Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 3
31 Oktober 2007 om 18h24
Die groot droogte het drie jare lank geduur. Alles was droog en verdroog, daar was geen kos in die land, vir die mense en die vee. Drie jaar lank is daar vrugteloos na Elia gesoek. Elia was in daardie tyd in die huis van die weduwee waar hy die wonder gedoen het om haar seun uit die dode op te wek.
Elia was vol van MY GEES en EK het hom beskerm. Net soos Koos de la Rey, was Elia MY Naamgenoot. Hy het geywer vir MY, doen julle dit ook. EK stuur julle almal as voorlopers in die vuur van MY, in die harte van die, MY toegeneë kinders, te bring. Elia egter, is DIE voorloper van MY wederkoms.
Terug na Elia; hy het drie jaar skuil gehou en hy het weer na Agab gegaan. En hy het begin en gesê; ‘Agab, sien jy, julle het GOD wat ewig lewe, uitgedaag deur die gruwels wat julle gepleeg het. Trek op met die priesters van Baäl na die berg Karmel, en ek sal ook daar wees.’ Met die woorde het hy weer verdwyn.
My kinders trek julle ook op na Karmel en verslaan daar die priesters van Baäl vir MY.
Dit sê EK die Ewig Lewende vir julle.
Julle ALLERMEESTER en VADER.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205