Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

JOHANNES
Woensdag, 31 Oktober 2007 om 10h57
 
Wees bly MY volk, Johannes is hier!
Ek het hom vir julle gestuur
Hy het gekom om julle harte
Weer na MY te bring
Julle moet hom omring
En vra
Wat hy het om aan jul oor te dra
 
My stem weerklink
In sommige harte
Dit werp uit alle smarte
Begin diep dink
Sodat MY stem insink
En EK die KONING kan wees
Van julle harte
En hou saam met MY fees
Julle eie VERLOSSER wil EK wees
Ek wil jul verlos van julleself
Begin diep delf
Soek MY woord in jou
Dan kom EK gou!
As jou VERLOSSER,
REDDER,
BROEDER
En VRIEND!
Die verhaal van die twee getuies
31 Oktober 2007 om 16h34
ELIA
Hoofstuk 1
Johannes en Moses is MY twee getuies, nou aan die einde van die tyd is hulle hier.
MY Johannes in die vlees en Moses in die gees. Ek het hulle gestuur sodat julle weet EK is getrou, dit was MY belofte, baie jare gelede. En EK hou dit gestand. Weet dat EK getrou is vir ewig.
EK kom op die wolke, dit is seker en gewis.
 
Nou die verhaal van MY twee getuies;
 
Die profeet, Elia, was ’n besondere man en baie gehaat deur die mense. In hom is die engelgees Michael, en hy het nog altyd geywer vir MY. Elia was al voorheen deur MY na die aarde gestuur as die profeet, Sehel,en hy het mense bekeer tot MY.
As Elia het hy weer gekom, om die mensdom ’n les te leer. Die les was om te glo dat EK die EEN is wat maak en wat breek. Ek het hom bevry uit alle nood. Hom het EK gestuur om voor die koning te getuig. Dit was na die dae van koning Omri, ’n besonder bose tyd, byna niemand het meer in MY geglo; wees bly dat julle ’n kleine skaar is wat ontwaak. Daardie tyd het net Elia gekom en na hom het Elisa vir MY gewerk. (Die ander profete is vermoor).
Elia het weer gekom as Johannes die Doper, hy het mense in MY Naam gedoop. Ek was en is met hom, hy kom om julle harte na MY terug te bring. Hy kom om te vertel van ’n vreeslike droogte wat kom. Dis die droogte in die gees van die mense van die aarde wat MY nie wil dien nie.
Dit sal uit groei, want die antichris, wat die gees van die satan het, is ook in julle midde. Bid sodat hy met sy slim stories julle nie moet verlei nie.
Waak en bid, want die hel is soos ’n sak vol onheil op die aarde uitgekeer.
Die geeste uit die hel probeer julle beïnvloed. Sit hulle teen met al julle krag, EK red en help julle.
En dit was genoeg vir nou.
Die liefde van MY, julle VADER en MEESTER sy met julle.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205