Hoofstuk 2
9 November 2007 om 19:01
In die tyd waarvan EK in die vorige hoofstuk gepraat het, is daar ‘n seuntjie gebore. Sy ouers se name was Amram en Jogebed. Hy het ‘n ouer suster gehad, en haar naam was Mirjam. Sy was bestem om saam met haar broers MY volk te bevry. Die babaseuntjie was vir sy ouers so mooi, dat hulle hom weggesteek het as die soldate kom aanklop.
Dit was MY wil, want EK het hom bestem vir ‘n groot werk. Toe hy drie maande oud was, kon sy ouers hom nie meer wegsteek nie, sy ma het ‘n slim plan gemaak deur MY hulp, en ‘n mandjie van biesies gevleg en die seuntjie daarin gesit. Sy het die mandjie in die Nyl laat sak, en deur die pik wat sy om die mandjie gesmeer het, het dit bly dryf.
Die baba se suster Mirjam, het daar naby weggekruip, en die baba dopgehou. Die dogter van farao kom toe daaraan om te bad, en sy sien die mandjie tussen die biesies. Sy stuur toe een van haar slavinne om die mandjie uit die water te trek. Sy sien die seuntjie, en omdat die kind so mooi was, het sy dadelik gesê dat sy die kind as haar eie wil neem.
MY kinders, leer nou die les dat EK altyd voorsien en MY mense beskerm en red uit nood. EK sal MY erfdeel altyd beskerm, moenie bang wees nie.
EK IS altyd naby.
EK IS die EWIGE, ONSTERFLIKE, ALLEENWYSE, HEERSER, SKEPPER en VADER.
Ken MY.
Amen.
Luister!
Amen.