Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Johannes
Hoofstuk 16
Maandag, 05 November 2007 om 10:43
Wees bly MY volk, Johannes is hier!
EK het hom vir julle gestuur
Hy het gekom om julle harte
Weer na MY te bring
Julle moet hom omring
En vra
Wat hy het om aan jul oor te dra.
 
MY stem weerklink
In sommige harte
Dit werp uit alle smarte
Begin diep dink
Sodat MY stem insink
En EK die KONING kan wees
Van julle harte
En hou saam met MY fees
Julle eie VERLOSSER wil EK wees
EK wil jul verlos van julleself
Begin diep delf
Soek MY woord in jou
Dan kom EK gou!
As jou VERLOSSER,
REDDER,
BROEDER
En VRIEND!
 
En weer bekragtig EK MY woorde deur ‘n ander skryfkneg geskryf; ‘Oorwinnend uit die dood sal EK hom weer op sy voete op laat staan, om oorwinnend nog een maal sy weg na MY, sy VADER te kan baan.’
 
Dit is MY woorde. Herken dit, EK sal besoeking doen aan elkeen wat dit as goedkoop afmaak.
Herken MY.
Luister!
Amen.
EK, die SKEPPER van die heelal.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205