Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE OERSONDE EN DIE BETEKENIS VAN DIE VERLOSSINGSWERK
B.D.7136 - 1 Junie 1958
U sal steeds weer herinner word dat Ek vir u aan die kruis gesterf het. U mense hier op aarde en al die nie-verloste siele in die hiernamaals bring Ek dit steeds weer in herinnering, of as u nog nie daarvan gehoor het nie, sal Ek u die kennis daaroor laat toekom. Want u mag nie sonder kennis bly as u eendag tot saligheid wil kom nie.
Welke nut het dit vir u mense as u alreeds weet van die mens Jesus, wat Sy aardse lewe met die dood aan die kruis beëindig het, wanneer u niks weet van die geestelike betekenis van Sy kruisdood nie - en die sending wat die mens Jesus volbring het terwille van die sondige mensdom nie.
En al word vir u gesê: Hy het die mensdom verlos van die sonde, u sou dan tog geen verband insien nie en dit sal vir u slegs woorde bly - waarvan u die sin nie kan begryp nie.
En solank u nie weet wat die rede is van u bestaan as mens op hierdie aarde nie, sal u ook nie kan begryp waarom die mensdom sondig genoem word nie, hoewel u almal nie vry van sonde is nie. Die verlossingswerk van Jesus, die Christus het vir u eers dan betekenis as u op die hoogte is van die oersonde, wat trouens die aanleiding is van u gang oor die aarde. Want hierdie sonde (oersonde) is in haar grootte nie te vergelyk met die sondigheid (paradys sonde) van die mense; ofskoon die laaste nou juis `n gevolg is van die eerste. Maar vir die sonde wat `n mens op aarde begaan, sou hy op die aarde of in die hiernamaals kan boet, al sou daar nog soveel tyd mee gemoeid wees.
Maar om vir die oersonde te boet, is nie vir u mense moontlik nie, nóg gedurende u aardse lewe - nóg in die ryk hierna. Want hierdie oersonde was nie begaan deur op sigself nog onvolmaakte wesens nie, dit was begaan deur wesens wat hoogs volmaak was en aan wie dit dus nie aan die "lig van die insig" ontbreek het nie. Hulle het hulself egter laat beheers deur die gedagte: Om My te kan oortroef en daardeur word hulle oorvloed aan lig en krag arrogansie.
Vir hierdie sonde kan die wese self nie boet nie; want die sonde is onmeetlik groot - en ewighede sou nie toereikend wees om van die skuld vry te kom nie.
Deur die oersonde het hierdie wesens in die diepte geval, dit wil sê, hulle het lig en krag verloor, hulle het as gevolg daarvan in die teendeel verander, hulle het alle Goddelike eienskappe verloor en het in plaas daarvan, alle slegte eienskappe en neiginge aangeneem. Hulle het sodoende My teenstanders geword, tot hulle geestelike substansies heeltemal verhard was en hulle nie meer van hulle bestaan bewus was nie.
En die verharde geestelike het Ek nou in `n vorm gekluister, dit wil sê: Ek het hulle opgelos in tallose geestelike partikeltjies, dit weer tot lewe gewek en dit ingesluit in ontelbare skeppingswerke wat My Liefde, Wysheid en Mag laat ontstaan het. Want My doel is om die gevalle geestelike weer tot My terug te voer, want hulle was tot geluksaligheid bestem en kan die saligheid maar net by My vind.
Weliswaar is hierdie gang deur die skepping ook `n daad van boete vir die onmeetlike skuld, maar dit word in `n "jy moet" toestand afgelê, in gebonde wil, en kan derhalwe nie as aflossing van die skuld beskou word nie. En so moet die wese eenmaal die toestand bereik waarin hy vrywillig van die skuld bevry wil word, waarin aan hom die insig geskenk kan word dat hy gesondig het, en dat daar tog `n weg is om van hierdie groot skuld bevry te word. Hy moet weet dat hierdie weg die weg is wat gaan na die kruis, dat hy kwyt raak van hierdie oerskuld, wat slegs moontlik is deur die erkenning van die Goddelike Verlosser en Sy verlossingswerk. Dat die weg na die kruis afgelê moet word tydens die lewe op aarde, om na die liggaamlike dood weer in die ligryk opgeneem te kan word, wat die eintlike Vaderland van die mens is.
Maar ook in die hiernamaals ervaar die siele My verlossingswerk, en hulle kan ook daar nog die weg tot My in Jesus, die Christus neem. Maar hulle kan dan nie meer die hoë graad van volmaaktheid bereik wat hulle op aarde wel kon bereik het, deur die erkenning van Jesus as Seun van God en Verlosser van die wêreld nie; in Wie Ek My self beliggaam het om van hulle weer die erkenning te kry wat hulle My eens geweier het.
U mense moet die groot betekenis van die verlossingswerk besef. U mag die Naam van Jesus nie noem as slegs die naam van `n mens nie, as iemand wat eens oor die aarde gegaan het met `n hoog etiese doel nie. Dit was `n baie belangrike missie waarvoor Hy op die aarde gekom het, en as dit vir u nog nie duidelik is nie, moet u trag om dit te deurgrond.
Want dit hang van u insig en u goeie wil af of u u weg oor die aarde met sukses sal aflê, en of u weer in die Ryk opgeneem sal word, wat u ware Vaderland is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205