Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Johannes
Hoofstuk 14
Sondag, 04 November 2007 om 19:21
EK het meer geword en Johannes minder. Laat EK ook julle alles wees. Johannes het van MY getuig, en EK het ‘n getuienis van hom gelewer. EK het gesê; ’Geeneen wat nog ooit uit ‘n vrou gebore is, is groter as Johannes nie, maar die kleinste en die minste in die KONINKRYK van die hemele is groter as hy.’
MY kinders, leer daaruit die nederigheid, gee julle heeltemal aan MY oor.
Johannes het van MY getuig, getuig ook so van MY. EK sal ook so vir julle getuig.
Jy, MY nietige skryfkneg, neem dit op in jou lewe en gee jou heeltemal oor aan MY. Vandag het EK van julle getuig.
Vandag, het EK gewys daar is ‘n heuwel op Karmel, en na die weste is dit die see. Glo MY in die vervolg.
Wat EK sê is GEWIS.
Waar en getrou is MY woorde en geeneen sal EK terugtrek nie.
Amen.
MY kinders, ken MY in MY woorde.
Wat EK sê is WAAR.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205