JESUS
B.D.8158 - 22/23 April 1962
Op die derde dag het My liggaam verrys. En al skyn hierdie gebeurtenis vir u mense ook ongelooflik te wees, omdat daar geen bewys voor gegee kan word nie, tog sal steeds aan die mensdom deur My Gees verkondig word dat Ek waarlik opgestaan het uit die dood. Want Ek het die dood deur My verlossingswerk oorwin, wat My teenstander deur sy val in die diepte vir die eerste keer in die wêreld gebring het.
En Ek het u deur My opstanding tegelyk bewys dat daar geen dood meer is vir die vergeestelike wesens nie. Dat die terugkeer tot die oorspronklike toestand, wat deur `n lewe in liefde, soos wat Ek dit vir die mense voorgeleef het, dus bereik kon word - wat ook alle doodse toestande, alle onmag en alle kragteloosheid uitsluit, en die siel kon nou die Ewige Lewe ingaan, sodra sy hierdie verandering in haar aardse lewe voltrek het.
Die dood is oorwin deur My kruisoffer, want die oerskuld was daardeur gedelg en die skepsel is weer die moontlikheid gegee om weer te word soos wat hy as oerwese was, wat nou ook `n Ewige Lewe waarborg. Ek wou u `n bewys gee dat die vleeslike liggaam homself ook kan vergeestelik, en dat hy daarom die dood nie meer hoef te vrees, as die mens die vergeesteliking van sy liggaam reeds op die aarde sou bereik nie.
Ek self het as die mens Jesus deur My lewe vanuit die liefde al die nog onryp substansies van My liggaam vergeestelik. Ek het hulle tot voltooiing gebring. Die liefde het al die nie-geestelike in My gekalmeer en het dit daartoe gebring om hulself met My siel te verenig, sodat liggaam en siel homself totaal met die Ewige Goddelike Gees in My kon verbind - en dus het daar `n totale samesmelting met alles plaasgevind.
En `n volledige vergeestelike wese kan nie meer aan die dood onderworpe wees nie, want die dood is `n toestand van kragteloosheid - terwyl `n wese wat vergeestelik is, vol lig en krag is en vry van elke gebondenheid. Die gebeurtenis van My opstanding was vir die mense duidelik te sien, want hulle het My graf leeg gevind. Dat die ongelowiges die ontvoering van My liggaam nou vir hulle medemens geloofwaardig wou maak, was begryplik, maar ook dit kon hulle nie bewys nie. En om My opstanding as waarheid aan te neem, sal steeds net die gelowige doen - die mense wat reeds innig met My verbonde is deur die liefde of hulle goeie wil om reg te lewe voor My oë. Dat dit egter plaasgevind het, is waar, want daarmee was die belofte vervul wat deur sieners en profete aan die mense gegee was. My opstanding was `n groot nederlaag vir My teenstander, waar Ek die bewys gegee het dat die liefde sterker is as die haat en dat hy sy aanhang nie vir ewig in die toestand van die dood sou kan hou nie; omdat Ek self die dood oorwin het en dus die lewe kan gee aan elkeen wat My verlossingswerk erken en terselfdertyd `n beroep doen op dié Barmhartigheid wat aan die kruis verwerf is.
Vir My teenstander was My opstanding dus `n nederlaag, en daarom probeer hy die mense van die spoor afbring deur My opstanding as twyfelagtig vir hulle voor te stel. En tog kan hy die opstanding van hulle wat My navolg, wat in My glo en wat Ek nou ook die Ewige Lewe kan besorg soos Ek dit beloof het, nie verhinder nie. Sy aanhang sal geleidelik verminder, want steeds weer sal mense verrys en ewig lewe omdat Ek die dood oorwin het. Omdat hy nie ewig die innerlike kan neerdruk van hom wie se wil dit is om na My terug te keer nie, en wat daarom onder My kruis beskerming soek om aan die mag van My teenstander te ontsnap. Vir hulle is die dood oorwin en die opstanding na die lewe verseker. Ook My dissipels wou nie glo dat Ek opgestaan het van die dood, ofskoon Ek dit hulle tog al vooraf voorspel het. Maar Ek het hulle geloof versterk en hulle het My herken toe Ek by hulle kom. Hulle het dus die bewys gehad dat Ek die dood oorwin het, want hulle moes My met volle oortuiging verkondig, hulle moes My sterwe, net soos My opstanding, bekend maak.
Van hierdie kennis moes die mense verneem wat aan My glo, hulle sou dan die weg na die kruis kan opgaan, omdat hulle dan slegs verlossing kon verkry as hulle hulle skuld na My toe bring onder die kruis. Maar My grootste werk van erbarming sou spoedig in vergetelheid geraak het, as My Gees nie steeds weer in die mense kon gewerk het, wat hulself volledig en heeltemal oorgegee het aan My nie. Wat Ek daarom ook, as verlos, kon vul met My Gees, wat hulle weer innerlik kon onderrig en wat aan hulle die kennis oor die verlossingswerk van Jesus Christus kon ontsluit.
Want alles wat deur oorlewering aan die mense meegedeel word, behou nie sy waarheidsgehalte vir lank nie. Waar slegs die menseverstand besig was, daar ontstaan ook onware opvattinge, wat as oorleweringe deurgegee word en wat sodoende geen waarborg meer bied vir die suiwer waarheid nie.
Waar My Gees egter in `n mens kon werk, daar word ook steeds die suiwer waarheid benadruk en sowel die kennis van My lyding en sterwe aan die kruis, asook My opstanding, aan die mense oorgedra, omdat hierdie kennis onvoorwaardelik nodig is dat ook die mense heeltemal vervul sal wees van die geloof. En steeds weer sal My Gees dan in die mens werksaam wees, wat homself aan My oorgee om die suiwer waarheid te ontvang.
Steeds weer sal die boodskap aan die mense verkondig word en korrekte opheldering gegee word, sodat u mense ook met oortuiging aan My opstanding kan glo, en ook daaraan dat Ek waarlik die dood oorwin het. Dat daar vir u geen dood meer hoef te wees as u uself aan My sy plaas nie, as u self wil dat Ek vir u gesterwe het, as u `n lewende geloof het in My en My verlossingswerk, wat Ek self in die mens Jesus volbring het.
Ek het opgestaan uit die dood en so sal ook u opstaan na die dood van u liggaam en ewig lewe. En u hoef geen dood meer te vrees sodra u vry geword het van die vyand van u siel nie, van My teenstander. Sodra u uself deur My laat verlos, bestaan daar vir u geen dood meer nie, want dan sal u in en met My lewe en die lewe vir ewig nie meer verloor nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205