Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE VERBREIDING VAN DIE EVANGELIE IN DIE WÊRELD.
(Matt.24:14)
B.D.7055 - 4 Maart 1958
Wanneer u oë steeds weer gerig word op die gebeurtenisse in die wêreld, dan moet u daarin die verloop sien van wat u al lank tevore gesê is. U moet die tekens van die aanstaande einde in die wêreld sien en as u gees ontwaak is sal u ook weet in welke tyd u leef, want alles sal gebeur soos wat Ek dit vir u deur sieners en profete laat verkondig het.
Daar sal baie rampspoed wees onder die mense, die liefde sal verkoel en dit sal wees soos dit was voor die sondvloed, naamlik uitgebreider genietinge van die luste van die lewe, groter sondigheid en meer ongeloof. Alles voltrek homself op `n manier wat die mense as vanselfsprekend beskou en hulle niks ongewoons insien nie, omdat hulle denke en strewe maar net wêrelds gerig is. Maar Ek het u verkondig dat u aan die tekens van die tye sal insien wanneer die einde naby is. En daarom moet u ook op hierdie tekens ag slaan. Wel sal u mense die teenwerping maak dat die aarde reeds dikwels sulke tye beleef het, dat in elke tyd die genoemde aankondigings verwag kon word, as gevolg van die tydsomstandighede. U sal ook gewys word op tye van groot ongelowigheid en godslasterlike handelinge van die mense. Maar u vergeet dat Ek u daarop gewys het dat My Evangelie in die gehele wêreld verbrei moet wees, voordat die laaste sifting op hierdie aarde homself kan voltrek.
U weet egter nie wat om onder "verkondiging van die evangelie" te verstaan is nie. U glo dat dit slegs deur mense kan geskied op so 'n manier, dat hulle die kennis oor die verlossingswerk en die leer van die Goddelike liefde oral daarheen bring, waar dit tot nou toe nog nie deurgedring het nie.
Ook hierdie verbreiding van My Evangelie behoort wel daarby, maar Ekself sorg daarvoor dat hierdie kennis daar beland waar die mense nog geen verkondiging van Jesus Christus en Sy verlossingswerk gebring is nie. Maar Ek verskaf hulle egter hierdie kennis regstreeks, Ek werk deur My Gees waar die mense slegs uit innerlike aandrang hulself beywer om te lewe in die liefde. En die regstreekse inwerking vind plaas en sal dikwels groter sukses hê as by mense wat al lankal op hoogte is van Jesus Christus en tog geen Christene genoem kan word nie.
Die evangelie moet eers verbrei word, en dit word ook verbrei. Dit word oral verbrei deur My ligbodes wat juis gedurende die laaste tyd buitengewoon ywerig besig is en wat ook vir die doel hulself oral op aarde beliggaam het; om vir My geskikte vate te wees in wie Ek My Gees kan uitstort, wat dus die verbinding tot stand bring tussen My en hulle aan wie die evangelie verkondig moet word. Dit sou waarlik sleg met die mense gesteld wees as dit slegs van mense sou afhang, wanneer en hoe die verkondiging van My Evangelie plaasvind. Hulle pogings sou ook vrugteloos wees as My Gees ook nie daar sou werk nie, sodat geestelike opwekkinge vooraf plaasvind, wat dan ook die regtstreekse inwerking van My kant toelaat.
Maar Ek ontferm My ook oor hulle wat nie bereik kan word deur die verkondigers van die evangelie nie. Ek daal Self neer tot die aarde in die Woord om My skepsele te help. En die regtstreekse inwerking het nog in geen ander tyd in hierdie mate plaas gevind nie - en dit is ook nog nooit aanvaar, as Ek nie Self vir My `n geskikte houer met My Gees vul nie. Want My teenstander probeer steeds weer om die lig te verdoof, en hy vind by die mense ook `n gehoor. Maar dit was ook nog nie die tyd van die einde waarin hy op buitengewone manier tekere gaan nie, om welke rede Ek ook ongewoon sal werk om die mense te red.
Sodoende sal die liefde oral gepreek word, dit sal onder alle volke geestelike opwekkinge laat plaasvind. Nie slegs deur verkondigers nie, maar deur My liefde en ligbodes wat hulleself in die besonder oor hulle ontferm wat nog alle kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk ontbreek. Hierdie mense sal steeds `n leraar in hulle midde hê wat deur My Gees vervul, sal spreek, en hulle verkondig wat hulle vir die bereiking van hulle sieleheil moet weet. En hulle sal oor die Gees van die Christus ook alles openbaar, wat nou Self tot hulle gespreek het en tot `n lewe in liefde aanmaan. En dan sal dit ook in hulle self lig word. Maar hiervoor moes die tyd eers ryp word, om welke rede die uur van die einde nie vroeër te wagte was nie - ondanks duisternis en nood.
Maar u mense moet op alles let wat homself op die aarde afspeel en u sal dan maklik besef in welke tyd u leef. Want eenmaal sal ook die toekoms teenwoordige tyd word, eenmaal sal alles vervul word wat Ek lank tevore laat verkondig het. Eenmaal sal die oes ryp wees en dit moet in die skuur versamel word, en eenmaal moet ook die reiniging plaasvind. Die ou orde moet herstel word en die aarde moet weer geskik gemaak word vir haar eintlike bestemming, naamlik om die siele van die mense tot rypheid te bring.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205