Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

VERSPEEL NIE VIR USELF DIE EWIGE LEWE NIE
B.D.7096 - 8 April 1958
Verspeel nie vir uself die Ewige Lewe nie. Eenmaal sal dit u almal ten deel val, maar daar kan ook nog ewige tye mee heengaan. Tye van eindelose kwelling en duisternis waarin u uself in `n toestand van die dood bevind, in totale kragteloosheid en heeltemal sonder lig. En u kan hierdie tyd van ellende nog eindeloos verleng, sodat u ook van `n "ewige verdoemenis" kan praat. Wat Ek u egter nie opgelê het nie maar wat u deur u vrye wil aan uself te wyte sal hê en wat u ook steeds weer vir uself veroorsaak, as u die bestaan as mens nie benut om die Ewige Lewe vir u te verwerf nie.
Ek laat u nie vir ewig verlore gaan nie, omdat u My skepsele is wat Ek vanaf die allereerste begin liefhet, en wat Ek sonder om op te hou sal liefhê. Maar Ek kan u nie voortydig die lewe gee as u self die toestand van die dood verkies nie, en u selfs nie bereid is om die lewe uit My hand aan te neem nie. U kan dit maklik verwerf, want u hoef uself maar aan Hom toe te vertrou wat Self die Lewe is van die ewigheid af.
Daartoe is u die aardse lewe gegee, waarin u in die besit is van verstand en vrye wil. Waarin u toeligting kan ontvang oor u aardse opdrag en dus slegs hoef te wil, om uit die toestand van die dood verlos te word. Hierdie aardse lewenstyd is maar kort en daar word geen groot offers van u verlang vir dit wat u geskenk word nie, by `n regte gebruik van u wil. Die lewensduur as mens is baie kort, maar dit is voldoende om die doel te kan bereik.
Eindeloos lank was die tyd van u voorontwikkeling, totdat u die stadium as mens kon binnegaan; en net solank sal dit weer duur tot u weer die barmhartigheid sal hê om u wilsbeslissing te herhaal. Van die omvang van hierdie ewighede kan u mense geen begrip vorm nie, omdat u denke in `n onvolkome toestand ook maar begrensd is.
En soos u niks van hierdie kwelling af weet nie, omdat die herinnering aan die tyd van u voorontwikkeling, tydens u aardse lewe van u af weggeneem is, so ken u ook nie die onuitspreeklike saligheid wat die begrip Ewige Lewe inhou nie. U ken verseker nie die heerlikhede wat in My Ryk op u wag nie, as u besluit tot die uiteindelike terugkeer tot My. En nóg die een, nóg die ander kennis mag vir u bewys word, omdat `n wilsbeslissing daardeur onmoontlik sou word. U moet dit ook sonder bewyse glo en daaraan beantwoordend nou u aardse lewe voer, u mag die saligheid van `n lewe in My Ryk nie weggooi nie.
U almal moet hierdie moontlikheid wat vir u ongeloofwaardig voorkom, saam in u verstandelike denke betrek, en u moet so lewe dat as die uur van afskeid van hierdie aarde gekom het, u uself nie hoef te verwyt nie. U moet ook hulle wat oor hierdie geestelike dinge spreek, aanhoor, en u moet ook daaroor nadink en uself voorstel hoe u daar voor sou staan as hulle gelyk sou hê.
Daar is vir u mense baie op die spel, want dit gaan nie om `n aantal aardse lewensjare nie, maar om die Ewige Lewe. Dit gaan om `n toestand van die hoogste saligheid wat nie ophou nie, om `n toestand in lig en krag wat u eie was in die begin. En vir hierdie ewigheid in lig en krag hoef u maar net `n kort tydjie - `n oomblik in hierdie ewigheidsafstand te laat afsien van totaal waardelose dinge. U waardeer egter hierdie dinge buitengewoon hoog en gooi daardeur die lewe weg, en bly weer vir ewighede in die dood.
En kyk alles wat Ek vir u kan doen om u die lewe te verskaf, dat Ek vir u mense deur My laat stuur, wat u in My opdrag waarsku en vermaan, wat u aanspoor om `n poging te maak om tot die waarheid te kom. Hulle sal u wys op My - dat Ek as die Enigste Waarheid u denke verlig; hulle sal u die raad gee om die verbinding met My tot stand te bring, sodat Ek u dan kan vasgryp en u tot My trek. Maar u moet self die eerste tree gee, omdat Ek u nie kan dwing terwille van u saligheid nie.
Maar Ek ondersteun en versterk ook selfs die swakste, wil hy homself na My wend, want om u die lewe te gee, het Ek die hele skepping laat ontstaan. Ek begeer nie u dood nie, Ek wil dat u leef en u dooie toestand, wat al ewighede geduur het, eindelik laat ontvlug. Ek wil u weer My liefde besorg en vir u almal `n heerlike lot berei wat nooit meer sal eindig nie. Maar Ek kan u nie teenhou as u weer die weg na die diepte ingaan, as u hom weer vrywillig sal volg wat eens die lewe van u geneem het en u aan die dood oorgelewer het.
Ek kan u slegs steeds weer toeroep: "Verspeel vir uself nie die Ewige Lewe nie!". U moet egter vrywillig aan hierdie oproep van My gehoor gee. U moet trag om die lewe te wen solank u op die aarde vertoef, en Ek sal u daartoe help, omdat Ek u liefhet.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205