Die verhaal van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Elia
Hoofstuk 4
01 November 2007 om 09h58
Geseënd is Elia, wat in elke storm en nood bly wag het op MY woord.
Geseën is Elia wat MY geregtigheid wou laat geskied!
Geseënd is Elia wat bly stry het teen die kwaad.
EK het hom gehelp en aangeraak.
 
Dit is daaroor wat EK gesê het;
 
Geseënd is hy wat by MY bly
Wat in storm en nood vir MY sal stry
 
MY kind, jou opdrag is; skryf klaar. Ons begin nou met: EK is baie dankbaar dat Obadja 100 knegte van MY se lewens gespaar en na hulle woorde geluister het. Maar in daardie tyd toe hulle in die spelonke geskuil het, het EK hulle ook nodig gehad om soos Elia vir MY te getuig. EK sou hulle, netsoos Elia, beskerm het as hulle met heldemoed op MY woorde bly staan het, en die kwaad sou beveg.
MY kinders, in die tyd wat kom, moet julle vir MY opkom, al is die nag van die gees ook hoe donker. EK sal julle seën as julle vir MY sal stry.
Moenie dat Obadja (julle eie bang gevoel) julle 100 talente (liefde en dade in MY Naam) in die grot van julleself versteek nie. Staan vas en EK sal julle beskerm soos vir Elia. MY kinders, EK sal julle bewaar en uitred in nood. Al is die nood hoe groot.
 
EK IS die Enige Onsterflike, Ewige GOD.
EK red en help, maar EK laat ook verlore gaan.
Elke een wat hom nie bekeer
Sal ‘n groot les leer.
 
Kom op vir MY soos Elia
En EK sal julle veilig dra
Want wat julle van MY vra
Sal EK vir julle gee.
 
Dit sê die ALLERHOOGSTE GOD wat verderf en daar is geen helper nie. Wat MY skape uit elke nood red, en hulle verhoog.
 
EK, JAHWEH, ALLERHOOGSTE HEMELVADER.
EK wat julle reinig en lei.
JAHSHUA.
JA, die ALLERHOOGSTE.
Amen
Amen.
Luister na MY waarskuwing!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205