Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

"NIEMAND KOM TOT DIE VADER ... "
B.D.6579 -21 Junie 1956
"Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie." Hoe buitengewoon belangrik hierdie woorde is, word ook verklaar deur die noodsaaklikheid om die mense tot die geloof in Jesus Christus te bring; die wat die geloof nog nie besit nie, of tot `n lewende geloof aan te spoor by wie die kennis oor Jesus Christus reeds aanwesig is. Want niemand kan na My toe kom, wat Myself nie in Jesus Christus kan sien nie.
Daar is wel mense wat voorgee om in `n God te glo omdat Hy Hom bewys in alles wat die mens omring wie egter nie vir Jesus as Christus wil aanneem as "Seun van God" en "Verlosser van die Wêreld" nie - en homself daarom tog nie as ongelowig beskou nie. Maar hierdie mense staan nog ver van hulle God en Skepper af. Hulle is nog nie nou met My verbonde nie en kon daarom ook nog nie in hulle denke verlig word nie.
Op hulle druk nog die sonde wat hulle hulself eens van My laat afwend het en deur hierdie sonde is hulle nog aan My teenstander gebonde, maar hulle kan nie sonder Jesus Christus van hom bevry word nie. Oor hierdie sonde van die vroeëre afvalligheid van My, weet maar baie min mense, en daarom is die mens in homself ook nie bewus van die betekenis van Jesus en Sy verlossingswerk nie.
Vir sover die leringe van die evangelie aan die mense nou bekend is en vir sover hulle bekend is met die woorde wat Jesus op die aarde gespreek het; sou hulle ook kan nadink oor die woorde: "Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie". En as hulle ernstige opheldering sou verlang, dan sou hulle dit ook verseker ontvang het en die gedagte aan hierdie woorde sou hulle nie meer losgelaat het nie.
Daar is maar net een weg moontlik, naamlik deur Jesus Christus tot My, omdat die kwytskelding van die sondeskuld voorafgegaan moet word, om deur My aangeneem te kan word. Sonder die verlossing deur Jesus Christus kan geen wese, wat in vrye wil `n sonde begaan het, My nader nie. Dit is `n wet wat My eindelose liefde ook nie kan doen nie.
En geen mens kan homself in sy hart heeltemal verseker voel teenoor God, as hy dit wel erken, maar meer met woorde of oppervlakkige gedagtes. Want `n ernstige nadenke sou hom tog gevoelsmatig laat weet dat sy verhouding met sy God en Skepper van die Ewigheid nie die korrekte is nie. Hy sal homself ook nooit, soos `n kind aan sy vader, aan My toevertrou nie; hy sal slegs glo dat daar `n God bestaan, maar egter nie die nou verbinding wat die liefde voorop stel, met My tot stand bring nie.
Want die liefde sal ook sy gees verlig, die liefde sou sy geestelike oog verskerp en sou hom vrae laat stel, en nie egter iets laat beweer wat onwaar is nie.
`n Onbehaaglike gevoel sal oor elke mens kom wat oor geestelike dinge nadink, en wat nog nie met Jesus Christus in verbinding getree het nie. Vir hom sal die lydingsweg en die kruisdood nie onbekend bly nie en hy sal steeds weer met sy medemens daaroor in gesprek kom, of deur hulle aan Jesus Christus herinner word. Want steeds weer sal Ek sy gedagtes lei na die mens Jesus, wat op die aarde geleef het en `n smartlike einde op Hom geneem het. En ook al bely hy Hom nog nie, tog is die lewe van Jesus op aarde aan hom bekend en Ek Self wil bereik dat hy My nie in Jesus Christus sal vergeet nie. En ooreenkomstig die graad van liefde waarin hierdie mens homself bevind, sal ook die aanvaarding of die teenstand wees.
Waar liefde egter aanwesig is, sal Ek die mens Self beroer en sy teenstand sal steeds minder word. En ten laaste sal die mens Jesus ook voor hom in `n heeltemal ander lig te staan kom, dan eers laat hy Hom nog heeltemal afwys.
Is hy egter nie vir rede vatbaar nie, is sy wil in die uur van sy dood nog vyandig ingestel; dan kan hy geen saligheid in die geestelike Ryk verwag nie. Dan kan hy ondanks `n korrekte lewenswandel, slegs in die ryk opgeneem word waarin almal verblyf het wat Christus verloën het. Want hy het homself nie laat verlos nie en gaan nou gebonde die ryk hierna binne.
Maar ook daar kan hy nog sy Goddelike Heiland en Verlosser vind. En dit is wederom `n groot barmhartigheid van My dat Ek ook in die geestelike Ryk almal tegemoet kom, wat My tot nog toe afgewys het. Dat Ek elke geroep hoor wat tot My as Verlosser opgestuur word, en dan die roepende by die hand neem en hom uit daardie gebied na My goddelike geluksaligheid binne voer. Want Ek bring nog uit die diepte terug, so gou as wat Ek erken word, as `n siel die weg na Jesus gevind het, wat hulle op aarde afgewys het en waarsonder hulle tog nie tot My kan kom nie.
Die Ligryk is vir elke siel gesluit, solank Jesus Christus nie die poort vir haar open nie, wat Sy erkenning as "Seun van God" en “Verlosser van die wêreld” vereis in Wie Hom die Ewige Godheid Self beliggaam om die mense te bevry uit die mag van die teenstander.
Die mens is te swak om homself te bevry, hy het die hulp van Jesus Christus nodig. En hy kan die hulp maar net ondervind, as hy homself tot Hom wend, wat egter ook die erkenning van Myself in Hom noodsaaklik maak.
Daarom spreek die mens Jesus die woorde: "Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie!" - want Ekself spreek tot hulle deur die mens Jesus. Ekself wil erken word in Hom, wat My slegs vir die tyd van Sy aardse lewenswandel as `n stoflike omhulling gedien het, wat Ek egter ook in die geestelike Ryk behou om vir al My skepsele `n sigbare God te kan wees. Ek wat tog Gees was en Is van ewigheid tot ewigheid en wat as sodanig nie vir die geskape wesens sigbaar was nie.
Om vir u mense nou `n sigbare God te kan wees, het Ek vir My `n vorm gekies, en volbring die verlossingswerk in hierdie vorm. Dus moet u ook die vorm respekteer waarin Ek skuilgaan, dan het u reeds die korrekte weg ingeslaan tot My, u Vader van die ewigheid. Maar sonder Jesus Christus laat My teenstander u nie vry nie - omdat u dan nog aan hom behoort deur u wil.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205