Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 8
01 November 2007 om 20h46
EK het by Elia gestaan. Hy was en is MYNE. EK sal weer by hom staan, EK staan hom nou al lankal by.
Hy het weer begin en gesê; ‘Roep nog harder, miskien slaap Baäl nog!’
Die priesters het gedans en geskree, en hul self met messe begin sny. Die lawaai het aangegroei tot ‘n helse geskree. En in daardie hel het Elia al hoe sterker na MY geroep in sy hart. EK het sy gebede verhoor voordat hy al gevra het, want EK het hom al gesalf as ‘n koning in MY.
In die nederigheid van sy hart het hy altyd in groot liefde tot MY gebid. Ek het hom altyd verhoor en nou verhoor EK hom steeds. Hy het MY gesoek in die stilte en hy het MY gevind.
EK is daar, in die stilte van julle harte, gee ag op MY. Bely MY en EK sal julle ook bely. EK spreek in die grootste stilte, MY stem is sag. Hoor MY in jou binneste, dan vrywaar EK jou van smart.
Moet nooit doen soos die priesters van Baäl, gaan in jou binnekamer, jou hart, en bid daar tot MY in die grootste deemoed van jou hart.
Dit geld eerste vir jou, MY swak en lui skrywer.
EK, JAHWEH sê dit vir julle almal ook. Gee ag. Luister!
EK, JAHSUA, die Ewige sê dit sodat almal moet luister.
EK, JAHSHUA.
Ja, JAHWEH.
Amen.
Luister!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205