Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Moses
Hoofstuk 1
Woensdag, 07 November 2007 om 18:38
Dit was in die dae van die farao´s, toe MY volk, Israel verdruk was in die land Egipte. Al die klein seuntjies is vermoor (dink ook toe EK as mensekind gebore is, toe was daar ook die moord van die babaseuntjies). Op ´n dag is daar weer ´n baba seuntjie gebore wat EK bestem het om MY volk uit Egipte uit te lei.
Jy, MY lui skrywer, waar is die verhaal opgeteken?
 
In die Bybel, VADER.
 
In watter boek van die Bybel?
 
Ek weet nie, VADER, is dit in Exodus?
 
Hoekom het jy nog nooit soveel belanggestel om dit voluit te lees nie? Jy kon baie oor MY verlossing toe EK as mens na julle toegekom het, daaruit geleer het. Nou is dit egter te laat. Luister nou net na wat EK vertel. Julle ander wat dit wel gelees het, sien hoe kom dit nou ooreen met die tyd waarin EK as mens gekom het. Dit stem ook ooreen met julle tyd. Weereens lei EK julle uit Egipte, na die Beloofde land. Hierdie keer is dit nie ´n land op aarde nie, maar die Beloofde land is die KONINKRYK wat EK kom stig het in die harte van MY mense 2000 jaar gelede, en nou stig EK dit weer.
Gee goed ag op wat EK sê, en hou julle aan MY twee gebooie wat EK kom leer het. En onthou altyd, die Liefde is EK, en EK is bo elke wet. Daardeur het EK julle tot wet geword toe EK 2000 jaar gelede gesterf het. EK het gesê dat julle in MY weë moet wandel omdat EK julle weg is.
Het EK MY aan die wette van Moses gehou?
 
Nee, VADER.
 
Wat het EK gesê?
 
U het gesê; ´Die wet was van Moses, die Genade en Waarheid het deur U gekom.´
 
Dis een van jou eerste goeie antwoorde aan MY, ja, dit is waar. Hou julle daaraan! Glo wat EK vir julle kom leer het, nederigheid, opregtheid, hoop, geloof en bo alles, bo elke ander ding; DIE LIEFDE.
HOU JULLE AAN DIE LIEFDE DAN SAL JULLE LEWE. Julle kan nie anders lewe, as deur die liefde nie, geen ander weg is welgevallig in MY oë nie.
Amen.
Hiermee sê julle MEESTER en VADER,
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205