Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 9
02 November 2007 om 17h54
Baäl, die dooie god van klip, het nooit sy priesters verhoor, hulle gebede het nooit opgeklim na sy klipoor. MY kinders, Elia het toe begin bid, nadat die valse priesters stilgebly het. Skaars het Elia na MY geroep, of EK het die hemele verlig. EK het gestuur, ‘n grote vuur om die bul, die hout en die altaar te verbrand. Die volk het gesien EK doen MY woord gestand.
 
Toe Elia roep; ‘Slaan dood die priesters van Baäl’, het baie gehoor gegee.
In ‘n see van bloed
Het die priesters vir al die gruwels geboet.
Nou sê EK, MY kinders, dat julle die kwaad moet uitroei uit julle midde, uit julle eie harte, die midde van julle eie wese is wat EK bedoel. Die geveinsdheid is die priester van Baäl, so wees rein, en nie geveinsd, sodat EK julle op die wolke kan kom haal.
Daarmee sê EK ook wees vol rein gedagtes, en dink altyddeur aan MY, dan sal julle in MY bly, geveinsdheid en leuentaal sal ver van julle wees.
Dit sê EK, JAHWEH, julle ALLERMEESTER.
 
Wees vol van MY lof en dien MY
Rein en vry
En EK sal jul lei
Want EK is altyd naby
EK doen MY woord gestand
In elke land
Waar mense MY in waarheid dien.
 
EK, JAHSHUA sê dit.
Amen.
O, amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205