Boek 14 - Onderrig en bemoediging vir Sy dienare
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

GEESTELIKE DEBATTE IS NODIG OM OPHELDERING TE GEE
B.D.4315 - 27 Mei 1948
Geen geleentheid mag u laat verbygaan wanneer u kan werk vir My en My ryk nie, waar u kan praat oor dit wat My Gees aan u bekend maak. Daar sal vrae gevra word wat slegs vir u moontlik sal wees om te beantwoord en daar sal baie menings ter sprake kom, u sal dit egter alleen, op die korrekte manier, met oortuiging moet kan uitlê, want u alleen staan vas in die waarheid, u is deur My onderrig en hoef daarom geen teenkanting te vrees nie. U sal elke valse opvatting onderskep omdat u kennis het.
U taak bestaan daarin, dat u die prikkel sal gee vir debatte van geestelike aard, dat u nooit sal vrees om te spreek nie, dat u altyd sal voel soos My dienaars, wat ywerig vir hul Heer besig is, en dat u steeds bewus sal wees van u belangrike taak. As dit u innerlik aanspoor, gee daar gevolg aan en doen wat u hart u aansê om te doen. En as dit van u verlang word om te spreek, spreek dan, want dan spoor Ek u Self aan om geestelik werksaam te wees.
Dit sal altyd My Wil wees dat daar van My woord, wat van bo kom, melding gemaak word, dit sal altyd My Wil wees dat die mense onder mekaar hul gedagtes wissel oor geestelike vrae en altyd sal Ekself die impuls daartoe gee en vir u die weg gelyk maak, dit wil sê die denke van die mense rig op die probleme wat Ek bereid is om te verklaar. Dus mag u ook steeds oortuig wees dat Ek teenwoordig is by alle gesprekke van geestelike aard en dat Ek u gedagtes die korrekte rigting gee, u mond die gawe om te spreek en u verstand die korrekte oordeelskrag.
En daarom kan u vry uit uself spreek en u sal altyd volgens My Wil spreek, want u is slegs My werktuig waardeur Ek Myself uiter. U mag egter nie beskroomd wees en swyg as dit nodig is om te spreek nie. U sal resultate sien en die debatte sal baie bydra om sake op te helder en sal die mense prikkel om nou met hul menings uit te kom, wat altyd die gevolg het dat My ligwesens tussenbeide kom en probeer om hul invloed te laat voel. Dan het u die veld voorberei en die saad uitgestrooi wat goeie vrugte sal voortbring.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205