Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE KORREKTE WEG WORD AAN DIE MENSE GETOON
B.D.6958 - 31 Oktober 1957
Ek kan altyd slegs `n lig vir u ontsteek en die weg verlig, maar die weg moet u self in vrye wil gaan. Ek kan u wel My begeleiding aanbied, maar wederom, Ek sal dit nie aan u opdring nie, omdat Ek u nie wil dwing nie, maar u moet uself by My aansluit en My vra dat Ek as u Begeleier onderweg steeds aan u sy mag gaan. Dan eers kan u nie verkeerd gaan nie.
Van My kant word waarlik alles gedoen om u opwaarts te laat gaan, om die weg tot My moontlik te maak. Maar tog word u nog die vryheid gelaat om na eie goeddunke te wil en te handel. Daarom faal soveel mense egter, omdat hulle hulle vryheid misbruik, terwyl hulle weerspannige wil nie gebreek word nie. Op aarde kan u die mense wel tot gehoorsaamheid dwing, en u kan ook u mag aanwend waar u dink dat onreg weerstand bied. Maar My heilsplan van die ewigheid sluit alle gebruik van mag uit, waar dit gaan om die terugwen van die geestelike. Want wat Ek as laaste doel wil bereik, kan slegs die vrye wil van die wese bewerkstellig.
En die doel sal My liefde onophoudelik nastrewe en dit sal ook die korrekte middele vind om die wil van die geestelike op Hom te rig, sodat hy nou weer vrywillig die weg gaan wat terugvoer na die Vaderhuis. Die liefde bereik baie en elke invloed wat `n liefhebbende wese uitoefen op die geestelike wat nog besluiteloos is, kan suksesvol wees om daarenteen die moeilike terrein te wen as die wese homself nog deur My teenstander aangetrokke voel.
Maar die wil van die mens word gerespekteer en daar word onafgebroke getrag om hom te wen. Aan die mense word steeds weer die weg getoon, dus `n lig ontsteek. Steeds weer word die mense met My Woord vertroud gemaak wat as Lig van Bo klaar en duidelik die mens sy aardse opdrag voor oë stel, en in sy helder skynsel die kruis van die Goddelike Verlosser laat sien.
En kon die blik van die mens eenmaal op hierdie verligte weg val, dan kan sy wil ook beslis of hy hierdie weg sal inslaan en homself na die kruis begewe. Hierdie weg moet elke mens self gaan. Dit het geen nut om dit wel te sien nie maar nie ook te betree nie. Dit help dus niks om kennis te neem van My Woord of van die werk van verlossing deur Christus nie, dit is nodig om die weg te gaan wat langs die kruis van Golgotha voer. My Woord moet kan opbloei, lewe, soos dit deur die mens Jesus op aarde ten volle ontplooi is, dan word ook die weg gegaan wat u mense getoon word in helder lig. En so mag geen mens glo dat dit om`t ewe is welke weg hy gaan nie; geen mens mag glo om op sy weë dieselfde doel te bereik nie. En ook mag geen mens glo om sonder die korrekte leiding te kan gaan nie, want dan sal sy weg hom onvermydelik na die diepte voer, vanwaar hy gekom het en waaruit My liefde hom reeds omhoog gehelp het.
Hy moet homself aan My toevertrou en om My leiding vra. Eens moet hy die weg bekyk wat hy in `n helder ligskynsel voor homself sien lê, en hy mag nie terugskrik as hy die kruis daarop sien wat hom laat besef dat hy deur lyding moet gaan nie.
Hy moet steeds aan die heerlike doel dink wat slegs op hierdie weg bereik kan word, en hy moet, as hy hierdie weg wil gaan, My steeds om krag bid en homself aan My leiding toevertrou.
En hy sal dan waarlik die weg omhoog kan aflê, omdat Ek hom altyd so lei dat hy by alle gevaarlike klippe kan verbygaan, dat hy elke hindernis maklik kan oorwin en die hoogte sonder moeite kan beklim. Want Ek sal hom steeds van krag voorsien, sodat hy nie vermoeid sal raak nie, al lyk die weg vir hom nog so steil. Maar hy sal nooit die doel alleen bereik nie, want sodra hy alleen gaan, sal `n ander hom spoedig vergesel wat hom baie vinnig weer van die korrekte weg sal aflei na die diepte. Maar My liefde sal u bly volg, want My liefde gee geeneen van My skepsele gewonne nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205