Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE HEMELVAART VAN DIE CHRISTUS
B.D.8189 - 31 Mei 1962
My missie op aarde was volbring toe Ek na die Hemel opgevaar het. Ek het die wêreld verlos van sonde en dood; Ek was verrese en het aan My dissipels verskyn om hulle te versterk, om die weg te kan gaan van die verkondiging van die Evangelie van die Liefde. Ek was Self deurstroom van lig en krag en kon nou die aarde verlaat om weer in te gaan in My Ryk, vanwaar Ek gekom het, naamlik die Ryk van Lig en Saligheid.
My liggaam was verheerlik, dit was My geestelike wese en kleding wat nie meer aan die natuurwet gebonde was nie, maar My liggaam kon nou vertoef op die plek waar My Wil is en wil wees. Die liggaam was Gees soos die Gees van My Vader van die Ewigheid; wat ook nie aan `n vorm gebonde was nie, maar die hele heelal vervul en dus ook Myself, die mens Jesus wat die Ewige Godheid in Hom opgeneem het om Hom `n menslike omhulling te gee wat Hy nodig gehad het - omdat Hy by die mense wil inwoon. Hierdie omhulling was egter aan die wette van die natuur onderworpe en moes daarom eers `n hoë graad van rypheid verwerf, om die Ewige Godheid in Hom te kan opneem.
Nou het My missie geëindig en van die gebeurtenis van die hemelvaart moes ook getuig word; want dit was die bekroning, dit was die bewys vir die mense dat Ek `n werk van totale omvorming aan Myself volbring het, wat ook sigbaar bewys kon word. Want Ek het alle natuurwette oorskry toe Ek opgevaar het na die Hemel, en Ek My omhul het met alle glorie en Ek tog steeds sigbaar was vir My dissipels.
Ek het hulle die krag gegee om My te kan aanskou, anders sou hulle waarlik vergaan het. Slegs die dissipels wat reeds innig met My verbonde was deur hulle liefde, mag My egter gesien het en wat dus al `n graad van rypheid besit het, wat so `n aanskouing moontlik gemaak het. En so het daar ook sommige siele in dieselfde toestand teruggekeer na die ligryk, en ook vir hulle is dit moontlik om My te aanskou in glans en heerlikheid - omdat hulle toestand van rypheid `n geestelike aanskouing toelaat. Ook vir hulle is daar dan geen beperking meer nie. Ook hulle sal met glorie omklee wees en God mag aanskou van aangesig tot aangesig, terwyl hulle hulself nou in hulle oerelement bevind - in die liefde, wat tegelykertyd lig en krag is. Dit is hulle geestelike kleding wat elke siel mag omhang, sodra hulle die aardse lewe verlaat, en heeltemal voltooid die ryk hierna binnegaan.
U moet dit glo en mag nie twyfel aan die liefde en mag van u God en vader, wat u almal eens salighede sal besorg, wat u vir uself, so lank u nog op aarde is, nie kan voorstel nie. Ek het u egter `n voorbeeld gegee van wat `n mens kan bereik deur `n lewe in onselfsugtige naasteliefde, en hoe sy lot gewaarborg is, wanneer hy altyd volgens My Wil op die aarde geleef het. Wanneer sy lewenswandel `n verandering van sy wese tot liefde ten gevolge het, wat nou gelyk is aan My oorspronklike Wese, en daarom ook in glans en heerlikheid sal straal en sigbaar sal wees vir almal wat dieselfde graad van voltooiing het. Wat homself dan met My verenig het en vir wie Ek `n Wese is wat lig en krag uitstraal en dit sal bly tot in alle ewigheid.
My hemelvaart het werklik plaasgevind. Die mens Jesus het die laaste bewys van Sy Goddelikheid op aarde gegee toe Hy in stralende volheid van lig hierdie aarde verlaat het, en na die Ryk teruggekeer het vanwaar Sy Siel uitgegaan het. Want Hy het uit die Ryk van die Lig gekom. Hy was by God en keer weer tot God terug, Wie se kind Hy was en bly en met Wie Hy Hom heeltemal saamgesmelt het. En dus was die hemelvaart die laaste bewys dat Ek nie van hierdie aarde was nie, maar hier neergedaal het uit `n Ryk van Lig en Heerlikheid, wat nou ook weer My bestemming was en wat ook vir ewig u doel sal wees en bly. Want ook u moet terugkeer tot die lig, u sal deur die vereniging met My, weer My lig en krag in al haar volheid mag aanneem en sodoende verrys en opvaar na die Hemel in u ware Vaderland.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205